






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Nuus > Kaapstad se Werkskeppingsgroepe en die Premier's Vrou se Liefdadigheidsfonds Span saam om Kinders van Lappieswerkkomberse te Voorsien

Kaapstad se Werkskeppingsgroepe en die Premier's Vrou se Liefdadigheidsfonds Span saam om Kinders van Lappieswerkkomberse te Voorsien


3 Februarie 2004
BRON: Premier van die Wes-Kaap (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)

Meer as vyftig inwoners van 'n Kaapse tehuis wat omsien na weeskinders wat aan ongeneeslike siektes ly, is vandeesweek die ontvangers van 'n eerste skenking kinder-laslapkomberse - die jongste projek van die Wes-Kaapse Premiersvrou Liefdadigheidsfonds. Premiersvrou Suzette van Schalkwyk en haar komiteelede oorhandig vanoggend (Dinsdag, 3 Februarie 2004) di komberse by die Nazareth-tehuis in Vredehoek, Kaapstad.

Di projek is sowat ses maande gelede as 'n inisiatief van mev. Van Schalkwyk begin. Die komberse word deur Wes-Kaapse werkskeppingsgroepe soos die Chrysalis Akademie in Tokai en die Christenvroue Aksiegroep in Eersterivier vervaardig. Di groepe word deur die Premiersvrou Liefdadigheidsfonds vergoed met geld wat by fondsinsamelingsfunksies gen word, terwyl die materiaal vir die komberse meestal deur skenkings verkry word. Materiaal is onder meer reeds deur 'n bekende Kaapse klere-ontwerper en 'n voorste kinderklerewinkel geskenk.

"Ons het besluit om komberse te maak, omdat dit nie net 'n praktiese doel dien nie, maar kinders dikwels ook 'n gevoel van veiligheid en sekuriteit gee - soveel te meer wanneer hulle siek en behoeftig is. Terselfdertyd word broodnodige werk verskaf aan groepe wat besig is om hulself en ander rondom hulle te bemagtig. Ons beplan om die komberse in die toekoms aan nog kinderhuise te skenk, asook plekke wat omsien na jong Vigslyers, n die skenkings na die Wes-Kaapse platteland uit te brei," s die Premiersvrou.

Die Wes-Kaapse Premiersvrou Liefdadigheidsfonds het ook 'n samewerkingsooreenkoms met die naaimasjiengroep, Elna, en die kinderklerewinkel, Keedo, wat op die oomblik 'n kompetisie aanbied vir die mees indrukwekkende kombers. Deelnemers kry hiermee die geleentheid om hul inskrywings vir liefdadigheid te skenk, asook 'n Elna Funstyler-naaimasjien of 500 Keedo-koopbewyse los te slaan. Die sluitingsdatum is 31 Mei 2004.

Enige werkskeppingsgroepe wat betrokke wil raak, of mense wat materiaal, vulsel of komberse wil skenk, of 'n kombers teen R50 wil borg, kan mev. Jorietha Henn by tel. (021) 483 4705/6 skakel.

Die oorhandiging van die eerste kinderkomberse vind om 10:00VM, op Dinsdag, 3 Februarie 2004, by die Nazareth-tehuis, Derrystraat, Vredehoek, plaas. Alle media is welkom.
Navrae: Riana Geldenhuys - 082 376 4709




This content also available in English

NUUSARGIEF


2009:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN     

2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 22 Maart 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





