TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Toesprake
Wetsontwerp op die Wes-Kaapse Jeugkommissie
Wetsontwerp op die Wes-Kaapse Jeugkommissie
Die Leier van die Opposisie
Kollegas in die Kabinet
Lede
Die Voorsitter van die Staande Komitee
Jongmense in politieke partye
Jongmense uit die NRO-sektor en godsdienstige gemeenskappe
Ek dien vandag die Wetsontwerp op die Wes-Kaapse Jeugkommissie by die Provinsiale Parlement in. Dit is jammer dat dit tien jaar moes neem om hierdie punt te bereik, maar hierdie Wetsontwerp sal ons hande sterk vir die uitdagings van die volgende dekade wat ons in die gesig staar. Ofskoon dit laat is, kon dit nie op 'n meer betekenisvolle tyd as in hierdie tiende jaar van ons vryheid gekom het nie.
Hierdie Regering is terdeë bewus van die uitdagings waarvoor ons jongmense elke dag te staan kom. Die vervreemding en wanhoop van talle van ons jong burgers vind neerslag in statistieke soos die volgende:
Bevolking:
% van die bevolking van die Wes-Kaap van 4 504 609 mense is onder die ouderdom van 35 - ons het gevolglik 2 928 000 jongmense.
Slegs 52% of ons jongmense wat in graad 1 begin, voltooi graad 12.
Slegs 26,6% van diegene wat matriek in 2003 geslaag het, het universiteitstoelating gekry - en van hulle was die oorweldigende meerderheid blankes en Indiërs.
Die voorkoms van MIV onder swanger vroue onder die ouderdom van 20 wat openbaregesondheidsklinieke in 1996 besoek het, was 2,3%. In 2002 het dié syfer gestyg tot 7,3%.
Die voorkoms van MIV in dieselfde kategorie in die ouderdomsgroep 20-24 was 5% in 1996. Teen 2002 het dit toegeneem tot 15%.
Swangerskap:
% van swanger vroue wat openbaregesondheidsklinieke besoek, is tienderjariges.
Middelmisbruik:
Met die Nasionale Jeugrisikogedragsopname van 2002 is gevind dat 9,1% van die leerders in die Wes-Kaap alkohol op die skoolterrein gebruik het, dat 4,1% dagga gebruik het en dat vir 19,6% 'n onwettige dwelmmiddel aangebied is.
Seksuele aktiwiteit:
Met die Nasionale Jeugrisikogedragsopname van 2002 is gevind dat 37,8% van die leerders in die Wes-Kaap reeds seksueel aktief was.
Indiensneming:
Slegs 3 uit elke 100 swartmense wat die arbeidsveld probeer betree, kry werk, teenoor 92 uit elke 100 witmense.
,52% van die ekonomies aktiewe swartmense is werkloos, vergeleke by 6,89% onder witmense.
,37% van die kleurlinge is werkloos.
Tekort aan vaardighede:
750 Wes-Kaapse leerders het verlede jaar matriek geskryf, en van hulle het slegs 21 950 Wiskunde geskryf, van wie 4 301 op Hoër Graad geslaag het; slegs 12 110 het Wetenskap geskryf, van wie 4 285 op Hoër Graad geslaag het.
Volgens die RGN het die getal vakleerlingskappe afgeneem van 30 000 in 1986 tot 16 500 in 1998.
Teen November 2002 het slegs 65% van die aanspreeklike firmas die vaardigheidsheffing betaal. Op die meeste 10% van hierdie firmas wat heffings betaal het, het toelaes vir die opleiding van personeel geëis [RGN].
Die realiteite van die alledaagse lewe wat uit hierdie prentjie voortspruit, is ontstellend. Die bose kringloop van oorsaak en gevolg wat steeds arm swart en kleurlingjongmense ontmagtig en marginaliseer, moet verbreek word indien ons 'n volhoubare en inklusiewe demokrasie vir ons almal wil bou - met bekwame mense vol vertroue.
Indien ons die Tuiste vir Almal wil bou, moet die jongmense nie slegs deel daarvan wees nie, maar 'n integrerende deel.
Die Tuiste vir Almal moet dien as ons waarborg vir die toekoms:
n waarborg vir nuwe vaardighede n waarborg vir meer werk n waarborg vir beter menseverhoudinge n waarborg vir insluiting n waarborg vir erkenning n waarborg vir voorspoed n waarborg vir gesondheid n waarborg vir leer n waarborg vir respek
Dit is in rekordtyd voor die Parlement gebring. Ek wil erkenning gee aan die opstellers wat soortgelyke wette nasionaal ondersoek het en 'n waardige produk vir ons Provinsie ontwikkel het.
Dit is belangrik om daarop te let dat ons in staat is om hierdie Kommissie vanjaar aan te stel nie bloot vanweë die politieke wil wat ons geopenbaar het nie, maar ook deur besparings wat bewerkstellig is op Regeringsprogramme wat die nodige middele beskikbaar gemaak het. Hierdie Provinsie het nog nooit voorheen begroot vir 'n Jeugkommissie nie.
Die Wetsontwerp is een van die deposito's van die eerste 100 dae. Dit het egter 'n langtermynuitkyk en moet deel wees van die verandering waarmee hierdie Regering strewe na relevansie, inklusiwiteit en volhoubaarheid.
Die Wetsontwerp verskyn môre in die Staatskoerant. Dan begin die proses van openbare deelname, bespreking deur die Staande Komitee oor Bestuur onder die voorsitterskap van Patrick McKenzie en uiteindelik volg dan aanvaarding deur die Parlement vir my bekragtiging. Die Kabinet se werk is voorlopig afgehandel. Die taak lê nou by u.
Ek doen 'n beroep op die jongmense van ons Provinsie om die proses te ondersteun en om hul invloed ten opsigte van die finale wet te laat geld op maniere wat hul behoeftes die beste sal dien. U moet in elke opsig eienaarskap daarvan aanvaar as u eie werktuig in die bou van ons Tuiste vir Almal. Bestudeer die Wetsontwerp versigtig. Bespreek dit. Debatteer dit. Lê u eie gedagtes aan die Staande Komitee voor sodat wanneer hierdie Wetsontwerp wet word, dit ook die vrug van u debattering en besprekings sal wees.
Die voorgestelde Jeugkommissie se rol sal wees om die Regering te help beplan en dan die Regering se programme te moniteer en evalueer aan die hand van uitkomste soos dit die jeug raak. Die Kommissie sal ook verantwoordelik wees vir die bevordering van jeugeenheid en patriotisme, en om te dien as die skakel met nasionale, ander provinsiale en plaaslike Regeringsjeugstrukture.
Hierdie Wetsontwerp verteenwoordig belangrike vordering op die Nasionale Jeugkommissiewet wat 'n sosio-politieke inslag het in die konteks van nasiebou. Die Wes-Kaapse Jeugkommissie bou voort op hierdie grondslag om voorsiening te maak vir eksplisiete jeugdeelname aan sosio-ekonomiese ontwikkeling met die fokus op ekonomiese realiteite en noodsaaklike vaardighede.
Die voorgestelde struktuur vir die Kommissie is drie voltydse lede en nie meer nie as ses deeltydse lede, met 'n hoof uitvoerende beampte. Hierdie jong leiers moet geskikte en toegewyde verteenwoordigers van ons Provinsie wees. Hulle moet ook die geslags-, rasse-, godsdienstige en kulturele diversiteite van ons Provinsie in hul samestelling en werk demonstreer.
Die rol van die Provinsie se Jeuglessenaar sal ook moet verander ter ondersteuning van hierdie nuwe struktuur en sy belangrike werk. Dit sal deur die nuwe Kommissie en die Regering bespreek moet word.
Die Provinsiale Jeugkommissie was nie 'n eenmalige sukses nie en mag dit ook nie wees nie. By die voorbereiding vir verlede jaar se Groei- en Ontwikkelingsberaad was dit duidelik dat ons die behoefte aan die bemagtiging van die jeug moet verstaan, vandaar die Ekonomiese Ontwikkelingsberaad vir die Jeug voor die Groei- en Ontwikkelingsberaad en gevolglike samesprekings met jeugstrukture met die oog op die versekering van 'n plek vir ons jongmense om gehoor en ondersteun te word.
Ten besluite - die Wes-Kaapse Provinsiale Jeugkommissie moet die duidelikste sein denkbaar aan ons jong burgers uitstuur.
Ons gaan hulle ondersteun om:
nee te sê vir onveilige seks;
Positief gestel, jeugontwikkeling in al sy fasette is op die agenda vir hierdie Regering.
U het 'n lewensbelangrike en fundamentele rol om te speel in die bou van hierdie Tuiste vir Almal. Ook in die bou van u eie Huis. Eis die ruimte wat hierdie wet vir u wil skep op en word so die burgers wat ons nodig het.
Dit is vir my aangenaam om die Wetsontwerp op die Wes-Kaapse Provinsiale Jeugkommissie in hierdie Huis en voor die jeug van die Wes-Kaap ter tafel te lê.
Ek dank u.
VERWANTE INLIGTING
TOESPRAAK-ARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Augustus 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
