TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
Plaaswerkers in Dialoog
Plaaswerkers in Dialoog
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
FASILITEITE
KONTAK
n Historiese moment in die lewe van die plaaswerkergemeenskap vind op 17 en 18 Augustus 2004 plaas.
Vir die eerste keer word die ruimte geskep vir die plaaswerkergemeenskap om self in dialoog te tree met rolspelers in Landbou, en langs dié weg, mede-vennote te word in die bepaling van die toekoms van Landbou. Vir baie lank is daar OOR, VAN en VIR plaaswerkers gepraat.
As minister van landbou, het ek besluit om die inisatief te neem om 'n plaaswerkerindaba vir 17 en 18 Augustus te Elsenburg te reël, met die doel dat die plaaswerkergemeenskap na vore kom om self MET belanghebbendes in gesprek te tree. Die indaba sal die vertrekpunt wees van 'n groter proses in belang van die plaaswerkergemeenskap.
Die doel van die indaba is daarom om in die gees van versoening, die gesprek te begin tussen die plaaswerkergemeenskappe en die onderskeie Owerheidstrukture, NRO's, Georganiseerde Landbou en andere, ten einde die gaping tussen die aanbod van die diensverskaffers en diensgebruikers te bepaal. Staatsdepartemente sal die geleentheid hê om hul beleidsraamwerke en dienste bekend te stel. Die plaaswerkergemeenskap aan die ander kant, sal hul behoefte aan dienste asook hul knelpunte uitspreek. Hierna sal prosesse volg om die gaping met behulp van goeie kommunikasie deurlopend te vernou.
Vandaar die tema van die indaba: Plaaswerkers in Dialoog.
Die program van die indaba spreek vanself. Onderwerpe soos: landelike onderwys; ekonomiese bemagtiging; geweld en veiligheid; maatskaplike strukture en sportfasiliteite; die waarde van arbeidswetgewing; behuising; gesondheidskwessies; vroue; kinders en persone met gestremdhede, sal onder die loep geneem word.
In lyn met die gees en doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe, en spesifiek dié van ons Wes-Kaap se premier, premier Ebrahim Rasool, word met die proses beoog om die plaaswerkergemeenskap te ondersteun om beheer oor hul eie lewens en toekoms te neem sodat hulle as demokratiese agente die Wes-Kaap help omskep in 'n tuiste ook vir die plaaswerkergemeenskap. Die einddoel is dus: Plaaswerkers in Handeling.
Sel: 084 6046701
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Augustus 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
