






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iintetho > Augsburg Landbou kollege open nuwe geleenthede vir landbouers

Augsburg Landbou kollege open nuwe geleenthede vir landbouers


YI: Cobus Dowry, Provincial Minister of Agriculture
KWI-: Clanwilliam
6 uAgasti 2004

Opleiding beklee 'n prominente plek in die diensleweringsketting aan bevoordeeldes in die grondhervormingsprogram (LRAD) van die Provinsie. In baie gevalle is dit een van die eerste dienste wat aan die betrokkenes aangebied word en dra by tot die sukses van die program in die geheel en ook ten opsigte van kapasiteitsbou van die bepaalde landelike gemeenskappe.

Nadat Kromme Rhee en Boskop as aanbieders van opleiding in die vorm van kortkursusse van die opleidingstoneel verdwyn het, was daar aanvanklik 'n lugleegte in die Wes-Kaap ten opsigte van opleiding aan plaaswerkers en hulpbronarm boere. Met die nuwe mandaat van Elsenburg is hierdie leemte gevul met die vestiging van 'n Sentrum vir Voortgesette Onderwys en Opleiding in die Landbou as subprogram van die Program: Gestruktueerde Opleiding. Hierdie onder-afdeling van die Instituut bied tans opleiding aan sowat 2000 plaaswerkers en hulpbronarm boere per jaar.

Ten einde opleiding aan te pas by huidige behoeftes, word die opleiding gedesentraliseer om veral nader aan die hulpbronarm klinte te kom en om beter in hul behoeftes te voorsien. 'n Opleidingsentrum te George is gebou en is sedert Januarie 2004 in gebruik. 'n Soortgelyke sentrum te Oudtshoorn word tans ontwikkel. Kursusse word in Engels, Afrikaans en Xhosa aangebied.

Die skepping van hierdie fasiliteit in Clanwilliam bevestig ons verbintenis tot die suksesvolle en volhoubare vestiging van hulpbronarm boere, begunstigdes van die nasionale grondhervormingsprogram en plaaswerkers. Dit kan tot 'n groot mate positief benvloed word deur effektiewe ondersteuning in terme van behoefte gerigte opleidingsprogramme.

Ondersoeke in die bovermelde verband het getoon dat hierdie klinte van die Departement van Landbou dit uiters moeilik vind om selfs vir 'n paar dae weg van hul gemeenskappe en standplase te beweeg vir opleiding. Vir hierdie rede het die Departement van Landbou: Wes-Kaap begin met 'n proses van desentralisasie van opleiding, veral ten opsigte van die kortkursusse wat aangebied word.

'n Afname in leerlingtal by skole in Clanwilliam het gelei tot 'n proses van rasionalisering, wat uitgeloop het op die samesmelting van die Augsburg Landbouskool en Clanwilliam dorpskool. Dit het gelei tot die totstandkoming van die Augsburg Landbougimnasium, wat in die dorp gevestig is.

Die voorgemelde proses het tot gevolg gehad dat die fasiliteite wat voorheen deur die Augsburg Landbouskool benut was, tans nie ten volle benut word nie. 'n Tekort aan fondse het ook daartoe gelei dat gedeeltes van die boerdery-infrastruktuur nie meer instand gehou kon word of optimaal benut kan word nie. Gevolglik het van die infrastruktuur of erg vervalle geraak, of is aan privaatinstansies verhuur om vervalling te voorkom.

Op grond van die behoefte aan geskikte en doelmatige infrastruktuur wat deur die Departement van Landbou: Wes-Kaap ondervind is en die nie-optimale benutting van bestaande infrastruktuur deur die Augsburg Landbou-gimnasium in Clanwilliam, is daar deur 'n proses van onderhandeling ooreengekom dat die Kaapse Instituut van Landbou-opleiding: Elsenburg en die Augsburg Landbou-gimnasium kragte saamsnoer teneinde die behoefte aan vaardigheidsopleiding in die Clanwilliam omgewing aan te spreek.

Dames en Here, die feit dat die Premier besluit het om, te midde van sy vol program, die opening van hierdie opleidingsentrum kom waarneem, moet vir u 'n aanduiding wees van sy erkenning en toegewydheid aan elke proses van IKAPA ELIHLUMAYO waarin die drie belangrike aspekte van waardigheid, billikheid en welvaart die basis vorm. Die Premier erken ook hiermee die belangrike rol wat landbou speel om die Wes-Kaap 'n tuiste vir almal te maak.

Ek stel nou graag vir Premier Rasool aan die woord.
Alie van Jaarsveld
Media Spokesperson
Ministry: Agriculture - Western Cape
Cell: 084 6046701




UVIMBA-NKCUKACHA WEENTETHO


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2002:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2001:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     




Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 18 uAgasti 2004



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





