TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Nuus
Vroue en die Omgewing
Vroue en die Omgewing
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BRON: Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Op Saterdag 14 Augustus 2004 sal vroue van Driftsands, Delft en die omliggende omgewing by die Driftsands Natuurreservaat se Omgewingsopvoedingsentrum bymekaar kom om te leer hoe om inheemse waterslim tuine aan te lê en hoe om kunsvlytartikels uit herbenutte materiaal te maak. Daar sal ook interessante besprekings oor die omgewing plaasvind.
Minister Tasneem Essop sal die geleentheid open aangesien dit deel uitmaak van die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning se program vir Vrouemaand. Hiermee word beoog om vroue met vaardighede toe te rus wat hulle nie net daagliks kan gebruik nie, maar ook om kleinsakeondernemings te begin.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Botaniese Instituut sal deelnemers leer hoe om die meeste uit die grond te kry. Die Departement sal die projekte wat hulle van stapel gaan stuur om vroue te bemagtig, bespreek. Die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad se metro-eenheid sal die verskillende soorte plante wat 'n verskil teweeg kan bring in mense se daaglikse lewe, bekendstel. Daarbenewens sal vroue van Vusithemba (laat hoop ontstaan) met kettingsae demonstreer hoe hulle indringerplante uitroei en hoe hulle bloekombome gebruik om ontspanningsparkgeriewe vir hul plaaslike gemeenskappe te skep.
Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad se metro-eenheid en die Nasionale Botaniese Instituut bied gesamentlik die geleentheid aan.
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 Augustus 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
