TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Beskerm Jou Regte
OPSOMMING
Hierdie maklik-om-te-lees-pamflet gee inligting oor grondliggende menseregte en hoe die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) jou kan help as jou regte geskend is.
Die Aanmeld van Menseregteskendings
Hoe om Menseregteskendings by die SAMRK aan te Meld
Die Handves van Regte
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) bestaan uit 'n Kommissie en 'n Sekretariaat.
Die Kommissie
Die voorsitter is Eerwaarde Dr Barney Pityana en die adjunk-voorsitter is Me Shirley Mabusela. Die Kommissie het tot elf kommissarisse, wat die voorsitter en die adjunk-voorsitter insluit.
Die Sekretariaat
Die hoofbestuurder staan aan die hoof van die Sekretariaat. Dit het 4 departemente:
Onderwys, Opleiding en Inligting
Regsdienste
Navorsing en Dokumentasie
Finansies en Administrasie
Die SAMRK het komitees wat bestaan uit kommissarisse, personeel en buitelede. Hulle werk op die volgende gebiede:
Beleid en Beplanning;
Regs- en Grondwetlike Sake;
Nie-regeringsorganisasie- en Statutêre Liggaamskakeling;
Internasionale Skakeling;
Gestremdheid; en
Kinders.
Daarby het elke kommissaris spesiale verantwoordelikheid vir een of meer provinsies. Hulle besoek die provinsies om verhoudinge op te bou met die strukture daar, tendense te ontleed en op klagtes te reageer.
Die SAMRK is deur die Grondwet ingestel om:
n kultuur van menseregte in Suid-Afrika te skep;
Suid-Afrikaners op te voed oor menseregte; menseregteskendings te ondersoek en maniere te kry om dit reg te stel dit sluit indiening van sake by die hof in, indien nodig; navorsing te doen oor menseregte in Suid-Afrika en internasionaal; die regering raad te gee oor menseregte en na te gaan hoe die regering menseregte bevorder en beskerm;
wette te monitor wat op alle vlakke van regering (plaaslik, provinsiaal en nasionaal) opgestel word om seker te maak dat hulle menseregte in ag neem; en te monitor wat die regering doen om seker te maak dat mense toegang het tot sosio-ekonomiese regte (omgewing, behuising, gesondheidsorg, voedsel, water, maatskaplike sekuriteit en onderwys).
DIE AANMELD VAN MENSEREGTESKENDINGS
n Menseregteskending is wanneer enige van die regte in die Handves van Regte misbruik of geskend word. Die SAMRK hanteer egter nie alle skendings nie. Sommige sake word verwys na ander organisasies en strukture wat ingestel is om spesifieke soorte skendings te hanteer. Dit sluit in:
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid diskriminasiesake op grond van seks of geslag
Tel: 011 403 7182
Die Openbare Beskermer klagtes teen regeringsamptenare
Tel: 012 322 2915/6
Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie sake van onregverdige arbeidspraktyke
Tel: 011 377 6894
Die Onafhanklike Klagtedirektoraat klagtes teen die polisie
Tel: 012 428 5700
As jou saak een van dié is, behoort jy eerder direk met die organisasies in verbinding te tree. Raad en bystand met jou saak kan ook verkry word van Regshulprade (wat by Landdroshowe geleë is), of van Regshulpklinieke (by die meeste universiteite). Daar is ook talle nie-regeringsorganisasies (soos Prokureurs vir Menseregte, Regsbronnesentrums en die Black Sash), wat jou ook sal kan help.
HOE OM MENSEREGTESKENDINGS BY DIE SAMRK AAN TE MELD
As jou saak 'n skending van een van die regte in die Handves van Regte is, en dit is nie 'n saak wat deur 'n ander organisasie hanteer word nie, kan jy dit by die SAMRK aanmeld deur:
Te bel na 'n SAMRK-kantoor. 'n Lid van die personeel sal 'n verklaring afneem, 'n klagtevorm aan jou stuur of 'n afspraak maak vir jou om persoonlik na die kantoor te kom.
Deur 'n faks of 'n brief aan die Regdienstedepartement van die SAMRK te stuur in die taal van jou keuse.
Deur 'n klagtevorm van die SAMRK te kry, dit te voltooi en dit na die SAMRK terug te stuur.
Tel: 011 484 8300
Faks: 011 484 1360
Oos-Kaap
Tel: 041 582 4094/2611
Faks: 041 582 2204
Tel/Faks: 031 304 7323/4/5
Tel: 015 291 3500/3504
Faks: 015 291 3505
Wes-Kaap
Tel: 021 426 2277
Faks: 021 426 2875
DIE HANDVES VAN REGTE
Om 'n kultuur van menseregte te bou, is dit belangrik dat elke burger weet wat sy of haar regte is en die verantwoordelikhede verstaan. Die SAMRK beskerm en bevorder die menseregte van al die mense van Suid-Afrika. Wat volg is 'n eenvoudige weergawe van die Handves van Regte. 'n Volledige weergawe is opgeneem in Hoofstuk 2 van die Grondwet.
Gelykheid
Daar mag nie teen jou diskrimineer word nie. Maar regstellende aksie en billike diskriminasie word toegelaat.
Menswaardigheid
Jou waardigheid moet respekteer en beskerm word.
Lewe
Jy het die reg tot lewe.
Vryheid en sekerheid van die persoon
Jy mag nie sonder verhoor aangehou word, gemartel of wreed gestraf word nie. Huishoudelike geweld word nie toegelaat nie.
Slawerny, knegskap en gewonge arbeid
Slawerny, knegskap en gewonge arbeid word nie toegelaat nie.
Privaatheid
Jy mag nie deursoek word nie en jou huis of jou besittings mag ook nie deursoek word sonder dat die behoorlike prosedures deur die polisie gevolg is nie.
Vryheid van godsdiens, geloof en opinie
Jy mag dink en glo wat jy wil en jy mag die godsdiens van jou keuse beoefen.
Vryheid van spraak
Alle mense (wat die media insluit) kan sê wat hulle wil.
Samekoms, optog, plakkaatbetoging en petisie
Jy mag 'n optog en 'n plakkaatbetoging hou en 'n griefskrif oorhandig. Maar jy moet dit vreedsaam doen.
Vryheid van assosiasie
Jy mag jou assosieer met wie jy ookal wil.
Politieke regte
Jy kan die politieke party van jou keuse steun. As jy 'n burger is, en minstens 18 is, mag jy stem.
Burgerskap
Jou burgerskap mag nie van jou af weggeneem word nie.
Vryheid van beweging en woonplek
Jy mag na enige plek in Suid-Afrika gaan en woon waar jy wil.
Vryheid van handel, werk en professie
Jy kan enige werk doen waarop jy besluit.
Arbeidsverhoudinge
Jy mag jou by vakbonde aansluit en staak.
Omgewing
Dis is jou reg om 'n gesonde omgewing te hê.
Eiendom
Jou eiendom kan net van jou af weggeneem word as die regte reëls gevolg word.
Behuising
Die regering moet seker maak dat mense toegang het tot behoorlike behuising.
Gesondheidsorg, kos, water en maatskaplike sekuriteit
Die regering moet seker maak dat jy toegang het tot kos en water, gesondheidsorg en maatskaplike sekuriteit.
Kinders
Kinders onder die ouderdom van 18 het spesiale regte, soos die reg om nie mishandel te word nie.
Onderwys
Jy het die reg tot basiese onderwys, wat volwasse basiese onderwys insluit, in jou eie taal (as dit moontlik is).
Taal en kultuur
Jy kan die taal gebruik wat jy wil en die kultuur van jou keuse beoefen.
Kulturele, godsdienstige en taalgemeenskappe
Gemeenskappe kan hulle eie kultuur geniet; hulle eie godsdiens beoefen; en hulle eie taal gebruik.
Toegang tot inligting
Jy het die reg op toegang tot enige inligting wat die regering het.
Billike administratiewe optrede
Optrede deur die regering moet regverdig wees.
Toegang tot die hof
Jy kan 'n hof of 'n soortgelyke struktuur laat besluit oor 'n regsprobleem.
Gearresteerde, aangehoude en beskuldigde persone
Dié regte beskerm mense wat inhegtenisgeneem, in die tronk is of van 'n misdaad beskuldig word.
NOTA: Al die regte kan beperk word as dit regverdig sal wees om dit te doen. Lees vir meer inligting Hoofstuk 2 van die Grondwet.
VERWANTE INLIGTING
Klagtes oor Menseregteskendings (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 14 Maart 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
