






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Misdaad, Regte en Justisie > Regte > Klagtes oor Menseregteskendings

Klagtes oor Menseregteskendings




BESKRYWING:

Die Grondwet bepaal dat die grondliggende regte van alle Suid-Afrikaners beskerm en respekteer moet word. Die regte word in die Handves van Menseregte vervat, met 'n omskrywing van die omstandighede wat die beperking van die regte kan regverdig. Verskeie regeringsliggame en -instansies is ingestel om seker te maak dat die regte beskerm word.


VOORSKRIFTE:

As jou regte geskend word kan jy die saak by een van die volgende liggame aanmeld:


* 
* 
* 
* 
* 


Die Kommissie vir Geslagsgelykheid
SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE


Die SAMRK sal jou help as enige van jou regte in die Handves van Menseregte geskend of aangetas is. Jy kan die Handves van Menseregte nagaan om seker te maak of jou regte geskend of aangetas is.

Om 'n klag in te dien moet jy die klagtevorminvul.

Die SAMRK sal jou gewoonlik nie kan help nie, as:
* Jou saak nie te doen het met 'n skending van enige van die regte in die Handves van Menseregte nie.
* Jou probleem voor 27 April 1994 opgeduik het.
* Jy 'n strafregtelike saak het en jy 'n prokureur nodig het nie (as dit die geval is, skakel asseblief die Regshulpraad by 012 401 9200, of besoek hulle kantore by die naaste Landdroshof).
* Jy aan 'n misdaad skuldig bevind is en wil appelleer.


As jy nie seker is of die SAMRK jou saak sal hanteer nie, skakel asseblief die Kommissie.

Tree vir meer inligting met die Wes-Kaapse kantoor in verbinding:

Ashraf Mahomed
Adderleystraat 132, Kaapstad, 8000
Tel: 021 426 2277
Faks: 021 426 2875
amahomed@sahrc.org.za


ONAFHANKLIKE KLAGTEDIREKTORAAT


As jou regte deur die polisie geskend is, moet jy die Onafhanklike Klagtedirektoraat nader.

Om 'n klag in te dien, moet jy die klagtevorm volledig en korrek invul. As jy oor enige aspek van die klagte-aanmeldingsvorm onseker is, moet jy asseblief die riglynevolg.

Jy kan 'n e-pos oor jou klag stuur aan nmanne@icd.pwv.gov.za of dit faks aan 021 426 0705.

Posadres: Privaatsak X 9173, Kaapstad, 8000
Straatadres: 6de Verdieping, Colonial Mutual-gebou, Adderleystraat 106, Kaapstad
Tel: 021 426 0700
Faks: 021 426 0705
nmanne@icd.pwv.gov.za

Of jy kan jou klag aanlynindien.


OPENBARE BESKERMER


As jy oor 'n staatsamptenaar wil kla, moet jy met die Openbare Beskermer in verbinding tree.

Enigeen kan 'n klagte indien by die Openbare Beskermer, wat dan die saak sal ondersoek. As die Openbare Beskermer se personeel besluit dat die klagte steek hou, sal hulle alles in hulle vermo doen om 'n oplossing te vind, wat veranderings aan die stelsel insluit.

As jy nie die probleem kon oplos deur met die amptenaar of die toesighouer te praat nie, moet jy vir die Openbare Beskermer skryf. Die brief moet die volgende inligting bevat:
* Die aard van jou klagte.
* Die agtergrond en geskiedenis van die klagte.
* Die rede waarom jy meen dat die klagte deur die Openbare Beskermer ondersoek moet word.
* Die stappe wat jy gedoen het om self die probleem te probeer oplos.
* Spesifieke besonderhede - name van die amptenaar, datums, ensovoorts.
* Afskrifte van enige korrespondensie tussen jou en die amptenaar.
* Jou kontakbesonderhede.


In sommige gevalle sal die Openbare Beskermer dalk 'n bedigde verklaring vereis voordat ondersoek ingestel word.

As jy hulp met die klagte nodig het, kan jy die Openbare Beskermer se kantoor skakel. Daar is opgeleide personeel wat afgesien van die omvang daarvan, na 'n klagte sal luister en ondersoek sal instel.

Posadres: Wes-Kaapse Streekkantoor, Posbus 712, Kaapstad, 8000
Straatadres: 2de Verdieping, ABC-gebou, Adderleystraat 130, Kaapstad, 8000
Tel: 021 423 8644
Faks: 012 423 8708


KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE


As jou werkgewer jou regte geskend het, moet jy met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in verbinding tree (nadat jy die probleem by die werk probeer oplos het).

Die KVBA sal:
* In werkplekgeskille bemiddel.
* Beslis oor geskille wat nie tydens bemiddeling opgelos is nie.


Nader vir meer inligting:

Posadres: Privaatsak X9167, Kaapstad, 8000
Straatadres: Darlingstraat 78, Kaapstad
Tel: 021 469 0111
Faks: 021 465 7193/7


KOMMISSIE VIR GESLAGSGELYKHEID


As daar teen jou gediskrimineer is (jy sleg behandel is) op grond van jou geslag, moet jy die Kommissie vir Geslagsgelykheid nader.

Wanneer jy 'n klag aanhangig maak, moet jy soveel inligting moontlik probeer verskaf. Klagte is streng vertroulik.

Nog inligting is beskikbaar by:

Straatadres: 7de Verdieping, ABSA-gebou, Adderleystraat 132,Kaapstad, 8001
Tel: 021 426 4080/3
Faks: 021 424 0549
Jy kan ook aanlyn'n klag indien.

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Constitutional Court Website (Skakel) (net in Engels beskikbaar)
* Handves van Regte (Hoofstuk 2 van die Suid Afrikaanse Grondwet) (Grondwet) (File type: pdf; size: 703 KB)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 21 Oktober 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





