TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Binnelandse Sake
Dienste
Lewe en Familie
Werk- en Studiepermitte
Werk-, Studie- en Ander Permitte
Werk-, Studie- en Ander Permitte
OORSIG
DIENSTE
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Voordat u Suid-Afrika kan binnekom, moet u in besit wees van 'n visum. By die aankomspunt sal u visum vervang word deur 'n tydelike verblyfpermit wat aandui hoe lank u mag aanbly en om watter rede. U moet om spesifieke permitte aansoek doen voordat u na die land reis.
Daar is verskillende soorte permitte, na gelang van die rede waarom u na die land toe kom:
besoekerspermit - vir mense wat Suid-Afrika besoek diplomatieke permit - vir diplomate studiepermit - vir mense wat in Suid-Afrika wil studeer verdragpermit - tydelike verblyfpermitte vir mense wat in Suid-Afrika moet wees ooreenkomstig 'n internasionale verdrag sakepermit - vir mense wat in 'n besigheid in Suid-Afrika wil belê of inkoop bemanningspermit - vir die bemanning van skepe permit vir mediese behandeling - 'n driemaande- permit vir mense wat mediese behandeling in Suid-Afrika ondergaan familiepermit - vir mense met familie in Suid-Afrika permit vir afgetrede persone -vir mense met 'n vaste aftree-inkomste van hulle land van oorsprong uitruilpermit - vir mense wat deelneem aan kulturele, ekonomiese of maatskaplike uitruilprogramme.
U word nie toegelaat om op 'n werkpermit te studeer nie, en omgekeerd.
U kan nie die land binnekom voordat die geldige permit aan u paspoort geheg is nie, tensy u alreeds 'n permit het en u dit na 'n ander een verander.
Permitaansoeke word deur die Immigrasiewet van 2002 gereël.
WERKPERMITTE
Daar is verskillende tipes werkpermitte:
kwota-werkpermit algemene werkpermit uitsonderlikevaardighede-werkpermit intra-maatskappy-oordrag-werkpermit korporatiewe werkpermit
Die Departement keur aansoeke om werkpermitte goed op grond daarvan of 'n Suid-Afrikaner beskikbaar is om die pos waarvoor aansoek gedoen word, te vul of nie. Indien wel, is dit onwaarskynlik dat die werkpermitaansoek suksesvol sal wees.
Die Departement keur werkpermitaansoeke vir sleutelpersoneel (vir byvoorbeeld 'n Hoof Uitvoerende Beampte) van buitelandse maatskappye wat in Suid-Afrika belê, geredelik goed.
Die Immigrasiewet het 'n kwotastelsel vir werkpermitte ingestel.
VOORSKRIFTE:
Hoe om aansoek te doen om 'n werkpermit
Hoe om aansoek te doen om 'n studiepermit
WERKPERMITTE
U moet 'n aansoek indien op vorm BI-159 via die Suid-Afrikaanse diplomatieke verteenwoordiger in die land waar u gewoonlik woonagtig is of die land waarvan u 'n paspoort hou.
U kan ook aansoek doen deur middel van 'n Suid-Afrikaanse prokureur of agent wat volmag namens u het.
U aansoek moet vergesel wees van:
n definitiewe werksaanbod en n brief van die voornemende werkgewer wat die volgende meld: die datum waarop die pos beskikbaar geword het, hoe dit geadverteer is en waarom dit nodig is om 'n nie-Suid-Afrikaner aan te stel.
Die bedrag betaalbaar vir elke werkspermitaansoek is ongeveer US$186 (Amerikaanse dollar) en die proses duur gewoonlik agt tot twaalf weke. Aansoeke vir sleutelpersoneel duur egter ongeveer twee weke.
Sodra u aansoek verwerk is, word die uitslag aan die SA verteenwoordigers in die land waar u aansoek gedoen het, gefaks.
STUDIEPERMITTE
U moet eers aansoek doen om toelating by die hoëronderwysinstelling wat u wil bywoon. Wanneer u 'n brief van voorlopige aanvaarding ontvang, kan u om 'n studiepermit aansoek doen.
U moet na die SA Missie gaan om aansoek te doen om die permit. U moet aansoekvorm B1-159 invul. Dit moet vergesel word van:
Die voorgeskrewe bedrag.
n Voorlopige brief van aanvaarding van die hoëronderwysinstelling.
Bewys dat u u onderrig- en akkomommodasiegeld kan betaal en uself kan onderhou.
n Kontantdeposito of bankgewaarborgde tjek gelykstaande aan die koste van 'n retoervlug.
n Geskrewe onderneming dat u sal terugkeer na u land van verblyf of oorsprong wanneer u studies afgehandel is.
n Doktersverslag of -brief van u dokter wat meld dat u goeie algemene gesondheid geniet.
Indien u aansoek suksesvol is, sal u 'n meervoudigeterugkeervisum ontvang.
Dit kan tot agt weke neem om 'n aansoek te verwerk. U kan Suid-Afrika nie binnekom voordat hierdie permit ontvang is nie.
VERSKAF BY:
Binnelandse Sake-kantore
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Aansoek om 'n visum om Suid-Afrika te besoek (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
