TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Maatskaplike Dienste
Kinders en Gesinne
Hoe inligting oor biologiese ouers verkry word
Hoe inligting oor biologiese ouers verkry word
BESKRYWING:
As 'n aangenome kind, kan jy met 'n soektog na jou biologiese ouers begin indien jy 18 jaar oud is. Indien jy tussen 18 en 21 is, sal jy jou aanneemouers se skriftelike toestemming nodig hê. Indien jy ouer as 21 is, kan jy die soektog sonder jou aanneemouers se toestemming onderneem.
Voordat jy met die soektog kan begin, sal jy berading deur 'n maatskaplike werker ontvang.
Aannemingsrekords word vir 70 jaar gehou en is die eerste bron van inligting. Die rekords word by die Registrateur van Aannemings in Pretoria gehou. Die volgende rekords word gehou:
die instemmingsvorm die aanneemouers se aansoek die maatskaplike werker se verslag oor die aanneemouers die maatskaplike werker se verslag oor die biologiese ouers (indien dit bestaan)
Die Registrateur kan na goeddunke spesifieke inligting rakende 'n aanneming aan enige persoon verskaf. Maar die identiteit van die betrokkenes kan nie bekend gemaak word nie. Mediese inligting kan, byvoorbeeld, aan 'n geneesheer beskikbaar gestel word.
Biologiese ouers kan slegs toegang tot die aannemingsrekords verkry indien die aanneemouers en die kind hul skriftelike toestemming verleen. Indien hulle weier, kan die biologiese ouers hul besonderhede in die lêer laat sodat hulle gekontak kan word indien die aanneemouers of kind van besluit verander.
VOORSKRIFTE:
Om nadere besonderhede, skakel die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Om 'n kind te laat aanneem (Diens)
Registrasie van aanneming (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 28 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
