TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Maatskaplike Dienste
Kinders en Gesinne
Om 'n kind te laat aanneem
Om 'n kind te laat aanneem
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Alvorens 'n wettige aanneming kan plaasvind, moet die biologiese ouers instem tot die aanneming. Beide die moeder en die vader moet die instemmingsvorm onderteken.
Indien die ouers nie getroud is nie, moet die moeder eers die biologiese vader se instemming kry indien sy die kind wil laat aanneem. Sy hoef dit egter net te doen as die swangerskap nie die gevolg van geweld was nie, en as die vader skriftelik erken dat hy die vader is en sy identiteit en adres beskikbaar stel.
Wanneer jy 'n kind laat aanneem, word alle regte en verpligtinge tussen die kind en sy natuurlike ouers beëindig. 'n Aanneming is geheel en al finaal wanneer die aannemingsbevel gefinaliseer word, wat 60 dae nadat die kind sy intrek by die aanneemfamilie geneem het, gebeur.
Om 'n kind te laat aanneem is 'n moeilike ding om te doen en aannemingsagentskappe sal ondersteuningsdienste verleen om jou by te staan. Sodanige dienste kan berading en selfs huisvesting insluit.
VOORSKRIFTE:
Om nadere besonderhede te verkry, tree in verbinding met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of met 'n aannemingsagentskap in jou gebied.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Registrasie van aanneming (Diens)
Hoe inligting oor biologiese ouers verkry word (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 28 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
