SE BRIL
Assistentdirekteur: Steundienste
Aan die einde van elke jaar publiseer die gewilde webwerf Google 'n lys van die top tien soekterme van die jaar. Hulle noem dit Zeitgeist. Zeitgeist beteken letterlik die gees van die tyd. (Die algemene, intellektuele, morele en kulturele klimaat van 'n era.) By http://www.google.com/press/zeitgeist.html verskyn daar, onder andere, ook lyste van elke week se gewildste soekterme, asook 'n maandelikse lys van soekterme per land.
Ek dink dit is belangrik vir bibliotekarisse om kennis te dra van die gees van die tyd. Ons lewe in 'n vinnig veranderende wêreld en biblioteekpersoneel moet kennis neem van nuwe tendense, sodat ons in pas kan bly.
Wat sê dit van Suid-Afrikaanse Internet­gebruikers? Hulle is defnitief oorbehep met hulle banke! Die banke is elke maand in die top 15! En dan kan 'n mens ook 'n a.eiding maak oor watter bank die grootste aftrek kry. Ek het ook vinnig gekyk na ander lande se top 15 lyste en dit lyk vir my dis net op hierdie uithoek van die planeet waar mense so ernstig oor geldsake is! Dan lyk dit ook asof Suid-Afrikaners nuuskierig is, want news24 en iol is beide nuus webtuistes. Verder is ons ook behep met selfone en raai ook net watter selfoongroep is die grootste in die land? Interessant is dat ons graag vlieg en dan natuurlik, soek almal 'n winskoop. (Ja, ek het ook al met Mango gevlieg!) Daar is ook belangstelling in die grootste afstands-onderrig universiteit, UNISA. (Seker mense wat na eksamenresultate gekyk het.) In Desember het 'matric results' ook die top 15 gehaal. Verder is Suid-Afrikaners ook 'celeb' behep en word die nuutste kaskenades van Paris Hilton en Britney Spears hongerig dopgehou.
Wat vir my interessant is, is hoe mense soek. Ek sou glad nie verwag het dat mense die naam van die instansie in die adres (url blokkie) intik en dan op die opwipskerm (popup screen) 'search google' kliek nie, want as ek my banksake doen, tik ek die volledige adres www.banksenaam.co.za in. Die manier waarop ek by my bank uitkom, sal dus nie as 'n Google soektog registreer nie.
Wat soek die wêreld? Wat is die miljoene der miljoene Internetgebruikers se top tien soekterme?
Bebo is 'n sosiale netwerk webtuiste wat mense toelaat om op verskillende maniere te kommunikeer. Dit het ontwikkel in 'n intydse gemeenskap waar gebruikers foto's en video's kan oplaai, blogs kan skryf en boodskappe aan mekaar kan stuur. Dit het al 22 miljoen gebruikers en kry elke sekonde vyf nuwe gebruikers by. Bebo is ietwat kontroversieel vanweë die feit dat sommige onaangename karakters daarop kan rondsluip en is reeds op sommige skoolrekenaars in die Verenigde Koninkryk verbied.
Metacafe (hoofkwartier in Tel Aviv) is ook 'n interaktiewe webtuiste waar gebruikers video's en ander media kan oplaai. Metacafe verskaf meer as 450 000 000 video's elke maand aan meer as twee miljoen geregistreerde gebruikers en 120 miljoen persone wat die webtuiste elke maand besoek.
Radioblogclub.com is, lyk vir my, 'n webtuiste waar jy musiek kan oplaai.
Video - 'n video is 'n bewegende prentjie! Met dié dat elke moderne selfoongebruiker 'n video kan maak, is dit geen wonder dat video's so populêr is nie. En moenie eers praat van al die miljoene amateur video joernaliste nie! Dis net vir my interessant dat die woord 'video' in die wêreldvolksnaam woordeskat oorleef het en mense nie die woord .lm of dvd gebruik nie.
Rebelde. Nee! dis nie die naam van 'n Brasiliaanse sokkerster nie! Dit is 'n Meksikaanse televisiereeks wat na drie seisoene in 2006 geëindig het. Die televisiereeks oor tieners wat 'n orkes stig, het 'n hele kultus veroorsaak. Adverteerders het grootskaals van dié televisiereeks gebruik gemaak en honderde produkte van sjampoe tot vrugtesap is in die reeks bemark. Die karakters het selfs op Coke blikkies en Kellogg's bokse verskyn.
Terwyl ek so besig was om die Internetgees te vang, het ek ook op 'n interessante web-werf (www.alexa.com) afgekom wat die top 500 webwerwe in die wêreld volgens popu­lariteit rangskik. Hulle het ook 'n lys Suid-Afrikaanse gebruikers se gewildste Internet kuierplekke. Die top 20 - daar is 50 op die lys: en ek gaan nie verduidelikings skryf nie...hiervoor het ek nie nou die tyd nie, so gaan soek maar self... is:
Ek wonder wat 2007 gaan oplewer? Gaan kyk maar gereeld by Google Zeitgeist om die gees van die tyd te volg.
