TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Vervoer en Openbare Werke
Korporatiewe Sake
Dienste
Opvoedkundig
Sektor Onderwys en Opleiding
Internskappe: Vervoer en Openbare Werke
Internskappe: Vervoer en Openbare Werke
OORSIG
DIENSTE
PUBLIKASIES
KONTAK
BESKRYWING:
Studente kan praktiese ervaring deur middel van 'n internskapprogram by die Departement van Vervoer en Openbare Werke opdoen. Interns word in hulle spesifieke studierigtings geplaas en word betaal vir die werk wat hulle verrig.
Elke intern sluit 'n kontrak met die Departement.
In 2003 het die Departement die Peninsula Technikon se toptoekenning in die makro-werkgewerkategorie ontvang uit 600 private en openbare inrigtings vir sy rol om studente van proefopleiding te voorsien.
VOORSKRIFTE:
Om aansoek te doen om 'n internskap, moet die student tans by 'n hoëronderwysinstelling (HOI) ingeskryf wees.
Jy kan die Departement van Vervoer en Openbare Werke se Studentesake-administrasiekantoor deur die plasingsbeamptes by jou universiteit of technikon skakel.
Jy moet 'n brief stuur met bevestiging dat jy in 'n spesifieke studieveld studeer, asook jou CV.
Indien daar 'n behoefte is aan 'n student wat in 'n spesifieke rigting spesialiseer, sal die betrokke tak 'n kort onderhoud met aansoekers voer en 'n intern kies.
n Mentor word aan elke intern toegewys om hom of haar by te staan en toe te sien dat hy of sy die gekontrakteerde werk verrig.
Tel: 021 483 4203
Faks: 021 483 2019
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Korporatiewe Sake (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
