TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Vervoer vir Spesiale Behoeftes
Bel-'n-Rit: Vervoerdienste vir Persone met Spesiale Behoeftes
Bel-'n-Rit: Vervoerdienste vir Persone met Spesiale Behoeftes
BESKRYWING:
Bel-'n-Rit is 'n vervoerdiens vir mense vir wie ander vorms van openbare vervoer nie geskik is nie as gevolg van hulle spesiale behoeftes.
Dit word befonds deur die Stad Kaapstad, die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap en die Nasionale Departement van Vervoer. Die diens word deur iKapa Toere en Reise (Edms.) Bpk. bedryf.
Enige persoon wat in die munisipale gebied van Kaapstad woon en nie ander vorms van openbare vervoer kan gebruik nie as gevolg van swak sig of fisiese gestremdheid kan van Bel-'n-Rit gebruik maak.
Die diens werk 7 dae per week tussen 06h00 en 19h00.
Besprekings word oor die algemeen op 'n 'eerste daar, eerste klaar'- basis aanvaar hoogstens sewe werksdae voor die dag van die rit en minstens een werksdag voor die rit. Indien u egter gereeld na en/of van u werkplek wil reis, kan 'n herhalende bespreking op 'n maand-tot-maand-basis vir tot ses maande gemaak word.
Bel-'n-Rit-vervoervoorwaardes
VOORSKRIFTE:
Om te registreer om Bel-'n-Rit te gebruik, moet u 'n aansoekvorm invul en dit na Bel-'n-Rit, Posbus 102, Observatory, 7935, stuur. U aansoek sal beoordeel word op grond daarvan of u ander vorms van openbare vervoer kan gebruik. Indien u nie die vorm elektronies kan aflaai nie, kan u dit kry by:
verskeie organisasies vir gestremde persone;
daghospitale;
arbeidsterapiedepartemente by groot hospitale, of alle betaalsentrums.
Om 'n rit te bespreek of navraag te doen, bel die Bel-'n-Rit tolvrye nommer 0800 600 895.
Indien u 'n klagte wil indien oor die Bel-'n-Rit diens, skakel die Metro Vervoerinligtingsentrum tolvry by 0800 65 64 63.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Openbare Vervoer (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
Die munisipale gebied van die Stad Kaapstad is, soos op die kaart aangedui, in nege sones verdeel. Die koste word uitgewerk na gelang van deur hoeveel sones jy reis.
R5.00 - As jy binne een sone of minder as 10km reis
R9.00 - As jy van een sone na 'n ander sone reis
R13.00 - As jy deur drie sones reis
R18.00 - As jy deur vier of meer sones reis.
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Mei 2009 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
