TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Name van Twee Wes-Kaapse Hospitale Verander
Name van Twee Wes-Kaapse Hospitale Verander
BRON: Provinsiale Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die name van twee Wes-Kaapse Hospitale gaan verander. Die Hottentots Holland Hospitaal in die Helderbergkom verander na die Helderberg Hospitaal terwyl die Eben Dönges Hospitaal op Worcester voortaan as die Worcester Hospitaal bekend sal staan.
Die naamsveranderinge is geinspireer deur die lede van die publiek wat tydens Imbizo saamtrekke verlede jaar besware oor die huidige name geopper het.
Na afloop van die Imbizo's het Minister Uys die publiek in koerantadvertensies genooi om kommentaar op die huidige name te lewer. 'n Aantal voorstelle is ontvang en na verdere konsultasie het Uys besluit om die name te verander na die omgewings waarbinne hulle geleë is.
Ek glo die name sal byval vind by die meeste mense in die Wes-Kaap en dat hulle trots sal wees op hul plaaslike hospitale" sê Uys.
Uitgereik deur:
Kommunikasie vir die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid.
Kontak:
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 November 2007 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
