






HOME|YOUR LIFE|TOPICS|PUBLICATIONS |DIRECTORIES |YOUR GOVERNMENT|TENDERS|JOBS





Afrikaans
|
isiXhosa
|
About
|
Contact
|
Help
|
Advanced Search  |



 





Home > Publications > Speeches > Bergrivier Plaaswerker van die Jaar

Bergrivier Plaaswerker van die Jaar


BY: Cobus Dowry, Provincial Minister of Agriculture
AT: Bergrivier,Wes-Kaap
27 October 2007

Geagte Voorsitter, deelnemers aan die kompetisie, dames en here,
Baie dankie weereens vir die uitnodiging om vanaand hier saam met u te kan wees by 'n geleentheid wat nie net vir u nie, maar ook vir my, elke keer 'n besondere groot hoogtepunt is.

Ek wil aan die begin vir almal wat betrokke was om van hierdie jaar se kompetisie en vanaand so 'n groot sukses te maak, baie dankie s en veral vir Cerina Kruger wat 'n groot aandeel het aan beide die rel van die kompetisie en die pragtige funksie vanaand.

Ek weet dat u as plaaswerkers baie ernstig oor die kompetisie is en dat u wat deelneem, trots is daarop om u spesifieke plaas te verteenwoordig. Ek weet ook dat die kompetisie elke jaar strawwer en strawwer word en dat baie van u wat deelneem, nie net hier opdaag nie, maar dat u uself deeglik voorberei met kennis van die afdeling waarin u op die plaas werk. Die beoordelaars verseker my dat u daarin geslaag het om hulle te bendruk, nie net met u praktiese kennis van u werk nie, maar dat u ook 'n grondige kennis het van die teorie en die wetlike vereistes wat van toepassing is op u vakgebied.

Ek glo dat die produsente wat hulle werkers inskryf vir die kompetisie net soveel waarde heg aan die kompetisie as u wat daaraan deelneem. Daarom wil ek seker maak dat u as werkers diep bewus sal wees van die waardering wat die produsente het vir die bydrae wat u maak om van Landbou in die Wes-Kaap 'n vertoonvenster vir ander Provinsies te maak. Hierdie kompetisie is nie net 'n manier om erkenning te verleen aan die werk wat u doen nie, maar dit is ook deel van die bewustheid van die produsente dat u as werkers bemagtig moet word met kennis en vaardighede om u te slyp tot trotse deelnemers aan die ekonomie van die land. Ek wil vir u en die Produsente wat hulle werkers aan die kompetisie laat deelneem dankie s.

Die sukses van die Kompetisie word weerspiel in die groei oor die afgelope klompie jare daarvan na die verskillende streekskompetisies wat uitloop op die Provinsiale kompetisie waar die mededinging baie straf is.

Baie dankie ook aan Sanlam wat die hoofborg van die kompetisie is en daardeur wys dat u werklik glo aan die ontwikkeling van menslike kapitaal binne Landbou.

Vir ons bly die ontwikkeling van menslike kapitaal een van die sleutel uitdagings in die ontwikkelingsprogram, nie net van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap nie, maar vir die Landbousektor in sy geheel. Die geleerde mense s die onwikkeling van Menslike Kapitaal onderskryf die beginsel dat hoe meer opleiding en vaardigheid die mens ontvang, hoe meer produktief raak hy en word hy in staat gestel om makliker en vinniger aan te pas by veranderende omstandighede en tegnologiese-ontwikkeling. Dit staan in skrille kontras teenoor diegene wat geen opleiding ontvang of verborge talente ontwikkel nie en gevolglik nie die nodige aanpassings en vordering kan maak nie. Dit is dan ook om hierdie rede dat ons as Regering in die Wes-Kaap glo dat die ontwikkeling van ons Menslike Kapitaal 'n beduidende bydrae kan lewer tot die doelwitte van die IKapa Elihlumayo strategie.

Ek wil vanaand sonder vrees vir enige teenspraak s dat daar die afgelope paar jaar geweldig baie gedoen is om die lewe en werksomstandighede van u as plaaswerkers te verander. Wanneer 'n mens oor verandering praat, glo ek moet 'n mens by jouself begin en die vraag vra wat is my eie ingesteldheid om my eie omstandighede te verander en tweedens wat is daar in my ingesteldheid om verandering rondom my te weeg te bring.

Soos wat ek van die beoordelaars verstaan is daar baie van u wat aan die kompetisie deelgeneem het wat beslis 'n behoefte het om u kennis te verbreed en u vaardighede uit te brei. Ons is daar om u te help deur middel van die groot verskeidenheid programme wat ons by die Departement se opleidingsentrums aanbied.

Dit is egter nie genoeg nie. Ons wil h dat u, u kinders moet lief maak vir landbou, sodat hulle hulleself kan bekwaam vir die landbou deur formele opleiding. Daarvoor maak ons beurse beskikbaar sodat plaaskinders hulle op Elsenburg kan kom toerus om hulle plek vol te staan binne Landbou.

Daar word so maklik gedink dat as jy in 'n Landbou-rigting studeer of werk dat jy die een gaan wees wat net die vrugte moet pluk of die persoon wat die trekker moet ry. Dit is belangrik en nodig dat daar persone is wat daardie werke kan doen. Dit is ook nodig dat daar persone is wat die verskillende kultivars van vrugte kan verduidelik, navorsing kan doen, die grond kan ontleed en s hoe dit verwerk moet word, die vrugte kan bemark en so kan ek aangaan. Dus, is dit uiters belangrik dat ons jeug besef dat beroepe in Landbou, net soos in baie ander industrie, sekere vaardighede benodig. Baie beroepe in Landbou is 'n wetenskap en dit gaan verder as net op die plaas werk. Daar moet veeartse, landbouingenieurs en voorligters wees om die landbousektor en sy werknemers te kan ondersteun. Vir baie van u is dit nog nie te laat om gebruik te maak van die opleidings- geleenthede wat deur die departement aangebied word nie.

Ek praat baie oor vennootskappe en die krag wat vennootskappe het om verandering te bring en omstandighede te verbeter. Ek wil weer vanaand by u as plaaswerkers 'n pleidooi lewer dat u met u werkgewer in 'n vennootskap sal gaan om as 'n span u omstandighede te verander en ook die belange van Landbou en die Land op hierdie manier te dien.

Ek wil vanaand 'n ernstige pleidooi lewer en vir u vra om 'n oomblik stil te sit en 'n kwaliteitsbesluit te neem om deel te word van 'n span saam met die Regering en die produsente en daardie organisasies wat u lewensomstandighede wil verbeter. U moet ons help om oplossings te soek vir alkoholmisbruik, familiegeweld, dwelmmisbruik, tienerswangerskap en vele ander relevante aangeleenthede wat u lewe of die van u familie raak.

Ek wil afsluit deur aan wenners te s: Baie geluk. U moet weet dat die druk nou groot is en dat die uitdagings nou voorl. U moet waardige wenners wees. Daar is mense wat voor u hierdie kompetisie gewen het en vandag reeds voorlopers is en as voorbeelde kan dien van wat vermag kan word as jy elke dag aan jou drome en ideale werk om dit 'n werklikheid te maak. Sterkte ook vir u wat nou aan die Provinsiale kompetisie gaan deelneem. Ons gaan u dophou om te sien hoeveel van die Bergrivier se mense is ook Provinsiale kampioene.

NAVRAE:

Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Cell: 084 604 6701
Email: avjaarsv@pgwc.gov.za

A Home for All ~ 'n Tuiste vir Almal ~ iKaya Lethu Sonke
http://www.capegateway.gov.za/agriculture
http://www.elsenburg.com/




SPEECHES ARCHIVE


2009:       JAN      FEB      MAR      APR     

2008:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2007:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2006:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2005:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2004:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2003:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2002:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2001:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     




The content on this page was last updated on 2 October 2007



Don't understand government jargon or an acronym? Use the GLOSSARY.



| QUESTIONS? Just ask us: questions@capegateway.gov.za



Terms of Use | Privacy Policy | Copyright







Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government





