TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
HOOFTREKKE
Suid-Skiereiland kry toekennings
Verkeersirkel in Plumstead word verbeter
Bel-'n-Rit-diens word uitgebrei
Brandbestryders kry R21 miljoen vir oortydbetaling
R2.7miljoen hupstoot vir MIV/Vigs-behandeling
Strenger verordeninge vir brandveiligheid,/li
Stad se taalkomitee word hersaamgestel
Elektrisiteit vir informele nedersettings
R151 miljoen vir 2010 se kragbehoeftes
SUID-SKIEREILAND KRY TOEKENNINGS
Tel: 021 784 2011
VERKEERSIRKEL IN PLUMSTEAD WORD VERBETER
Die verkeersirkel langs die stasie in Southfieldweg, Plumstead, gaan teen 'n koste van R35 000 opgeknap word.
Tel: 021 792 2493
BEL-'N-RIT-DIENS WORD UITGEBREI
Die Bel-'n-Rit-diens, wat openbare vervoer verskaf vir mense met spesiale behoeftes, gaan uitgebrei word om meter-taxi's in te sluit.
Die Stad Kaapstad het 'n begroting van R43 miljoen vir die volgende vier jaar vir die diens goedgekeur. Die Wes-Kaapse departement van vervoer het ingestem om ook R10 miljoen die volgende vier jaar by te dra. Sedert die instelling van die diens in 2002 het 'n eksterne verskaffer, iKapa Travel & Tours, die diens behartig. Die Stad het ingewillig om die huidige kontrak te verleng totdat openbare tenders vir die diens genooi gaan word.
Tel: 021 400 4724
BRANDBESTRYDERS KRY R21 MILJ AAN OORTYDBETALING
Met 'n ernstige tekort van 689 poste in die Stad se Brand- en Reddingsdiens is die oorblywende 698 personeellede genoop om oortyd te werk, veral in die brandgevaartyd. Die Raad het derhalwe 'n verdere R21 miljoen aan oortydbetaling goedgekeur. 'n Verdere R5 miljoen is begroot om so gou moontlik nog 40 opgeleide brandbestryders aan te stel.
Direkteur van Stadsnooddienste
Tel: 021 590 1720
Die Stad se gesondheidsafdeling gaan 'n bykomende R2.7 miljoen kry vir die groter uitgawe aan sy anti-retrovirale punte vir die behandeling van MIV/Vigs-pasiënte. Die geld is deur die Wes-Kaapse provinsiale administrasie bewillig.
Uitvoerende Direkteur van Gesondheid
Tel: 021 400 2100
Die Stad Kaapstad het R65 000 goedgekeur vir twee hout-loopweë by Glencairn-vlei in Clovelly. Die Vriende van Glencairn-vlei en die Stad se omgewingsbeamptes het deur die jare die vlei bewaar en 'n paadjie rondom die vlei aangelê. Twee hout-dele gaan opgerig word oor plekke wat in die reëntyd onder water raak.
Strategie en Beplanning
Tel: 021 710 8049
STRENGER VERORDENINGE VIR BRANDVEILIGHEID
Die Stad Kaapstad het sy verordening oor brandveiligheid in die gemeenskap hersien. Eienaars en bestuurders van plekke gaan nou aanspreeklik wees vir gaste wat die verordeninge oor aansteek van vure of rook oortree. Geregistreerde eienaars van voertuie sal ook verantwoordelik gehou word vir enige brandende sigaret of vuurhoutjie wat uit 'n motor gegooi word. Die onus is nou op die eienaars van eiendom om brandstroke te maak en in stand te hou.
Brandweerdienste
Tel: 021 590 1714
n Voetpad gaan langs Hoofweg in Houtbaai gebou word, van Mandela-rylaan tot Hughendenweg, om aan te sluit by die voetoorgang vir die Oranjekloof-laerskool. Speeltoerusting van hout in die plaaslike speelpark gaan met meer duursame metaal-items vervang word, 'n heining gaan om die melkhoutbos naby die poskantoor opgerig word en die plaaslike sokkerveld gaan omhein word.
Tel: 021 487 2055
STAD SE TAALKOMITEE WORD HERSAAMGESTEL
Tel: 021 400 1223
Die perk vir die Stad se Deernistoekenning vir raadsbehuising is van R1 640 per maand vir 'n huishouding-inkomste verhoog tot R1 740 per maand. Die nuwe bo-perk is gelyk aan twee staats-ouderdomspensioene.
Behuisingfinansies
Tel: 021 400 5122
ELEKTRISITEIT VIR INFORMELE NEDERSETTINGS
Die Stad Kaapstad gaan R4 miljoen aanwend vir die elektrifisering van verskeie informele nedersettings, wat aansluitings vir 'n verdere 1 000 wonings voor die winter moontlik sal maak.
Elektrisiteitsdiens
Tel: 021 386 6280 x 223
R151 MILJOEN VIR 2010 SE KRAGBEHOEFTES
Altesaam R151 miljoen is oor die volgende twee jaar begroot vir die opknapping en versterking van die kragnetwerk in die middestad, ter ondersteuning van die nuwe stadion vir 2010 in Groenpunt.
Elektrisiteitsdiens
Tel: 021 918 7066
Uitgereik deur:
Kommunikasie-Direktoraat
Tel: 021 400 1292
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 April 2007 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
