






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Opvoedkundig > Tuisonderrig > Registrasie vir Tuis-onderrig

Registrasie vir Tuis-onderrig




BESKRYWING:

Ouers wat by die huis onderwys vir hulle kinders wil verskaf, moet hulle by die WKODlaat registreer.


REGISTRASIE VIR TUIS-ONDERRIG


Die Departement sal die aansoek goedkeur mits hulle tevrede is dat:

* Die registrasie in die belang van die leerder is.
* Die onderwys wat tuis verskaf word, aan die minimum vereistes van die leerplan vir staatskole voldoen.
* Die tuis-onderwys se standaard nie laer is as di van die onderwys wat by 'n staatskool verskaf word nie.
* Die ouers sal hou by enige ander redelike voorwaarde wat deur die Hoof van Onderwys gestel word.

Registrasie kan opgehef word. Voordat dit kan gebeur moet die Hoof van Onderwys:

* Die ouer inlig en redes vir die opheffing gee.
* Die ouers kans gee om verto te rig.

'n Ouer kan appl by die provinsiale Minister van Onderwys aanteken teen 'n weiering om 'n leerder te registreer of die opheffing van 'n registrasie.


DIE BEINDIGING VAN REGISTRASIE VIR TUIS-ONDERRIG

As 'n leerder wat vir tuis-onderrig geregistreer is, later in 'n staat- of onafhanklike skool toegelaat word, moet die ouer die Hoof van Onderwys skriftelik in kennis stel dat die leerder se registrasie vir tuis-onderrig beindig moet word.


VOORSKRIFTE:

Die nodige aansoekvorm, wat by die WKOD beskikbaar is, moet ingevul word.

Die ouer moet die voltooide vorm, saam met 'n afskrif van die leerder se geboortesertifikaat, indien.

Tree vir meer inligting in verbinding met:
Dave Shepherd
Tel: 021 467 2611/13
Faks: 021 467 2996
dshepherd@pgwc.gov.za

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Spesialis- onderwyssteundienste (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Policy for the Registration of Learners for Home Education (Beleid) (net in Engels beskikbaar)
* Riglyne vir Tuisonderrig (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 April 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





