






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Opvoedkundig > Onderwyshulpbronne > Aanlyn Opvoedkundige Hulpmiddele

Aanlyn Opvoedkundige Hulpmiddele




BESKRYWING:

Die WKOD voorsien 'n verskeidenheid hulpmiddele aanlyn aan opvoeders en leerders.


VOORSKRIFTE:


* EduMedia Aanlyn
* Hulpmiddele vir die Leerskoleprojek
* DvO se Hulpmiddelesentrum
* SkoolNet
* WKOD-eksamens Aanlyn

EDUMEDIA AANLYN
Op hierdie WKOD-webwerf is daar 'n winkel en 'n biblioteek aanlyn.

Die winkel bevat 'n katalogus van alle opvoedkundige publikasies wat deur die Departement geproduseer is, en wat aanlyn aangekoop kan word.

Die biblioteek bevat 'n katalogus van internet-hulpmiddele wat vir die opvoeder of leerder van nut kan wees.

WKOD-EKSAMENS AANLYN

Hierdie webwerf bevat vorige eksamenvraestelle vir die Senior Sertifikaat, asook antwoordvoorstelle.
HULPMIDDELE VIR DIE LEERSKOLEPROJEK

Die Leerskoleprojek hou 'n lys van hulpmiddele in stand wat aanlyn beskikbaar is, en wat daarop gemik is om onderrig en leer in skole te verbeter. Dit sluit inligting oor die volgende in:

* klaskamerpraktyk
* algemene assesseringsinstrumente
* die bestryding van stokkiesdraaiery
* eksamenterme ('n woordelys van terme in die drie amptelike tale)
* skoolontwikkeling
* skoolleierskap.

NASIONALE DVO SE HULPMIDDELESENTRUM

Die Hulpmiddelesentrum van die Departement van Onderwys bevat 'n aanlynkatalogus van beskikbare hulpmiddele wat die volgende insluit:
* boeke en tydskrifte
* koerante aanlyn
* nuwe aanwinste
* DvO-publikasies.


Die Hulpmiddelesentrum het ook skakels met die webwerwe van ander biblioteekinligtingsdienste.

SKOOLNET

Die Departement van Onderwys ondersteun die SkoolNet-inisiatief, wat as doel het om gemeenskappe van leerders en opvoeders te help vestig wat van inligting- en kommunikasietegnologie gebruik maak.

Die SkoolNet-webwerf bevat gedetailleerde inligting vir leerders en opvoeders. Hierdie inligting strek vanaf skoolkontak-besonderhede tot by huidige sowel as argiefbewaarde opvoedkundige hulpmiddele.

Opvoedkundige projekte wat deur SkoolNet en sy vennote onderneem word, sluit die volgende in:
* Telkom Supersentrums
* Thintana i-Learn
* WorlD
* I*EARN
* Globale Tiener.

SkoolNet help lidskole ook om hul eie webwerwe en e-posadresse tot stand te bring.

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Spesialis- onderwyssteundienste (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Edumedia Online (Skakel) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Junie 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





