TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Kaapstad Verwelkom Besoekers, Gee Veiligheidswenke
Kaapstad Verwelkom Besoekers, Gee Veiligheidswenke
Die Moederstad het spesiale maatreëls ingestel om te verseker die miljoene vakansiegangers - inwoners en besoekers - 'n veilige vakansieseisoen in Kaapstad geniet.
Die Ramprisikobestuursentrum van die Stad Kaapstad is gereed vir enige gebeurlikheid. Die Metropolitaanse Polisie Diens het spesiale voorsorgmaatreëls getref en verkeersbestuursplanne opgestel vir gewilde besoekpunte.
Brandweerdienste staan gereed gedurende hierdie tydperk van 'rooi gevaar' in die brandseisoen.
Wetstoepassingseenhede het planne reg om die veiligheid van besoekers en Kapenaars aan strande en ander gewilde besoekpunte te verseker, en die Ramprisikobestuursentrum staan gereed met gebeurlikheidsplanne om groot voorvalle te koördineer indien enigiets verkeerd sou loop.
Hoewel die Stad gereed is om noodgevalle te hanteer beteken dit nie dat individue die algemene veiligheidsmaatreëls kan ignoreer nie. Ons het 'n lys eenvoudige veiligheidswenke opgestel wat vakansiegangers kan gebruik om 'n onvergeetlike vankansie in Kaapstad te verseker," sê Wilfred Solomons, Waarnemende Hoof van die Ramprisikobestuursentrum van die Stad Kaapstad.
VEILIGHEID TER SEE
Elke persoon op 'n vaartuig moet 'n reddingsbaadjie dra.
Enige vaartuig moet die vereiste veiligheidstoerusting aan boord te hê, ook noodfakkels.
Wees bewus van die weersomstandighede en hoe vinnig dit kan verander.
Moenie alkohol ter see misbruik nie.
VEILIGHEID IN DIE BERG
Moet nooit op jou eie gaan stap of klim nie.
Vertel altyd vir 'n vriend of famililielid waarheen jy gaan, en wanneer jy terug sal wees.
Bly op gemerkte of bekende roetes.
Sorg dat jy altyd warm klere, kos en vloeistof saamneem.
Respekteer die natuurelemente.
Moet nie in onbekende poele induik sonder om die diepte vas te stel nie.
STRANDVEILIGHEID
Swem net waar daar lewensredders is, en waar borde aandui dat dit veilig is om te swem.
Maak seker die lewensredders kan jou sien.
Swem slegs op plekke waar ander persone in die omgewing is.
PADVEILIGHEID
Wees altyd bedagsaam op die paaie.
Moenie drink en bestuur nie.
Kies 'n toegewysde bestuurder wat nie drink nie.
Gebruik veiligheidsgordels.
Gee voorrang aan voetgangers.
Maak peuters in baba- of kinderstoeltjies vas.
VEILIGHEID VAN MISDAAD
Gaan slegs na plekke waar jy gemaklik en veilig voel.
Soek veiligheid in groepe - maar ken die lede van die groep.
Iemand moet altyd weet waar jy is.
VEILIGHEID BY SWEMBADDENS EN RIVIERE
Moet kinders nooit alleen los nie.
Swemlesse en opblaasvlerkies is geen plaasvervanger vir volwasse toesig nie.
n Kind kan verdrink in die tyd wat dit neem om 'n telefoon te beantwoord of die voordeur oop te maak.
Wys 'n verantwoordelike volwassene aan om kinders gedurende partytjies dop te hou.
By gesellighede kan die aandag maklik van kinders afdwaal wat te naby aan die swembad is.
VEILIGHEID IN DIE BRANDSEISOEN
Geen vure word op enige plek in die Skiereiland bergreeks toegelaat behalwe in spesifiek aangewese gebiede nie.
Moet nie jou brandende sigaretstompie uit jou voertuig gooi nie. Dit is een van die hoof oorsake van brande. Gebruik liewer die asbak in jou voertuig.
Maak seker dat jou braaivuur heeltemal dood is voor jy vertrek. Gebruik water om die smeulende kole te blus.
Tel: 021 400 2201
Tel: 021 597 5000
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Desember 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
