






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Opvoedkundig > Onderwyshulpbronne > E-leerinisiatiewe

E-leerinisiatiewe




BESKRYWING:

Die WKOD is besig om 'n verskeidenheid strategie te implementeer ten einde te verseker dat die provinsie die volle potensiaal van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) in die onderwys benut.

Die WKOD beplan om IKT in die skole te gebruik om:
* die kurrikulum te verwesenlik en te ondersteun
* te help om die vlakke van onderrig en leer in benadeelde skole te verhoog
* opvoeders te ondersteun en op te voed
* die digitale kloof te elimineer
* leerders te bemagtig om deel te word van die wreldwye kennisgemeenskap
* leerders aan te moedig om hulle vir loopbane in die wetenskappe, ingenieurswese en IKT voor te berei
* administratiewe inligting te versamel en te versprei, en te verseker dat alle skole in die provinsie, landelik sowel as stedelik, onmiddellik toegang tot inligting aangaande die kurrikulum en administrasie verkry.

Die 'e-leerstrategie' wat in die Wes-Kaap genmplementeer word, sluit die volgende in:
* Die Khanya-projek vir Tegnologie in die Onderwys, waardeur maniere ontwikkel en genmplementeer word om IKT te gebruik ten einde onderrig en leer in skole te verbeter
* Die Dassieprojek, waardeur maniere ontwikkel en genmplementeer word om onderrig en leer in kolleges vir Verdere Onderwys en Opleiding te verbeter
* Die Telekommunikasieprojek, wat reeds bykans al die skole in die provinsie aan die internet verbind het (die paar oorblywende skole sal verbind word sodra hulle van elektrisiteit voorsien kan word)
* WKOD Aanlyn, wat webgebaseerde inligting en dienste aan leerders, ouers, onderwysers, skooladministrateurs en vennote in die onderwys voorsien
* Die E-kurrikulumprojek, wat besig is om innoverende maniere te ontwikkel waardeur IKT's vir die ontwikkeling, lewering en ondersteuning van die kurrikulum aangewend kan word.



VOORSKRIFTE:

Skakel vir verdere inligting:Mike Chiles
Tel: 021 467 2025/6
Faks: 021 467 2996
Mchiles@pgwc.gov.za

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Inligtings- en Tegnologiese Ondersteuning (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* E-onderrig (Glossary)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Junie 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





