TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Lisensies, Permitte en Sertifikate
Bestuurslisensies
Bestuurslisensies
BESKRYWING:
Alle Suid-Afrikanerbestuurders moet in besit wees van 'n kredietkaartformaatbestuurslisensie. Die kaart word outomaties uitgereik wanneer 'n nuwe bestuurder 'n lisensie ontvang. Die kredietkaartbestuurslisensie verval vyf jaar vanaf die datum waarop dit uitgereik is. Die vervaldatum verskyn op die kaart. Voor die kaart veval, moet u om 'n nuwe kaart aansoek doen.
Aansoek om 'n kredietkaart-rybewys
Die hernuwing van jou kredietkaart-rybewys
Vervanging van bestuurslisensies
VOORSKRIFTE:
AANSOEK OM 'N KREDIETKAART-RYBEWYS
Wanneer u 'n voertuig bestuur, moet u te alle tye u bestuurslisensie by u hê. Slegs persone bo die ouderdom van 18 mag om 'n lisensie aansoek doen. 'n Persoon mag aansoek doen om 'n lisensie om 'n motorfiets (tot 125 cc) te bestuur indien hy of sy bo die ouderdom van 16 is.
Die aansoeker moet die volgende doen:
Toon u identiteitsdokument.
Toon alle lisensies wat u toelaat om 'n voertuig te bestuur.
Voorsien vier identiese foto's van uself.
Betaal die vereiste bedrag.
Die aansoekvorm moet aandui vir watter tipe voertuig die persoon 'n lisensie wil hê (motorfiets, motorvoertuig, minibus, ens.).
Na indiening van die aansoek en die slaag van die oogtoets sal 'n datum vir 'n bestuurstoets vasgestel word.
Die bestuurstoets gebruik die K53-metode en die bestuurseksamineerder sal seker maak dat die kandidaat:
n geldige leerlinglisensie het die padverkeerstekens ken en verstaan n deeglike kennis het van die padreëls en die verskillende seine wat van 'n bestuurder van 'n voertuig vereis word as hy/sy op 'n openbare pad bestuur, en in die algemeen in staat is om die tipe voertuig wat op die aansoek aangedui word te bestuur.
Studiemateriaal is beskikbaar om te help om vir die bestuurslisensietoets voor te berei. Baie mense maak gebruik van die dienste van 'n bestuursinstrukteur.
Nadat die bestuurslisensie geslaag is, sal 'n kredietkaartformaat-bestuurslisensie aan die persoon uitgereik word.
Sodra die lisensie gereed is om afgehaal te word, sal u per pos daarvan verwittig word. Wanneer u die lisensie afhaal, moet u bewys van identiteit kan lewer. 'n Kaart wat nie binne 120 dae afgehaal word nie, sal vernietig word.
Indien 'n ander persoon u bestuurslisensie afhaal, moet die persoon wat die lisensie afhaal die volgende hê:
n gewaarmerkte afskrif van sy/haar identiteitsdokument n gewaarmerkte afskrif van die bestuurder se identiteitsdokument n beëdigde verklaring met die rede waarom die bestuurder nie self die lisensie kan afhaal nie, en ook die naam en identiteitsnommer van die persoon wat die lisensie sal afhaal.
U kan by enige bestuurstoetssentrum om 'n redietkaartformaatlisensie aansoek doen.
Aansoekgeld: R100.00
DIE HERNUWING VAN JOU KREDIETKAART-RYBEWYS
Jou kredietkaart-rybewys is net vyf jaar lank geldig en moet daarna hernu word. Die vervaldatum verskyn op jou rybewys. Jy sal ook per pos 'n hernuwingskennisgewing kry.
Jy kan jou rybewys te enige tyd voordat dit verval, hernu. Die nuwe rybewys sal vyf jaar lank van die datum van hernuwing af geldig wees.
Om jou rybewys te hernu moet jy die aansoekvorm by jou naaste Rybewystoetssentrum invul. Neem:
jou huidige rybewys jou ID
swart-en-wit ID-foto's saam.
Voor jou rybewys hernu kan word, sal jy jou vingerafdrukke moet laat neem en 'n oogtoets moet ondergaan. As jou sig agteruitgegaan het vandat jou rybewys uitgereik is, kan nuwe beperkings aan jou rybewys geheg word. Daar kan byvoorbeeld vereis word dat jy 'n bril moet dra wanneer jy bestuur. As jy jou oogtoets heeltemal dop, sal jou rybewys nie hernu word nie.
Jy sal nie weer 'n bestuurstoets hoef te ondergaan nie.
Suid-Afrikaners wat oorsee is wanneer hulle rybewys verstryk kan dit eers hernu wanneer hulle terug is in die land. Daar is op die oomblik geen boetes vir mense wat laat is met hulle hernuwings nie. As boetes egter eers ingestel is, sal mense wat nie in staat was om hulle rybewyse te hernu nie, om kwytskelding van die boete aansoek moet doen.
Dit kos R100.00 om 'n rybewys te hernu.
VERVANGING VAN BESTUURSLISENSIES
Indien u bestuurslisensie verlore raak, of gesteel of vernietig word, kan u om vervanging daarvan aansoek doen.
n Tydelike permit sal aan u uitgereik word wat vir ses maande of totdat die vervangingslisensie uitgereik word geldig is, watter datum ook al eerste aanbreek.
Om aansoek te doen om 'n vervangingslisensie, moet u vorm TDL by enige bestuurslisensietoetssentrum invul.
U moet ook die volgende verskaf:
u identiteitsdokument vier foto's.
Dit kos R40 vir 'n tydelike lisensie en R100 vir die nuwe kredietkaartformaatlisensie.
VERSKAF BY:
Bestuurslisensietoetssentrums
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Aansoeke om Leerlinglisensies (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 Januarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
