






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Opvoedkundig > Kurrikulum- en NKR-Ontwikkeling > Inligting oor die Kwalifikasies en Eenheidstandaarde van die NKR

Inligting oor die Kwalifikasies en Eenheidstandaarde van die NKR




BESKRYWING:


WAT IS DIE NKR?
Die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) is die stelsel waarvolgens die vlakke van leerprestasie aangeteken word ten einde te verseker dat die vaardighede en kennis wat opgedoen is, oor die hele land erken word.

Daar is agt vlakke in die NKR. Hierdie vlakke word in drie bande ingedeel:

* algemene onderwys en opleiding
* verdere onderwys en opleiding
* hor onderwys en opleiding.

KWALIFIKASIES EN EENHEIDSTANDAARDE

'n Kwalifikasie is 'n formele erkenning van die feit dat 'n bepaalde leerproses voltrek is. Onderworpe aan die goedkeuring van die SAKO kan 'n kwalifikasie op 'n gespesifiseerde vlak binne die NKR geregistreer word. Wanneer 'n geregistreerde kwalifikasie met welslae voltooi is, word 'n bepaalde aantal krediete toegeken.

Jy kan die databasis van SAKO-geregistreerde kwalifikasies deursoek ten einde vas te stel watter kwalifikasies vir elke vlak beskikbaar is, hoeveel krediete hulle werd is, en wie die diensverskaffers is wat hierdie opleiding voorsien.

Eenheidstandaarde word ook op spesifieke vlakke by die NKR geregistreer. Jy kan ook krediete vir eenheidstandaarde wat met welslae voltooi is, laat oploop tot 'n uiteindelike kwalifikasie.
Jy kan die databasis van SAKO-geregistreerde kwalifikasies deursoek ten einde meer aangaande eenheidstandaarde uit te vind.

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

SA Kwalifikasie-owerheid





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* NQF: An Overview (Openbare Inligting) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 17 Julie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





