TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
OPSOMMING
Dié artikel gee ouers inligting oor Skoolbeheerrade: wat dit is, wat hulle doen en wie deelneem. Dit sit ook ouers se rolle en verpligtinge uiteen in die bestuur van die skool.
Wat is 'n Skoolbeheerraad?
Wie neem deel aan die SBR?
Wat is die funksies van die SBR?
WAT IS 'N SKOOLBEHEERRAAD?
Die Skolewet sê almal wat 'n belang het by onderwys moet verantwoordelikheid aanvaar vir die organisering van skole, en wys daarop dat ouers en lede van plaaslike gemeenskappe dikwels die beste inligting het oor wat 'n skool regtig nodig het en watter probleme ondervind word. Dit is hoekom elke staatskool 'n beheerraad moet hê.
Elke Skoolbeheerraad (SBR) het beheer oor die bestuur van die skool. In ?n skool wat geregistreer is as 'n artikel 21-maatskappy, is die SBR ook verantwoordelik vir die skool se geldsake.
WIE NEEM DEEL AAN DIE SBR?
die skoolhoof verkose verteenwoordigers (ouers, onderwysers, ander personeellede en leerders in graad 8 of hoër)
opsionele gekoöpteerde lede wat nie stemreg het nie (byvoorbeeld lede van die gemeenskap, of die eienaar van die skoolterrein).
Jy kan ander ouers op 'n SBR verteenwoordig as jy genomineer is en ouers vir jou gestem het. Die meerderheid stemgeregtigde lede van die SBR moet ouers wees.
Die skoolhoof sal ouers inlig oor SBR-verkiesings.
WAT IS DIE FUNKSIES VAN DIE SBR?
Die beheerliggaam moet:
Besluit oor 'n toelatingsbeleid vir die skool.
Besluit oor die taalbeleid van die skool.
Besluit oor watter godsdienspraktyke by die skool gevolg sal word.
n Gedragskode aanvaar vir leerders wat dissiplinêre prosedures uiteensit.
Al die besluite en beleide moet ooreenstem met nasionale beleid.
n Grondwet aanvaar wat uiteensit hoe die SBR sal werk.
n Skoolmissieverklaring opstel wat die waardes en oortuigings van die skool uiteensit.
Besluit hoe lank die skooldag sal wees.
Die skool se eiendom, geboue en terrein bestuur.
Aanbevelings maak oor die aanstelling van onderwysers by die skool.
Daarby kan 'n skoolbeheerraad enige van die volgende pligte gegee word:
die skool se eiendom, geboue en terrein onderhou en verbeter besluit oor die buiteskoolse leerplan en die keuse van vakke kragtens die provinsiale leerplanbeleid handboeke, onderwysmateriaal en/of toerusting vir die skool aankoop betaal vir dienste aan die skool.
Die WKOD steun SBR're deur hulle in te lig oor hulle verantwoordelikhede en opleiding te verskaf in finansiële bestuur.
KAN JY 'N Sê Hê IN DIE BESTUUR VAN DIE SKOOL AS JY NIE OP DIE SBR DIEN NIE?
Alle ouers wie se kinders by die skool geregistreer is het regte en verantwoordelikhede. Selfs as jy nie verkies is op die skoolbeheerraad nie, het jy nog die reg om betrokke te wees by die sake van die skool deur ouervergaderings by te woon.
Jy het ook die reg om deur onderwysers of die skoolhoof geraadpleeg te word oor die skoolbedrywighede van jou kind. Die skoolhoof en die onderwysers by die skool moet jou inlig oor die gedrag, bywoning en leerproses van jou kind.
Skakel vir meer inligting:
Tel: 021 467 2611/13
Faks: 021 467 2996
Of skakel jou skoolgebaseerde ontwikkelingsraadgewer by jou plaaslike OBOS.
VERWANTE INLIGTING
Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 Maart 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
