TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Kwelvrae oor MIV en Vigs 
Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
Vraag: My suster het pas teenretrovirale middels begin neem en ek is bekommerd omdat ek dink dat ek dalk self binnekort dit sal moet begin neem. Sy het vir my gesê dat haar Berader gesê het dat almal wat dié middels neem, altyd kondome moet gebruik. Hoekom?
Antwoord: Wat jou suster sê is waar. As jy nie altyd 'n kondoom gebruik nie, bestaan die moontlikheid dat MIV-stamme kan ontwikkel wat middel-weerstandig is. Dit beteken dat die middels nie meer teen die virus sal werk nie.
Die virale lading sal toeneem en die CD4-selle (witselle) wat ons immuunstelsel vorm, sal begin afneem. Dié toestand sal tot 'n middel-weerstandige stam lei en die virus sal meer van homself kan skep. As dit gebeur, sal die medisyne nie meer doeltreffend wees nie.
Die weerstandige stam sal dan sterker word en in die liggaam vermeerder. Weerstand teen een middel (omdat kondome nie gebruik word nie) kan ook keer dat ander klasse van dwelms werk.
As jy nie jouself verbind om kondome altyd en reg te gebruik nie, kan jy die mense met wie jy onbeskermde, penetrasie-seks het, besmet met die middel-weerstandige stam van die virus. Dit beteken dat die mense wat jy dalk besmet het, nie in staat sal wees om die middels te neem wanneer hulle reg is om dit te doen nie, selfs al het hulle nie vantevore TRV's geneem nie, omdat hulle begin het met middel-weerstandige stamme.
Wanneer iemand gereed is om met TRV-terapie te begin, moet die persoon na die TRV-kliniek gaan om die dokter te spreek, wat na 'n beoordeling sal besluit of die persoon se gesondheid Teenretrovirale terapie regverdig. Die dokter sal die persoon dan na die Berader verwys.
Die Berader sal tyd privaat saam met die persoon deurbring en alles verduidelik oor die TRV-middels, soos volharding, dieet, 'n positiewe lewenstyl, ens. Die Berader sal ook al die kliënt se vrae oor TRV-terapie beantwoord.
Dit sal ook daarna nodig wees dat die persoon groepsessies volgens die aanbeveling van die Berader moet bywoon. Dit beteken nie dat van jou verwag sal word om jou persoonlike kwessies in die teenwoordigheid van ander mense te bespreek nie, maar dit stel jou in staat om in 'n veilige omgewing te leer oor baie kwessies oor TRV's.
Na die groepsessies sal daar ander indiwiduele (van aangesig tot aangesig) beradingsgeleenthede met die Berader wees, waar persoonlike kwessies en moontlike probleme met TRV's privaat bespreek kan word.
Tussen dié verskeie sessies staan dit 'n kliënt vry om met die Berader in verbinding te tree as probleme sou opduik, of die probleme te doen het met kwessies soos kondoomgebruik of enigiets anders oor TRV's.
Of jy gereed is om met TRV-middels te begin of nie, is dit nodig dat jy toegewy moet wees aan die volgehoue gebruik van kondome. Jou besluit om dit te doen sal nie net tot die gemeenskap se voordeel wees nie, maar wat net so belangrik is, is dat dit jou nou en in die toekoms sal beskerm teen die opdoen van weerstandige stamme van die virus.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Kwelvrae oor MIV en Vigs
Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
