TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
OORSIG
DIENSTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KONTAK
BRON: Ministerie van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die doel van Swangerskap Opvoedingsweke is om kennis oor te dra aan swanger vroue, hul metgeselle, gesinne en die breër gemeenskap van hoe om 'n veilige swangerskap vir beide die moeder en die baba te hanteer.
Ons konsentreer op die welstand van beide moeder en kind deur vroeë bespreking, vroeë bewuswording van gevaartekens en vroeë ingryping" sê min Uys. Suid-Afrika en die Wes-Kaap het 'n hoë kinder en moeder sterftesyfer. Landwyd is dit 12 keer hoër as die gemiddelde vir die res van die Westerse wêreld. Die geskatte kraamsterftes in Suid-Afrika is 175 vir elke 100 000 geboortes. In die Wes-Kaap is dit 77 vir elke 100 000 geboortes. Deur bewustheidsweke soos hierdie probeer ons die sterftesyfer verlaag" sê Uys.
Uys sê vroue moet nie slegs 'n gesonder lewensstyl tydens swangerskap nastreef nie, maar moet ook baie versigtiger as normaalweg wees. Hy het die volgende advies aan swanger vroue gegee :
Besoek u naaste kliniek of dokter sodra u bewus is van u swangerskap.
Bespreek vroegtydig en laat u gereeld ondersoek.
Wees besorg oor uself - u voeding is belangrik, asook oefeninge tydens swangerskap.
Alkohol misbruik en rook kan ongebore babas skade berokken. Vermy dit tydens en na die geboorte van u kind.
Ken u en u maat se MIV-status - doen navraag of kry berading en toetsing by u naaste kliniek.
Bespreek die wenslikheid van geboortebystand by u plaaslike kliniek.
Bespreek en beplan voedingsopsies met kliniese personeel.
Ken die gevaartekens tydens swangerskap en soek dadelik hulp by u plaaslike dokter of kliniek wanneer spesifieke tekens voorkom.
Van die tekens is:
Vaginale bloeding
Hoofpyne
Sterretjies sien of onduidelike visie
Geswelde hande en voete of gesig
Stuipe
Koors
Bleekheid en moegheid
Moeite met asemhaling
Laer bekken pyne
Baba wat nie goed skop nie
Die metgesel van 'n swanger vrou moet ook van sy verantwoordelikhede bewus wees en nie sy verpligtinge verontagsaam nie" het Minister Uys gesê.
Navrae:
Tel: 021 483 2627
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 Junie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
