TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Ekonomiese Deelname
Die RED-deur - Ware Ondernemings-ontwikkelingsinisiatief
DIE RED-DEUR - WARE ONDERNEMINGS-ONTWIKKELINGSINISIATIEF: OORSIG
OORSIG
DIENSTE
PUBLIKASIES
FASILITEITE
KONTAK
WARE ONDERNEMINGS-ONTWIKKELINGSINISIATIEF  (RED) 
HOOGTEPUNTE
AANLYN SAKEGEREEDSKAPSTEL
Stig Jou Eie Besigheid Pak
Bronne vir Klein Ondernemings
Biblioteek Sakehoekies Toerisme Sake-ontwikkeling
Die RED-deurprojek is 'n inisiatief van die  KMMO-ontwikkelingsubdirektoraat binne die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme. Die subdirektoraat beoog om die ontwikkeling van kein en/of swart-besitte ondernemings te bevorder.  
Wat is die RED-deur?
Hoe kan die RED-deur jou help?
Aanlyn RED-deur Kleinsakegereedskapstel
Die storie agter RED-deur
WAT IS DIE RED-DEUR?
Die RED-deur is 'n eenstop kantoor vir  nuwe en bestaande ondernemings wat soek na bystand en raad, van die mees basiese tot die mees gesofistikeerde. Ons oogmerk is om:
Nuwe ondernemings in alle gebiede te help bou;
Bestaande besighede te help versterk en te ontwikkel; en
Die eienaarskapbasis van swart ondernemings te verbreed.
RED-deursentrums is maklik om by uit te kom in die meeste groot geneemskappe en dorpe in die Wes-Kaap. Ons praat Afrikaans, Engels en Xhosa en ons kundige, vriendelike personeel sal nou met jou saamwerk om jou onderneming se behoefte te ontleed en dan 'n gepasde aksieplan te ontwikkel. 
HOE KAN DIE RED-DEUR JOU HELP ?
Ons kan jou help om:
n Sakeplan te skryf
Die swakplekke in jou onderneming uit te ken en reg te maak
Toegang te kry tot finansiering
Bekostigbare steun te kry van ons netwerk van sakediensverskaffers
Rekenmeesters en prokureurs in die hande te kry 
Jou sakevernuf te verbeter
Leer hoe om aansoek te doen vir en regeringstenders te kry  
Uit te vind oor regeringsaanmoedigingskemas
Uit te vind oor kliëntverhoudings, bemarking en navorsing
Leer oor in- en uitvoer
Ons bied ook geriewe soos:
Internettoegang
Klein konferensiekamers
Volgehoue toegang tot mentors
Gemeenskapsentrepreneurskap-uitreikprogramme aan die jeug, vroue, ontluikende boere en   mense met gestremdhede.
BRONNE VIR KLEIN ONDERNEMINGS
Stig Jou Eie Besigheid Werkspak
Steun vir Klein Ondernemings
Hoe om te Tender vir Regeringskontrakte
DIE STORIE AGTER RED-DEUR
Oor die wêreld is klein ondernemings 'n groot deel van die ekonomie. In ontwikkelde lande dra klein ondernemings tot 60% tot die BBP by; in Suid-Afrika dra klein ondernemings net omtrent 35% tot die BBP by. Deel van die rede daarvoor is dat in vergelyking met soortgelyke ontwikkelende lande soos Brasilië en Indië, die oorlewingskoers van klein ondernemings in Suid-Afrika laag is. Dieselfde geld vir die vlak van entrepreneurskap.
Kleinsakesteundienste is broodnodig; maar in die verlede was dit dikwels gefragmenteerd. In sommige gebiede was daar baie duplikasie van dienste, terwyl daar in ander gebiede, veral op die platteland, hoegenaamd geen steundienste was nie. Die RED-deur adviessentrums is gestig om steundienste te koördineer en seker te maak dat hulle maklik beskikbaar is, wanneer en waar hulle nodig is.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Augustus 2008 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
