TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Beurse
Toerismebeurse
Toerismebeurse
BESKRYWING:
Watter Beurse in Toerime bied die Provinsiale Regering aan?
Wat Dek die Beurs?
Sal Ek Enigiets Moet Terugbetaal of -werk?
Wie Kan Aansoek Doen om 'n Beurs?
Hoe Kan Ek Aansoek Doen?
Waar Kan Ek Meer Inligting Kry?
Watter Beurse in Toerisme bied die Provinsiale Regering Aan?
Die Provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme bied oor die algemeen twee beurse vir voltydse studie aan, mits daar 'n behoefte aan die vaardighede in die provinsie is. Die beurse is:
Diploma in Toerismebestuur en -gasvryheid ('n drie-jaar kursus by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie)
Die Breedekloof Wyn- en Toerismebeurs ('n vyf-jaarkursus aan die Universiteit van Stellenbosch, aangebied in samewerking met ondernemings in die private sektor)
Wat Dek die Beurs?
Die Technikonbeurs dek klasse, terwyl die beurs aan die Universiteit van Stellenbosch klasse, boeke, toerusting, verblyf en kos dek.
Sal Ek Enigiets Moet Terugbetaal of -werk?
Nee. Dié is nie terugwerkbeurse nie, en jy hoef ook nie enige geld terug te betaal nie.
Wie Kan Aansoek Doen om 'n Beurs?
Om aansoek te doen vir een van die beurse moet jy:
n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner wees n Inwoner van die Wes-Kaap wees
In staat wees om geldelike behoefte te bewys
Verkieslik van 'n geskiedkundige benadeelde agtergrond wees
Aanvaar wees vir studie aan die betrokke tersiêre instelling
Hoe Doen Ek Aansoek?
Die Departement keur aansoekers uit die lys van studente wat geregistreer is vir die betrokke kursus. Keuring vind gewoonlik plaas in Februarie of Maart van die eerste akademiese jaar,
As jy dink jy kom in aanmerking vir die beurs kragtens die bogenoemde voorwaardes, skakel jou instelling se beurskantoor.
Waar Kan Ek Meer Inligting Kry?
Skakel Elton Gordon by die Provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme:
Tel: 021 483 9136
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Toerismebevordering en -ontwikkeling vir Kaapstad (Diens)
Toerisme-hulptoonbank vir entrepreneurs (Diens)
Die Toerisme-ondernemingsprogram (TOP) (Diens)
Registrasie as Toergids (Diens)
Beurse (Dienste)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 17 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
