






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Nuus > Kom ons maak musiek!

Kom ons maak musiek!


13 Januarie 2006
BRON: Ministerie van Kultuursake, Sport en Ontspanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)







Kom ons maak musiek!

Die Departement van Kultuursake en Sport wil n proses van stapel stuur om n Hulpbronkantoor vir Musikante op te rig wat sal kyk na aangeleenthede wat professionele uitvoerende kunstenaars raak.

Almal wat by die musiekbedryf betrokke is of betrokke wil raak, word genooi om inligting asook gegewens te verskaf ten einde n provinsiale databasis saam te stel, wat deur die Hulpbronkantoor vir Musikante bestuur sal word.

Diegene wat op die databasis geregistreer is, sal na die Provinsiale Musiekkonferensie in 2006 genooi word, om daarna n diensraamwerk en bekendstellingsplan vir die Hulpbronkantoor tot stand te bring.

Is jy?

* Enigsins betrokke by Afrika-musiek (tradisioneel en kontemporr)/jazz/ klassieke musiek/ opera/ koormusiek/ hip-hop/ reggae/gospel/ rap/ kwaito/ rhythm and blues/ Kaapse Klopse/Goema-musiek
* n platejoggie (DJ)/ klankingenieur/ ateljeemusikant/ tegnikus
* n musieknavorser/-onderwyser/-dosent/-vervaardiger/dirigent/komponis/onafhanklike musiekskool
* n promotor/agent/bestuurder?

Organisasies en individuele musiekpraktisyns wat in enige van hierdie kategorie en genres val, moet die volgende inligting verskaf:

1. Volle naam en van
2. Spesialisgebied in die bedryf
3. Kontakbesonderhede, soos posadres, e-pos en telefoonnommer/s
4. Werkstatus in die bedryf: voltyds of deeltyds
5. Melding van internasionale netwerke (spesifiseer)
6. Persoonlike inligting, soos geslag en ID-nommer

Alle inligting moet gerig word aan: Die Departementshoof: Kultuursake en Sport,
Privaatsak X9067, Kaapstad 8000.

Rig asseblief alle navrae aan Lindsay Jeptha by tel. (021) 483-9722, faks (021) 483-9711, Sel 072 875 0233 of e-pos: ljeptha@pgwc.gov.za of skakel Mziwandile Made by tel. (021) 483-9665 of faks (021) 483-9711. Navrae kan ook gerig word aan Zonwabele Mithi by 083 2100 872 of Nuraan Vallie by 082 2937 454 of (021) 483-9729.

Registrasie sluit op 20 Februarie 2006.

Registrasievorms is beskikbaar by ons kantore. Inligtingsessies sal by sekere gemeenskapsentrums aangebied word - skakel asseblief vir verdere inligting.

LET WEL: Die databasis sal gebruik word om doeltreffende inligting te verskaf aan musiekpraktisyns en belanghebbendes in die musiekbedryf om die musiekbedryf te struktureer en gelyke toegang tot die bedryf se hulpbronne te verseker. Die databasis sal help met die identifisering, koestering en ontwikkeling van jong talent om uit te styg as die musiek-ikone en -ambassadeurs van die toekoms.
IN SAMEWERKING MET DIE TUSSENTYDSE DRUKGROEP VIR MUSIKANTE



Department of Cultural Affairs and Sport
Departement van Kultuursake en Sport
Isebe Lemicimbi yeNkcubeko NeMidlalo







This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Musician Database Registration Form (Vorm) (File type: pdf; size: 78 KB) (net in Engels beskikbaar)

NUUSARGIEF


2009:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN     

2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





