TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
Verklaring deur Provinsiale Gesondheidsminister Pierre Uys insake die Verstewiging van Tuissorgdienste in die Wes-Kaap
Verklaring deur Provinsiale Gesondheidsminister Pierre Uys insake die Verstewiging van Tuissorgdienste in die Wes-Kaap
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BRON: Ministerie van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die belangrike rol wat tuissorg in die Wes-Kaap se gesondheidsdienste vervul is vandag weereens beklemtoon deur min. Uys tydens sy besoek aanCitrusdal se tuissorgwerkers.
Tuissorg verleen basiese verpleegsorg deur formele en informele versorgers aan siek mense in hul eie huise. Die program is ook daarop gemik om pasiënte se maksimum gesondheid- en gemaksvlakke te verseker, asook versorging tot en met 'n waardige dood.
Minister Uys sê die diens is beskikbaar aan mense met geestelike, fisiese, emosionele en maatskaplike behoeftes. Die Departement se doelwit is om reeds voor Kersfees 2005 tuissorgdienste aan meer as 9 000 pasiënte op alle gesondheidvlakke, waarvan 3 500 terminale pasiënte is, te verleen. Mense wat vir tuissorg kwalifiseer sluit in die wat beroertes gehad het , HIV en Vigs-lyers, fisiek of geestelik gestremdes, verswakte bejaardes en terminale siekes in.
Tuissorg is nie n 24-uur diens wat die familie as die primêre versorger wil vervang nie, maar is bedoel om ondersteuning te bied en verligting te bring" sê Uys.
Tuissorg is ook 'n belangrike deel van gemeenskapssorg wat verseker dat verbruikers toegang het tot nabygeleë versorgingsdienste. Sulke dienstebemoedig deelname van mense in die onmiddellike omgewing, bemoedigtradisionele gemeenskapsbetrokkenheid en voorsien in die behoeftes vanmense.
Tuisversorgers van verskeie organisasies het almal 'n tuissorgkursus voltooi wat deur die Departement van Gesondheid bestuur word. Voortdurende indiens opleiding word deur die Departement verskaf om bevoegdheid te verseker.
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
