TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Regering en Demokrasie
Munisipale of Plaaslike Regering
Munisipale Dienste
Munisipale Belasting
Munisipale Belasting
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Munisipaliteite is daarvoor verantwoordelik om basiese dienste te verskaf aan almal wat binne hulle regsgebied woon. Hierdie dienste sluit die volgende in:
Watervoorsiening
Versameling en wegdoen van riool
Vullisverwydering
Voorsiening van elektrisiteit en gas
Bou en instandhouding van munisipale paaie
Stormwaterdreinering
Straatbeligting
Munisipale parke en ontspanning.
Om hierdie dienste te kan lewer, hef die Munisipaliteit belastings op inwoners. Daar is verskillende soorte belasting, insluitende:
eiendomsbelasting;
heffing op water;
heffing op elektrisiteit.
WATER EN ELEKTRISITEIT
Hierdie belasting hang af van jou water- en elektrisiteitsverbruik. Jy sal 'n maandelikse rekening ontvang wat toon hoeveel jy verskuldig is.
Vir meer inligting hieroor, skakel met jou plaaslike munisipaliteit.
EIENDOMSBELASTING
Eiendomsbelasting:
is belasting op die eienaarskap van eiendom (grond en geboue);
is gebaseer op die markwaarde van die eiendom;
word gebruik om te betaal vir verskeie dienste wat deur munisipaliteite gelewer word.
Eiendomsbelasting word betaal deur eienaars van alle soorte vaste eiendom, insluitende kommersiële, industriële, residensiële, landbou- en staatseiendom.
Eiendomsbelasting is gebaseer op die munisipale waarde van jou eiendom. Eiendomsbelasting word plaaslik bepaal, ingevorder en gebruik. Dit beteken dat die koerse van gebied tot gebied wissel en dat die geld in jou munisipale gebied bestee word.
Die munisipale waarde van jou eiendom word bereken aan die hand van die markwaarde van die eiendom, wat grond en verbeterings insluit. Die waardasies word gedoen deur professionele, onafhanklike waardeerders wat by die Suid-Afrikaanse Raad van Waardeerders geregistreer is, wie se werk is om seker te maak dat alle eiendomme billik en objektief gewaardeer word.
Sodra jou eiendom gewaardeer is, kan jy jou waardasie ondersoek en daarteen appelleer as jy voel dit is onredelik.
Jou belastingrekening toon die totale bedrag wat jy vir die jaar moet betaal.
VOORSKRIFTE:
Om uit te vind wat die belastingkoerse in jou gebied is en wanneer en waar dit betaal moet word, skakel jou plaaslike munisipaliteit.
Die provinsiale Departement van Plaaslike Regering is daarvoor verantwoordelik om plaaslike owerhede by te staan om die toepaslike wette te vertolk en toe te pas.
Vir meer inligting kan jy in verbinding tree met:
Tel: 021 483 4509
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit
Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit
Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
