TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Polisie
Hoe om hulp in 'n noodgeval te ontbied
Hoe om hulp in 'n noodgeval te ontbied
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
GELEENTHEDE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Tydens 'n noodgeval kan jy telefonies hulp ontbied. 'n Enkele gratis noodnommer na een oproepsentrum vir die hele Suid-Afrika word tans in werking gestel. Wanneer die oproepsentrum gereed is, sal jy 112 kan skakel vir enige noodgeval op enige plek in Suid-Afrika. Jy kan reeds 112 op enige selfoon bel en jy sal met jou selfoonnetwerk se noodoproepsentrum verbind word.
Die staat se 112-oproepsentrum word eers gedurende 2003 in gebruik geneem. Dit sal aanvanklik slegs in die Wes-Kaap beskikbaar wees en oor 'n tydperk van drie jaar oor die hele land uitgebrei word. Wanneer die 112-oproepsentrum gereed is, sal jy ook noodoproepe deur middel van e-pos of teksboodskappe (SMS'e) kan stuur.
Tans moet jy egter verskillende nommers skakel vir verskillende staatsnooddienste, tensy jy in die Stad Kaapstad se metropolitaanse gebied is, wat reeds sy eie enkele noodnommer het.
VOORSKRIFTE:
Vir 'n noodgeval wat polisiereaksie verg, moet jy 10111 bel. Vir 'n noodgeval waarvoor 'n ambulans ontbied moet word, moet jy 10177 bel. In albei gevalle moet jy kan sê waar jy is en waarom jy die noodrespons verlang. Albei nommers kan gratis geskakel word.
In die Stad Kaapstad se metropolitaanse gebied kan jy 107 skakel (kosteloos per landlyn of openbare foon) vir ENIGE noodgeval of ramp. Jy moet die aard van die noodgeval (brand, bergredding, verkeersongeluk, misdaad, ens.) verskaf en die operateur sal verseker dat die regte nooddiens jou kom help. Jy moet ook kan sê waar die noodgeval is.
Jy kan nie die 107-nommer met 'n selfoon bel nie. Om Kaapstad se enkele noodnommer met 'n selfoon te bel, skakel 021 480 7700. Normale selfoontariewe geld.
Indien jy egter met 'n selfoon bel, kan jy 112 skakel, dan sal jy met jou selfoonmaatskappy se noodoproepsentrum verbind word. 'n Selfoonoproep na 112 is gratis en kan selfs gemaak word al het die selfoon nie meer beltyd nie (dit behoort ook moontlik te wees selfs al het jy nie 'n SIM-kaart nie). Noodoproepe kry voorkeur en indien die netwerk beset is, sal ander oproepe afgesny word om jou noodoproep te beantwoord. Die netwerke moet, kragtens hul lisensies, hierdie toegang tot vyf nooddienste (brand, ambulans, polisie, seeredding en verkeer) verskaf.
Die selfoonnetwerke het ook verskillende spesiale nooddienste wat jy afgesien van of as deel van 'n 112-oproep kan skakel. Vind by jou netwerk (Cell C, MTN of Vodacom) uit wat hierdie nommers is. Let asseblief daarop dat, hoewel die oproepe op hierdie netwerke gratis is, jy self sal moet betaal vir enige van die mediese of ander dienste wat verskaf word deur die private maatskappye wat verbind word met die netwerke wat jy moontlik gebruik.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gemeenskapsveiligheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Mediese Noodvervoer en Redding (Diens)
Stad Kaapstad Openbare Noodkommunikasiesentrum (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Februarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
