Minister Maan Pluimveeboere Om Hoenders Teen Newcastlesiekte In Te Ent
Minister Maan Pluimveeboere Om Hoenders Teen Newcastlesiekte In Te Ent uNovemba 2005
Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Cobus Dowry, het 'n dringende versoek aan pluimveeboere gerig om te verseker dat hulle hoenders teen Newcastlesiekte ingeent is. Hy sê dat alhoewel die siekte in die provinsie nog slegs by Murraysburg, Knysna en Napier geisoleerde vrektes in pluimvee veroorsaak het, dit nie 'n rede is om oorgerus te raak nie. Hy het veral sy bekommernis uitgespreek dat uitbrekings van die siekte in nie-geente hoenders 'n wesentlike gevaar en bedreiging kan inhou vir groot kommersiële hoenderboerderye asook die volstruisbedryf. Die provinsie is die grootse uitvoerder van volstruisvleis in die wêreld terwyl hoendervleis in groot getalle na Namibië en ander SAOG lande uitgevoer word. Dowry het ook 'n tydige waarskuwing gerig oor die verhoogde risiko vir verspreiding van die siekte wat gewoonlik met die naderende feesgety gepaard gaan. Dit is gewoonlik hierdie tyd van die jaar wanneer uitskothoenders vanaf kommersiële lê eenhede vir verkope aangebied word. Hierdie uitskothoenders is baie gesog by verbruikers wat 'n voorraad vir die Kerstyd begin opbou maar kan hulle ongelukkig ook meehelp om die siekte te versprei weens die toename in beweging van hoenders vanaf moontlik besmette plase. Hy het weer beklemtoon dat dit nie net baie noodsaaklik is nie maar dat dit ook 'n wetlike verpligting is om enige verdagte geval van Newcastlesiekte by hoenders dadelik by die naaste staatsveearts of dieregesondheidtegnikus aan te meld.
Die Hoofdirekteur Veeartsenydiens in die Provinsie, dr. Gideon Brückner sê dat die Departement Landbou gebeurlikheidsplanne gereed het om vinnig op te tree om die siekte te diagnoseer en te beheer. Hy sê dat samesprekings ook met die belangrikste groot hoenderprodusente en enstofvervaardigers gehou is om stappe te bespreek om die hoenderbedryf te beskerm. Daar is eenparig deur County Fair, Tydstroom, en Rainbow hulp aangebied met die gratis voorsiening van entstof en inenting van hoenders rondom die gebiede waar hulle groot produksie eenhede geleë is. Besonderhede hieroor kan vanaf die subdirektoraat Dieregesondheid by Elsenburg verkry word telefoonnommer 021
Navrae:
