TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BRON: Ministerie van Landbou (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die ontydige dood van Ricardo Mowries, wie Maandagaand beswyk het nadat hy deur 'n lem van n baalmasjien getref is, word deur die hele Landbou gemeenskap betreur. Namens die Regering van die Wes-Kaap en die Departement van Landbou, vir wie elke werker se lewe kosbaar is, wil ek my meegevoel aan die familie en naasbestaandes betuig. U verlies is ook ons verlies.
Ek het reeds 'n verslag van die Departement van Arbeid in Worcester aangevra oor die voorval en sal meer omvattend oor die voorval reageer sodra die amptelike besonderhede bekend is.
Die veiligheid van werkers in die werkplek is vir alle rolspelers binne landbou van groot belang. Hierdie aangeleentheid geniet ook in besonder aandag in die Strategiese Plan wat die Departement opgestel het na afloop van die plaaswerker indabas wat die afgelope jaar plaasgevind het.
Tel: 021 483 4930
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 20 Oktober 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
