






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > I &gt Inenting is Veilig

Inenting is Veilig



2004

Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)



OPSOMMING

Die inligtingstuk sit die maatrels uiteen wat getref word om te verseker dat inenting veilig is.





INENTING IS VEILIG
UPI(SA) INLIGTINGSTUK

* Inleiding
* Siektelas Teenoor Risiko
* Entmiddelveiligheid en -gehalte
* UPI(SA)-entmiddels
* Inenting-veiligheidprojek
* Rolle en Verantwoordelikhede
* Uitdagings
* Kontakbesonderhede


1. INLEIDING

Toe die Wreldgesondheidsorganisasie (WGO) in 1974 met hulle inentingsprogramme begin het, was minder as 5% van die wreld se kinders ingent. Ses-en-twintig jaar later het dit toegeneem tot 75% van kinders. Miljoene der miljoene kinders se lewens is gered en die las van inenting-voorkombare siektes is aansienlik verlig. Terwyl baie siektes uit die openbare oog verdwyn het, word die debat oor die veiligheid van inenting, ten spyte daarvan, nog heftig gevoer.

'n Gebrek aan openbare vertroue in inentingsprogramme het uitgeloop op 'n gepaardgaande afname in inent-dekkingsvlakke (in sommige lande met 25% teen die middel van die 1990s).

Wreldkommunikasie, toenemende verbruikersbewustheid, groter wetenskaplike kennis en 'n oper debat oor gesondheidsake het alles bygedra tot groter openbare bestudering van gesondheidsorgkwessies en meer skeptisisme oor die inherente waarde van inenting.

2. SIEKTELAS TEENOOR RISIKO

Klem op Negatiewe Voorvalle na Inenting (NVNI) eerder as op lewens wat gered is en 'n ligter siektelas, het bygedra tot die aanblaas van emosionele reaksies sonder dat die feite noodwendig opgeweeg word. Die aantal groepe wat aktief inligting en kennis oor die gevare en voordele van medisinale produkte inwin het floreer met een openbare gesondheidskrisis wat tot 'n ander gelei het.

Entmiddelverwante negatiewe voorvalle het openbare aandag en kritiek uitgelok. Dit lyk asof die openbare fokus verskuif het van die akute gevaar van dodelike siektes tot langertermyn kommer oor gehalte, veiligheid en billikheid.

Die gevare van siektes en komplikasies weens die weerhouding van inenting behoort aan ouers en gemeenskappe oorgedra te word. Gesondheidsorgwerkers moet ook herinner word aan die groot voordele van inentings.

Geen kind behoort inenting onts te word sonder ernstige oorweging van die gevolge, beide vir die kind en die gemeenskap nie.

3. ENTMIDDELVEILIGHEID EN -GEHALTE

Die WGO en hulle vennote het oor die jare voortgesette pogings en bronne in werking gestel om die veiligheid van inenting te verbeter. Nuwe leweringstegnologie, onder meer die outo-weggooibare spuitnaald (wat voorkom dat die spuitnaald weer gebruik kan word) is ingestel.

Elke land het 'n Nasionale Beheergesag (NBG) wat die gehalte van entmiddels beoordeel, of dit nou plaaslik vervaardig of ingevoer is, en uiteindelik die openbare gebruik daarvan goedkeur of verwerp. Die WGO beskou 'n entmiddel as van goeie gehalte op voorwaarde dat 'n onafhanklike NBG die entmiddel beheer het in ooreenstemming met die vereistes wat deur die WGO gestel is. Daar behoort geen oorblywende probleme te wees met die gehalte van die entmiddel nie. Alle entmiddels wat in die nasionale inentingsprogramme gebruik word, behoort ten minste aan die WGO gehaltevereistes te voldoen.

4. UPI(SA)-ENTMIDDELS

Entmiddels word getoets vir veiligheid en doeltreffendheid in kliniese toetse en dan in massaproefnemings voordat dit geregistreer en in Suid-Afrika beskikbaar gestel word. Alle entmiddels word beoordeel deur die NBG in Suid-Afrika, naamlik die Medisynebeheerraad (MBR) om doeltreffendheid, gehalte en veiligheid te verseker voor registrasie en goedkeuring vir bemarking.

Alle entmiddels wat gebruik word in die UPI(SA)-program word volgens streng veiligheidriglyne vervaardig. Di entmiddels voldoen aan die Wreldgesondheidsorganisasie (WGO) se standaarde van gehalte, veiligheid en doeltreffendheid.

Entmiddelbesendings wat bedoel is vir gebruik in die land word voor vrystelling getoets by die Nasionale Beheerlaboratorium (NBL) in Bloemfontein. Nadat dit ingebring is in die inentskedule word die veiligheid en doeltreffendheid deurlopend getoets deur proefnemings en na-bemarkingstoetsing deur die MBR, UPI-program en Entmiddelverskaffers.

Die UPI-program in Suid-Afrika het in al die provinsies 'n aktiewe toesigstelsel ingestel vir Negatiewe Voorvalle Na Inenting (NVNI's), 1995.

Die doel met die UPI-stelsel vir NVNI's is om
* die gehalte van inentingsdienste te verbeter;
* openbare aanvaarding van inenting te verhoog; en
* te verseker dat enige geval van die aard hanteer word op 'n manier wat aanvaarbaar is vir die pasint, die ouers en die inenters.


NVNI's kan wissel van gewone rooiheid en seerheid om die inentplek, tot seldsame, ernstige toestande soos die moontlike gevaar van 'n ernstige allergiese reaksie in 1:100 000 tot 1:1 000 000 dosisse van maselsentmiddel. NVNI kan ook:

1. Programverwant
2. Entmiddelverwant
3. Toevallig
4. Of onbekend wees

5. INENTVEILIGHEIDSPROJEK

Om tred te hou met nuwe wetenskappe, nuwe tegnologie en openbare kommer, het die WGO die Inentveiligheidsprojek geskep, wat toegespits is op:
* die versekering van entmiddelveiligheid van kliniese toetse af tot by die punt waar dit gebruik word
* navorsing en ontwikkeling van veiliger en eenvoudiger entmiddel-leweringstelsels
* uitgebreide toegang tot veilige en doeltreffende leweringstegnologi en die wegdoen daarvan
* uitkenning en bestuur van gevare wat met inenting verband hou


In die heftige debatte wat inenting uitlok, is dit belangrik om die NVNI's in perspektief te plaas. Entmiddels is bekend as onder die veiligste en kostedoeltreffendste gesondheidsingrypings.

Verslae wat inenting verbind met 'n NVNI wat later as 'n toevalligheid en ongeregverdig bewys word, kom steeds voor. Di ongegronde verslae wat nie ten volle ondersoek is nie, kan die beeld van die program baie skade berokken. Argumente teen inenting se doeltreffendheid kom van ongeregverdigde vrese en wanopvattings. Dit is belangrik om te onthou dat die GEVAAR van die SIEKTE baie groter is as die RISIKO van die INENTING.

6. ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE

Dit is die gesamentlike verantwoordelikhede van regerings, regulerende owerhede, die farmaseutiese bedryf, gesondheidsorgverskaffers en gemeenskappe om enige ongewone voorvalle wat met inenting verband hou aan te meld. Daar is 'n behoefte om te reageer met feite en empatie vir die kommer van ouers en gemeenskappe.

7. UITDAGINGS

Die benadering vereis 'n kombinasie van 'n houding van sorg teenoor ouers en kleuters, die nuutste kennis en 'n positiewe houding teenoor inenting. Dit is nie nodig om op die verdediging te wees oor inenting nie. Dit is 'n bekende feit dat die inent-voorkombare siektes ernstig is en dat inenting dit voorkom!

Nuwe uitdagings op die gebied van entmiddelontwikkeling en entmiddelveiligheid l voor. Meer ingewikkelde entmiddels word ontwikkel en getoets en kan al hoe meer gesofistikeerde keurings- en moniteringstelsels vereis. Terselfdertyd behoort di entmiddels leweringskedules in te kort, leweringstegnologi te vereenvoudig en goeie prys/voodeel verhoudings in oorhoofse openbare gesondheidsterme te bied.

Met die uitsondering van verbeterde behuising, sanitasie en die verskaffing van skoon water, het entmiddels ongewenaarde sukses behaal in die vermindering van die voorkoms van sterftes en siektes. Di sukses, kan in teenstelling aanleiding gee tot 'n oordrewe klem op entmiddel newe-effekte.

Risikokommunikasie bied 'n stel toerusting vir die uiteensetting van gevare in verhouding tot voordele. Wanneer ons verwys na die veiligheid van enige middel, praat ons van relatiewe veiligheid, dit is veiligheid in verhouding tot die alternatief van om nie entmiddels te gebruik nie.

Die UPI-program sal hulle werk met alle vennote voortsit om alle aspekte van inenting te verbeter, soos entmiddelveiligheid, opleiding en samewerking met die bedryf om leweringstegnologi te verbeter.

Dit is deur die verbetering van die gehalte van gesondheidsorg en deur die voordele wat voorkomende gesondheidsmaatrels soos inenting kan lewer in gedagte te hou, dat mre se wreld 'n gesonder plek sal wees.

Die Departement van Gesondheid sal steeds die voordele van inenting bevorder onder alle Suid-Afrikaners, alle gesondheidsorgwerkers en die gesondheidsorgverskaffers.

TREE VIR MEER INLIGTING IN VERBINDING MET:

Uitgebreide Program oor Inenting
Departement van Gesondheid
Privaatsak X828
Pretoria, 0001

Tel: 012 312 0099
Faks: 012 321 9882





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 2 Augustus 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





