






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Behuising > Huur > Die byl van geskille tussen huurders en eienaars

Die byl van geskille tussen huurders en eienaars




BESKRYWING:

Die Huurbehuisingstribunaal lewer gratis dienste aan huurders en eienaars oral in die Provinsie Wes-Kaap. Verhore en bemiddeling word so na as moontlik aan die punt van die klagte gehou.

Die Tribunaal, wat in 2001 gevorm is, bestaan uit vyf lede (met inbegrip van die voorsitter en ondervoorsitter), wat aangestel is deur die LUR. Die lede van die Tribunaal is kenners van eiendomsbestuur, behuisingsontwikkeling en verbruikersake wat met huurbehuising verband hou . Die Tribunaal word deur die Ondersteuningskomponent van die Direktoraat Behuisingsvestiging bygestaan.

Die Tribunaal streef na die volgende:

* Om verhoudinge tussen eienaars en huurders in die huurbehuisingsektor vlot te laat verloop
* Om geskille by te l wat as gevolg van onbillike praktyke ontstaan
* Om eienaars en huurders oor hul regte en verpligtinge ingevolge die Wet op Huurbehuising in te lig
* Om aanbevelings aan toepaslike belanghebbendes te doen
Die doelwitte van die Tribunaal is die volgende:
* Om stabiliteit in die huurbehuisingsektor in die Wes-Kaap te bevorder
* Om meganismes te skep om geskille in die huurbehuisingsektor te hanteer
* Om verhore om geskille op te los te fasiliteer, te ondersoek en te bemiddel, en om verhore te hou Om eienaars en huurders in te lig oor hul regte en verpligtinge indien onbillike en wederregtelike praktyke voorkom



VOORSKRIFTE:


* Hoe dien 'n mens 'n klagte in?
* Wie kan 'n klagte indien?
* Wat is bemiddeling?
* Wat is 'n verhoor?
* Wat gebeur as die partye nie by die uitspraak van die Tribunaal hou nie?
* Kontakbesonderhede


HOE DIEN 'N MENS 'N KLAGTE IN?

Klagtes moet ingedien word op die klagtevorm wat by die Tribunaal verkry kan word.
'n Ler sal vir die saak geopen word en 'n verwysingsnommer sal toegeken word.

Die Tribunaal sal 'n voorlopige ondersoek doen om vas te stel of die klagte verband hou met 'n geskil ten opsigte van 'n saak wat op 'n onbillike praktyk kan neerkom. Indien nodig, kan 'n inspekteur die betrokke eiendom ondersoek en 'n verslag opstel.

Die Tribunaal moet binne 30 dae na ontvangs van die klagte bepaal of die klagte verband hou met 'n geskil ten opsigte van 'n saak wat op 'n onbillike praktyk kan neerkom.

As die klagte nie met so 'n geskil verband hou nie, sal die klaer skriftelik daarvan in kennis gestel word. As die klagte wel met so 'n geskil verband hou, sal die Tribunaal probeer om die saak deur middel van informele of formele bemiddeling op te los. As die partye nie 'n ooreenkoms kan bereik nie, sal die saak verwys word vir 'n uitspraak tydens 'n formele verhoor.



WIE KAN 'N KLAGTE INDIEN?


Enige huurder of eienaar of groepe huurders of eienaars of belangegroep in die Provinsie Wes-Kaap kan klagtes by die Wes-Kaapse Huurbehuisingstribunaal indien.



WAT IS BEMIDDELING?


Bemiddeling is 'n proses wat mense aanmoedig om geskille op te los deur op 'n informele, veilige en vertroulike manier met mekaar te praat. Opgeleide, ervare en onpartydige bemiddelaars help die partye om 'n ooreenkoms te bereik. Die partye besluit wat in die ooreenkoms moet staan, nie die bemiddelaars nie. 'n Ooreenkoms kan 'n bevel van die Tribunaal gemaak word.



WAT IS 'N VERHOOR?


'n Verhoor is 'n proses waardeur albei partye hul saak kan stel, met ondersteunende bewyse, sodat die Tribunaal 'n uitspraak kan lewer wat finaal en bindend is vir albei partye. Die uitspraak van die Tribunaal kan slegs deur die Hooggeregshof hersien word.



WAT GEBEUR AS DIE PARTYE NIE BY DIE UITSPRAAK VAN DIE TRIBUNAAL HOU NIE?


'n Uitspraak deur die Tribunaal word as 'n bevel van 'n Landdroshof beskou.

Enige persoon wat versuim om aan Artikel 16 te voldoen, sal skuldig wees aan 'n oortreding en kan by skuldigbevinding 'n boete of tronkstraf van nie meer as twee jaar nie, of beide, opgel word, as jy byvoorbeeld:

* sonder voldoende rede versuim om 'n verhoor by te woon;
* weier om ingesweer te word;
* weier om enige dokument of voorwerp in jou besit voor te l;
* die Tribunaal doelbewus mislei;
* doelbewus valse verklarings afl.



KONTAKBESONDERHEDE


Inbelsentrum: 0860 106 166

Faks: 021 483 2060

Die Wes-Kaapse Huurbehuisingstribunaal
Privaat sak X9083, Kaapstad 8000
Departement van Behuising
Waalstraat 27, Grondvlak, Kaapstad

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Behuisingsvestigingsontwikkeling (Departement van Plaaslike Regering en Behuising, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Wes-Kaapse Huurbehuisingstribunaal (Openbare Inligting) (File type: pdf; size: 137 KB)
* The Rental Housing Act, 50 of 1999 (Wet) (File type: pdf; size: 261 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Western Cape Rental Housing Tribunal: Regulations Governing Procedures and Staff Duties (Regulasie) (File type: pdf; size: 273 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Vrae wat Verhuurders Dikwels Vra (Openbare Inligting)
* Vrae wat Huurders Dikwels Vra (Openbare Inligting)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 Desember 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





