TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Behuising
Subsidies en Bystand
BESKRYWING:
Die Direktoraat Behuisingsbestuur staan munisipaliteite, gemeenskappe en ander belanghebbendes by met inligting en advies in verband met die People's Housing Process.
Dit verwerk, administreer en bestuur ook PHP-aansoeke en goedgekeurde projekte.
Die People's Housing Process is 'n manier om mense wat vir behuisingsubsidies kwalifiseer te help om dit ten beste te benut deur self hul huise te bou of die bou daarvan te reël. Dit help huishoudings om toegang te kry tot behuisingsubsidies en om tegniese, finansiële, logistieke en administratiewe ondersteuning ten opsigte van die bou van hul huise te kry.
VOORSKRIFTE:
Mense wat hul eie huise bou of self die bou van hul huise reël, kan beter huise vir minder geld bou.
op arbeidskoste te bespaar deur self van die bouwerk te doen of deurdat jou familie, bure, vriende en ander mense jou daarmee help;
dit te vermy om 'n winselement aan ontwikkelaars te betaal;
jou besluite te optimeer.
Die People's Housing Process stel jou basies in staat om 'n subsidie te gebruik om jou eie huis te bou. Tegniese hulp en ondersteuning tydens hierdie proses is krities. Elkeen wat aan die proses deelneem, moet dus 'n ondersteuningsorganisasie hê. Hierdie organisasie verskaf die tegniese ondersteuning wat verseker dat die huis behoorlik gebou word.
HOE VORM 'N MENS 'N ONDERSTEUNINGSORGANISASIE?
Om aan die People's Housing Process deel te neem, moet 'n ondersteuningsorganisasie gevestig word. Begunstigdes kan:
self 'n ondersteuningsorganisasie vorm, of n potensiële ondersteuningsorganisasie identifiseer en 'n kontrak met die organisasie aangaan.
Die Ondersteuningsorganisasie moet 'n regspersoon wees.
Die Behuisingskode bevat besonderhede oor die volgende:
Hoe om 'n ondersteuningsorganisasie te vorm
Hoe om 'n kontrak met 'n ondersteuningsorganisasie aan te gaan
Tipes ondersteuningsorganisasies
Hoe ondersteuningsorganisasies toegang tot tegniese en administratiewe hulp kan fasiliteer
Die kapasiteit wat die ondersteuningsorganisasie nodig het om ondersteuning te kan bied
Die ondersteuningsorganisasie se rol in die aankoop van boumateriaal
Die vereiste vir die vestiging van 'n sentrale kantoor
Die gelde wat aan die ondersteuningsorganisasie betaal word
Die bankrekening wat die ondersteuningsorganisasie moet open
Fasilitering en vestigingstoelaes wat aan die ondersteuningsorganisasie beskikbaar gemaak word
Die vereiste dat die ondersteuningsorganisasie 'n sertifiseerder en rekeninge-administrateur moet aanstel.
WIE KAN AANSOEK DOEN?
Om vir hierdie proses te kwalifiseer, moet 'n mens:
getroud wees of saam met enige ander persoon woon, of daar moet mense wees wat finansieel afhanklik is van jou;
n wettige inwoner van Suid-Afrika wees;
regsbevoeg wees om kontrakte aan te gaan, dit wil sê jy moet ouer as 21 wees, of jy moet getroud wees en jy moet by jou volle verstand wees;
n bruto maandelikse huishoudelike inkomste van minder as R3 500 hê;
nie voorheen 'n subsidie van die Regering ontvang het om 'n huis te koop nie;
vir die eerste keer 'n vaste eiendom besit;
n ondersteuningsorganisasie vorm of 'n kontrak met een sluit wat 'n regspersoon is. Die Ondersteuningsorganisasie sal tegniese en administratiewe hulp aan jou verleen.
HOE DOEN 'N MENS AANSOEK?
Die Ondersteuningsorganisasie dien die aansoek namens die begunstigdes by die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad in.
Die aansoek moet voldoen aan die spesifieke vereistes van die tipe behuisingsubsidie waarom aansoek gedoen word. 'n Mens kan om die volgende behuisingsubsidies aansoek doen as deel van die People's Housing Process:
konsolidasiesubsidie projekgekoppelde subsidie institusionele subsidie landelike subsidie
Die aansoek moet ook 'n meganisme vir die oplos van konflik waaroor die Ondersteuningsorganisasie en die begunstigde families ooreengekom het, uiteensit ingeval konflik gedurende die projek sou ontstaan.
Daar is ook addisionele vereistes vir elke tipe behuisingsubsidie. Besonderhede oor hierdie vereistes word in die Behuisingskode uiteengesit.
KONTAKBESONDERHEDE
Tel. 483-5238
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Behuisingsprojekadministrasie (Departement van Plaaslike Regering en Behuising, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Projek-gekoppelde Subsidies (Diens)
Individuele Behuisingsubsidies (Diens)
Behuisingsubsidie-variasies vir Mense met Gestremdhede (Diens)
Konsolidasiesubsidies (Diens)
Landelike Subsidies (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 Junie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
