TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Behuising
Subsidies en Bystand
Landelike Subsidies
Landelike Subsidies
BESKRYWING:
In landelike gebiede het baie mense nie wetlike regte oor hulle grond nie, maar hulle het wel funksionele sekerheid van behoud, byvoorbeeld besitreg ingevolge die wette en gebruike van stamme, die gewoonte-, gebruiks- of administratiewe praktyk in 'n spesifieke gebied of gemeenskap, of voordelige okkupasie van Staatsgrond vir 'n aaneenlopende tydperk van nie minder as vyf jaar nie. Hierdie tipes besitreg word beskerm ingevolge die Wet op die Tussentydse Beskerming van Informele Grondregte terwyl grondhervormingsprosesse uitgevoer word.Mense wat nie wetlike besitreg het nie, kan egter nie toegang kry tot subsidies volgens die Behuisingsubsidieskema nie, en daarom is 'n spesiale subsidie ontwikkel.
VOORSKRIFTE:
WIE KAN AANSOEK DOEN OM DIE SUBSIDIE?
Die subsidie sal slegs toegestaan word aan persone wie se informele regte nie betwis word nie en wat waarskynlik nie daardie regte tydens die huidige grondhervormingsproses sal verloor nie. Daarby moet die persoon aan alle ander kwalifikasievereistes wat in 3.1.1. van die Gebruikersvriendelike Gids uiteengesit word, voldoen.
As 'n landelike subsidie aan iemand toegestaan word ten opsigte van grond wat deur 'n gemeenskap besit word, en die persoon dan die regte op sy of haar grond verloor, is daar 'n proses waarvolgens die persoon vir 'n ander subsidie kan kwalifiseer.
Hoewel die subsidie 'n landelike subsidie genoem word, is dit nie tot landelike gebiede beperk nie en is dit ook in stedelike gebiede beskikbaar. Hierdie tipe subsidie word beskou as 'n laaste subsidie waarom aansoek gedoen kan word, omdat veilige besitreg liewers waar moontlik verseker moet word.
Daar kan slegs op 'n projekgrondslag toegang tot hierdie subsidie gekry word, maar daar is geen minimum of maksimum aantal deelnemers nie. Die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsrade word toegelaat om implementeringsagente te akkrediteer om projekte volgens hierdie subsidie uit te ken, te beplan en in werking te stel.
Die goedgekeurde subsidie word betaal aan finansiële agente wat deur die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad aangewys is en wat die uitbetaling van die fondse administreer.
Landelike subsidies kan gebruik word vir enige doel wat met behuising verband hou en waaroor met die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad ooreengekom is.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Behuisingsprojekadministrasie (Departement van Plaaslike Regering en Behuising, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Projek-gekoppelde Subsidies (Diens)
Individuele Behuisingsubsidies (Diens)
Behuisingsubsidie-variasies vir Mense met Gestremdhede (Diens)
Konsolidasiesubsidies (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
