TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Plaaslike Regering en Behuising
Munisipale Infrastruktuur en Rampbestuur
Rampbestuur en Brandweerdienste
RAMPBESTUUR EN BRANDWEERDIENSTE: OORSIG
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
PUBLIKASIES
FASILITEITE
KONTAK
Die Direktoraat Rampbestuur en Brandweerdienste beoog om die ontwikkeling, implementering en instandhouding van effektiewe rampbestuur en brandweerdienste in die Wes-Kaap te bevorder.
Funksies:
Om die hewigheid van rampe te verminder.
Gereedheid vir en reaksie op rampe.
Koördinering van die brandweerdienste.
Voorkoming
Voorkoming beoog om die hewigheid van rampe te verminder deur:
risiko en kwesbaarheidsontledings uit te voer.
die samestelling en instandhouding van voorkoming (vermindering) en voorkomingstrategieë
die ontwikkeling van gestandaardiseerde bewustheidsprogramme.
die ontwikkeling van kapasiteitsbouprogramme.
die ontwikkeling en koördinering van gemeenskapstrukture.
Gereedheid
Gereedheid is verantwoordelik vir:
die ontwikkeling en instandhouding van 'n provinsiale rampplan.
die ontwikkeling en instandhouding van 'n provinsiale gebeurlikheidsplan.
die evaluering van rampplanne.
die bestuur van die provinsiale rampbestuursentrum.
die voorsiening van 'n sekretariaatdiens aan statutêre strukture.
Rampherstel
Rampherstel hanteer die noodleniging van mense en strukture wat deur rampe geraak word. Dit koördineer noodleniging, bestuur noodlenigingsfondse en koördineer ook rampherstel en -heropbou.
Brandweerdienste
Brandweerdienste is verantwoordelik vir:
die monitering van die vlak van brandweerdienste.
die administrering van steuntoekennings aan die brandweerdiens.
die koördinering van brandbestrydingsnoodplanne.
die administrering van ondersoeke na die kategorie van gemagtigde persone.
die voorsiening van 'n sekretariaatdiens vir statutêre strukture.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 Augustus 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
