






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Sake en Ekonomie > Nywerheidsektore > Kaapse Olie- en Gasvoorsieningsinisiatief (COGSI)

Kaapse Olie- en Gasvoorsieningsinisiatief (COGSI)




BESKRYWING:

Die oplewing in Aflandige Olieveld-bedrywighede in Wes-Afrika hou aansienlike moontlikhede vir die Wes-Kaap en Suid-Afrika in. Ons geografiese ligging (na aan die olievelde), gesofistikeerde sakeomgewing, nywerheidskrag en goeie hawegeriewe (Kaapstad en Saldanha) maak die Wes-Kaap die ideale ligging vanwaar buitelandse maatskappye hulle operasies kan bedien.


* Wes-Kaapse Potensiaal
* Geskiedenis
* Formalisering
* Eienaarskap en Bre Struktuur
* Programme en Voordele
* Suksesse
* Regeringsfinansiering



WES-KAAPSE POTENSIAAL


Die Wes-Kaap is in 'n goeie posisie om:
* Olieveldvaartuie te diens en op te knap.
* Platforms en modules te bou.
* Toerusting te voorsien.
* Opleiding en personeeldienste te verskaf.
* Verbruiksprodukte te voorsien.



GESKIEDENIS


Die Inisiatief het ontstaan toe die Kaapse Streeksakekamer 'n vergadering met die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, die Stad Kaapstad en Wesgro bel het.

Ongeveer 20 maande se wisselwerking in die bedryf het daarop uitgeloop dat vennote soos die Nasionale Hawegesag, die Departement van Handel en Nywerheid, Eskom, ensovoorts, betrek is. Private maatskappye het in di tydperk hulle kundigheid bygedra in spanne soos die Bemarkingstrategiegroep en die Haweloodskomitee.


FORMALISERING


Dit is aangenaam om aan te kondig dat di inisiatief nou in 'n bedryfsinisiatief (Artikel 21-maatskappy) formaliseer is wat as 'n vennootskap tussen die openbare en private sektore bestuur sal word. Die Maatskappy staan as die Kaapse Olie- en Gasvoorsieningsinisiatief (COGSI) bekend en sal die Wes-Kaap ontwikkel en vestig as die olie en gas diens- en voorsieningsmiddelpunt vir Afrika.

Na 'n openbare proses van benoeming en verkiesing deur die bedryf, is agt Raadsportefeuljes gevul. Nog vier portefeuljes is ex officio direkteure wat deur die onderskeie Openbare Sektor-belanghebbers benoem is. 'n Uitvoerende Direkteur en PA is ook as voltydse werknemers van die maatskappy aangestel om die inwerkingstelling van projekte en programme bestuur.


EIENAARSKAP EN RAADSTUKTUUR


Hoewel die Regering dit sal steun, behoort die inisiatief aan die bedryf en is hulle die mede-bepalers van die instelling van die opwindende projek.Die Raad van Direkteure is soos volg saamgestel:

Bedryfsportefeuljes
Operateurs en Diensmaatskappye
Logistiek en Vervoer
Skeepsherstelwerk
Ingenieurswerk en Projekbestuur
Vervaardiging en Konstruksie

Regeringsportefeuljes
Wes-Kaapse Provinsiale Regering
Stad Kaapstad
Nasionale Hawegesag
Departement van Handel en Nywerheid

Funksionele Portefeuljes
SEB en Sakeontwikkeling
Opleiding en Vaardigheidsontwikkeling
Weskus Sakeverteenwoordiger


PROGRAMME EN VOORDELE


Programme waarvoor finansiering reeds goedgekeur is:
* Sertifiseringsfonds: om 'n betroubare databasis van verskaffers te verskaf deur akkreditasie en sertifisering te monitor.
* Verskaffers-ontwikkelingsprogram: om pogings te subsidieer om hor vlakke van sertifisering te bereik.
* Platformprojek: 'n veldtog om die hertoerusting en konstruksie van aflandige platforms te lok.
* Uitvoerbaarheidsfonds: saadfinansiering vir uitvoerbaarheidstudies om die hawe-infrastruktuur (in samewerking met Eskom) te verbeter.


Die voordele wat 'n geformaliseerde Inisiatief inhou:
* Erkenning deur die regering vir steunwerwing
* Finansiering van die regering en ander partye
* 'n Duidelike rol en fokus om die bedryf te ontwikkel en geleenthede uit te buit
* Toegewyde kapasiteit wat op die behoeftes van die bedryf gerig is, en die steun van die regering geniet
* Meer doeltreffende dienslewering aan die openbare sektor
* 'n Neutrale instelling waar die bedryf onderling kan skakel en meer doeltreffende verhoudings kan opbou
* 'n Sentrale verwysingspunt vir gesamentlike bemarking - blootstelling aan 'n teikenmark -, beleggersnavrae, bedryfskordinering
* Meer internasionale sakegeleenthede
* Beter mededinging in die bedryf deur die bogenoemde programme.



SUKSESSE


Van die vroe suksesse van die Inisiatief voordat dit geformaliseer is:
* Die hou van die eerste Olie Afrika 2004-uitstalling en konferensie
* OTC - drie agtereenvolgende suksesvolle handelsendinguitstallings in 2002 en 2003 en 'n veel groter een wat in 2004 aangebied word
* 'n Aantal suksesvolle verwysings wat 'n aansienlike toename in sakebedrywighede vir plaaslike maatskappye tot gevolg gehad het



REGERINGSFINANSIERING

Die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap en die Stad Kaapstad besef hoe belangrik die bedryf vir die plaaslike ekonomie is en het R3 miljoen aan COGSI beskikbaar gestel. Die geld sal bestee word aan bogenoemde programme, en sal deur die COGSI se Raad en Uitvoerende Direkteur hanteer word. Meer finansiering sal ook van die Nasionale Regering en ander bronne ingewin word.


VOORSKRIFTE:

Nadere inligting: Nigel Gwynne-Evans
Tel: 021 483 3859
ngwynne@pgwc.gov.za

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Ekonomiese Sektorontwikkeling (Department of Economic Development and Tourism, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Oil and Gas Initiative Update - 22 October 2002 (Verslae en Navorsing) (File type: doc; size: 59 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Inligting oor Nywerheidsektore (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 Julie 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





