TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
Uitnodiging tot Kommentaar op Konsep-Voorstelle: Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk
Uitnodiging tot Kommentaar op Konsep-Voorstelle: Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BRON: Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning gee ingevolge Artikel 4 van die Ordonnansie op Grondgebruik, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985) as deel van die proses van die opstel van 'n Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk, kennis dat kommentaar ten opsigte van huidige dokumentasie en voorstelle ingedien kan word teen 12:00 op 13 Mei 2005.
Die mikpunt en doel van die Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (PROR) is:
Om die PROR in lyn te bring met die Nasionale Ruimtelike Ontwikkelingsperspektief;
Om ruimtelik, die visie van hoe die Provinsie in die breedste sin behoort te ontwikkel, aan te dui;
Om die verskillende sektor-strategieë ruimtelik te integreer;
Om 'n raamwerk te bied wat omgewingsvolhoubare ontwikkeling (d.w.s. ekologiese integriteit, sosiale gelykberegtiging en ekonomiese doeltreffendheid) regdeur die Provinsie bevorder;
Om te verseker dat hierdie doelwitte gereflekteer word in die provinsiale ruimtelike ekonomie;
Om die ruimtelike ontwikkeling van munisipaliteite te rig;
Om as 'n inligtingsbron en riglyn te dien om grondontwikkelingsbestuur toe te lig en te rig; en
Om die interafhanklikheid tussen ekologiese, sosiale en ekonomiese aktiwiteite ruimtelik te reflekteer.
Tot dusver is voorbereidende dokumentasie opgestel d.m.v. 'n inklusiewe proses wat owerheids-, burgerlike, arbeids- en sake-verteenwoordigers betrek het, en die dokumentasie is gekonsolideer in een dokument. Openbare kommentaar word nou gevra op die konsepvoorstelle vervat in die dokument.
n Kopie van die dokument is vir kommentaar beskikbaar vanaf Maandag, 11 April by elk van die Distriksmunisipaliteite (stadsbeplanningskomponent) en by die kantoor van die Direkteur: Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur op die tweede vloer, Property Centre, Dorpstraat 3 (gebruik ingang by Dorpstraat 1), Kaapstad. Dit is ook beskikbaar op die departement se webtuiste, by www.capegateway.gov.za/eadp
Hierdie kennisgewing is in Xhosa op die webtuiste en by Die Direkteur: Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur, Property Centre, Dorpstraat 1, Kaapstad beskikbaar.
Geskrewe komentaar moet gepos word aan:
Die Direkteur: Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur
Privaatsak X9086
Enige verdere navrae kan gerig word aan die Direkteur: Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur by 021 483 4794.
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 April 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
