






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Eiendomsontwikkeling en Bestuur > Ontwikkelingsbeplanning > Ontwikkelingstoepassings

Ontwikkelingstoepassings




BESKRYWING:


* Wie hanteer grondontwikkeling aansoeke?
* Hoe word oor aansoeke besluit?
* Applle en navrae


WIE HANTEER GRONDONTWIKKELING AANSOEKE?


Munisipaliteite hanteer ontwikkeling aansoeke, soos aansoeke om afwykings van bou-parameters, aansoeke om herindeling of om die onderverdeling van grond. Munisipaliteite besluit hoe om die aansoeke, volgens wetgewing, beleid en riglyne wat deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning verskaf word, te hanteer. In 'n paar gevalle, soos met meer ingewikkelinde herindeling- of hersonering-aansoeke, sal munisipaliteite die aansoeke na die Departement verwys vir voorlegging aan die Minister vir 'n finale besluit.

Die Departement verwerk landbou-verwante aansoeke vir die nasionale en provinsiale Departement van Landbou, die nasionale Departement van Waterwese en Bosbou, en die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad. Die Departement hanteer ook myn-verwante aansoeke vir die nasionale Department van Minerale en Energie, die nasionale en provinsiale Departmente van Landbou, die nasionale Departement van Waterwese en Bosbou, en die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad.


HOE WORD OOR AANSOEKE BESLUIT?


Voordat daar volgens die grondgebruik beplanningwetgewing oor 'n ontwikkeling aansoek besluit kan word, moet die aansoek aan verskeie openbare deelnemingsprosesse onderwerp word en in sommige gevalle moet die goedkeuring van verskeie staatsinstellings verkry word. As 'n aansoek binne 'n sekere kategorie van grondwysiging val, word dit ook na die Departement verwys.

Aansoeke word volgens die Wet op Omgewingsbewaring van 1989 beoordeel om seker te maak dat aan 'n volledige omgewingsbeleid en beplanningsoorwegings voldoen word. Die Departement maak seker dat die aansoeke met verwante aansoeke inskakel, naamlik mynbouverslae, grondontwikkeling aansoeke enruimtelike en strategiese planne.

Nadat 'n ontwikkeling aansoek in ooreenstemming met omgewingswetgewing beoordeel is, word goedkeuring in die vorm van 'n permit of 'n besluit, soos van toepassing is, uitgereik.

'n Besluit in gevolge grondgebruik wetgewing mag eers geneem word nadat die aansoek beoordeel is.


APPLLE EN NAVRAE


Nadat 'n besluit deur 'n munisipaliteit geneem is, kan 'n appl daarteen by die Departement vir voorlegging aan die Minister aangeteken word.
Navrae oor 'n aansoek wat ingedien is, moet gerig word aan die liggaam by wie aansoek gedoen is.


VOORSKRIFTE:

Meer inligting is beskikbaar by:Chris Rabie
Direkteur: Omgewingsbestuur
Privaatsak X9086, Kaapstad, 8000
Tel: 021 483 4796
Faks: 021 483 3633

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Omgewingsimpakstudie Applvraelys (Vorm) (File type: pdf)
* Environmental Impact Assessments (Diens) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 16 Februarie 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





