TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Rekreasie en Sport
Befondsing en Ondersteuning
Befondsing van Sportorganisasies
Befondsing van Sportorganisasies
BESKRYWING:
Finansiële toekennings is beskikbaar om sportorganisasies by te staan met sportontwikkeling.
Dit behels die volgende:
bevordering van gemeenskapstoegang tot sport verbetering van die algehele prestasie van individue in sport uitbreiding van die toerustingshulpbronbasis bystand aan atlete met nasionale en internasionale reise die skepping van meer geleenthede vir gestremde atlete en hul insluiting in hoofstroomaktiwiteite die verhoging van die getal sportpersons in formele sportaktiwiteite die vermeerdering van die getal sport- en ontspanningsfederasies wat geleenthede in benadeelde gebiede aanbied verbetering van die gehalte van sportontwikkelingsprogramme gereël deur federasies
Geld word spesifiek bewillig vir die volgende:
sportgeriewe, om die standaard en gebruik van bestaande geriewe te verbeter en om nuwe geriewe te bou en bestaandes op te gradeer sportfederasies, om hulp te verleen met hul administrasie en tegniese vermoë, en te verseker dat sportbyeenkomste in die provinsie gehou word.
Die Departement maak voorsiening vir die volgende drie soorte befondsing:
Type B-befondsing wat groot internasionale, nasionale en provinsiale byeenomste ondersteun.
Type C-befondsing watvir 'n ad hoc-ondersteuning aangewend word. Aansoeke in dié verband moet op die voorgeskrewe aansoekvorm 30 dae voor die tyd ingedien word, en slegs noodgevalle sal oorweeg word.
VOORSKRIFTE:
Aansoekvorms om befondsing is beskikbaar by die Departement. Sportorganisasies moet die volgende gegewens saam met hul aansoeke om befondsing voorlê:
n kliëntprofiel n lys byeenkomste waarom aansoek gedoen word n begroting vir elke projek n dekbrief waarin die behoefte aan befondsing uiteengesit word volledig geouditeerde finansiële state en die notules van die organisasie se AJV. Alle aansoeke word geëvalueer ooreenkomstig die Departement se befondsingsbeleid.
VERSKAF BY:
Sports Streekkantoor
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Sport en Ontspanning (Departement van Kultuursake en Sport, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Sport en Ontspanning (Staatsliggaam)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 11 April 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
