WEEK VAN OPENBARE DEELNAME 9 – 15 NOVEMBER
(Kernboodskappe)
Die Week van Openbare Deelname is ’n platform om dialoog en interaksie tussen die Regering en die publiek te bevorder. Dit bied ’n geleentheid vir die Regering om die Program van Aksie en vordering wat gemaak word, oor te dra. Dit moedig deelname en vennootskap tussen die publiek en die Regering aan. 
Die Week van Openbare Deelname bied ’n geleentheid vir die Regering om met gemeenskappe te skakel en verslag te doen oor die uitvoering van die Program van Aksie. 
Direkte wisselwerking tussen die drie regeringsfere (nasionale, provinsiale en plaaslike regering) en die publiek bevestig dat die Regering in voeling is met die mense.
Tydens hierdie week is daar wisselwerking tussen gemeenskappe en die Regering met behulp van gevestigde forums soos wykskomitees en afdelingsvergaderings om uitdagings te noem en oplossings te deel. 
Die klem is op die herbevestiging van gemeenskappe as medeskeppers om oplossings te vind, met die ondersteuning van ’n regering wat aktief betrokke is. 
Die Presidensiële blitslyn het bykomende maatreëls daargestel om kommunikasie tussen die Regering en die publiek te bevorder en om dienslewering te bespoedig. 
Ons is besig om die uitdagings wat reeds geïdentifiseer is, aan te spreek deur verskeie interaksies en studies. 
Ons het merkbare vordering gemaak gedurende die afgelope 15 jaar van vryheid, alhoewel daar steeds baie uitdagings is. 
Die persentasie huishoudings met toegang tot water het toegeneem van 61,7% in 1994 tot 91,8% in Maart 2009, maar meer moet gedoen word om dienste uit te brei na die res van die samelewing.
Ons het nader beweeg aan die bereiking van ons doelwit om die emmerstelsel in formele nedersettings uit te wis. Die teiken vir universele toegang is 2014. 
Ons is steeds besorg oor die hoë vlakke van werkloosheid, armoede, onvoldoende gesondheidsorg en onderontwikkeling, veral in landelike en informele nedersettings. 
Ons hoop om hierdie forums te gebruik om met openbare verteenwoordigers te skakel en te verhoed dat eiendom en geriewe wat bedoel is om die publiek te dien, beskadig word.
Ons is bekommerd oor die stadige pas van dienslewering wat aan gemeenskappe belowe is. Ons weet dat ons gouer meer gaan vermag as ons in strategiese vennootskappe saamwerk.
“Deur saam te werk kan ons meer vermag”
