2010 FIFA-wêreldbeker en FIFA-konfederasiebeker
Suid-Afrika 2009
FEITE
Ons is die tweede land ter wêreld om die krieket-, rugby- en sokkerwêreldbekers aan te bied.
STADIONS
Die nuutgeboude stadions is van die skouspelagtigste ter wêreld en sal gesamentlik sitplek vir 570 000 mense hê. 
• 	Die Moses Mabhida-stadion in Durban het ’n staalboog 105 meter bo die middelpunt van die veld, en toeskouers sal uit ’n kabelkar ’n asemrowende uitsig oor die Indiese Oseaan hê.
• 	Soccer City in Johannesburg is in die vorm van ’n kalbas - ’n tradisionele Afrika-drankvat - gebou. Die buite-omtrek sal 43 000 m2 beslaan en in geheel van omgewingsvriendelike materiaal gebou word. Dit is die grootste stadion in Afrika, met sitplek vir amper 95 000 mense.
• 	Die Mbombela-stadion in Nelspruit is geleë in ’n streek wat bekend is vir ongerepte skoonheid en wildlewe, naby die Nasionale Kruger Wildtuin. Die stadion se uitsonderlike kenmerk is die 18 dakstutte wat soos kameelperde lyk. 
Stadions in townships word opgradeer, sommige as oefeningsvelde. Dit sluit in:
• Orlando-stadion, wat voor skedule voltooi is, en Dobsonville-stadion in Soweto
• Rand-, Cecil Payne-, Rabie Ridge- en Ruimsig-stadions in Johannesburg
• HM Pitje-, Super- en Giant-stadions in Tshwane/Pretoria
• Sesa Ramabodu-stadion in Rocklands, Kaapstad
• Princess Magogo-, King Zwelithini- en Sugar Ray Xulu-stadions in Durban
• Olympia Park-stadion in Rustenburg.
Het jy geweet?
• 	R25 miljoen sal in klubontwikkeling van verskeie sportsoorte belê word, veral in armer gemeenskappe, om ons sporttalent te ontdek en te ontgin en mededinging in sport te verbeter.
	R212 miljoen word in die tydperk tot 2010 in skool- en gemeenskapsport belê.
Die skole-program sal deur sport, kuns en kultuur die FIFA-wêreldbeker-etos van regverdige spel, ’n gesonde leefstyl en multikulturalisme aan 12 miljoen skoolkinders oordra.
VERVOER
Omtrent R11,7 biljoen word in die vervoer-infrastruktuurprogram belê om te verseker dat bewonderaars, spanne en die media sonder probleme kan reis. Die 2010 wêreldbeker-vervoerprojekte is ’n integrale deel van die Regering se oorkoepelende belegging in vervoer, en dit sal ’n omwenteling in ons vervoerstelsel teweegbring, wat tot die langtermyn-voordeel van pendelaars en die ekonomie sal strek. 
Opgraderings aan ons pad-, trein- en busroetes sal die vervoerstelsel integreer. Dit sluit innovasies soos snelspoor- en bus-snelvervoerstelsels in, onder andere spesiale bane vir openbare vervoer en wisselnodusse vir pendelaars om van een vervoermiddel na ’n ander te klim. ’n Geïntegreerde elektroniese kaartjiestelsel sal vir die eerste keer tydens die 2010 FIFA-Wêreldbeker gebruik word, en sodoende pendelaars in staat stel om met een kaartjie van busse, treine en taxis gebruik te maak.
INLIGTINGS- EN KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE
Die satelliet-teleportasie- en telekommunikasie-infrastruktuur vir die wêreldbeker sal ’n oordragkapasiteit van 40 gigagrepe per sekonde toelaat, en sal na afloop van 2010 gebruik word om breëband-dienste te voorsien.
Die Internasionale Uitsaaisentrum in Johannesburg sal die media-senusentrum wees. Uitsendingseine van stadions af sal daarheen herlei word en dan wêreldwyd uitgestuur word. 
Die media-senusentrum sal ’n “plaas” met satellietskottels hê wat ’n gebied van 5 000 m² beslaan. Daar word geskat dat die televisie-gehoor wat die 2010-verrigtinge gaan volg, omtrent 26,9 biljoen mense sal wees.
Het jy geweet?
Die amptelike slagspreuk van ons 2010-wereldbeker is “KE NAKO. Vier Afrika se menslikheid.” “Ke Nako” is ’n Suid-Sotho- en Tswana-woord wat “dit is tyd” beteken. Dit is ’n oproep om Afrika as die oorsprong van die mens en as bydraer tot elke sfeer van menslike bedrywighede te vier.
TOERISME EN AKKOMMODASIE 
Vir die eerste keer in sy geskiedenis kontrakteur FIFA ook nie-hotel-akkommodasie soos nasionale parke, bed-en-ontbytplekke, lodges en gastehuise. 
Ons het alreeds 80 000 gegradeerde kamers – meer as die 55 000 wat deur FIFA vereis word.
GESONDHEID- EN MEDIESE DIENSTE
Die land sal gratis primêre gesondheidsorg hê by alle amptelike venues (wedstrydplekke), 24-uur-nood- mediese dienste en internasionale en plaaslike waakmaatreëls teen die uitbreek van siektes. Die 2010 FIFA-wêreldbeker sal die vooruitgang van Suid-Afrika se nood- mediese dienste bespoedig:
•	Twee goed toegeruste kommunikasiesentrums, ter waarde van R37 miljoen, word in elke provinsie gevestig om intydse koördinasie van noodvoertuie na die naaste beskikbare noodsentrum te verseker.
• 	R8 miljoen word belê om noodsentrums op te gradeer.
• 	Mediese helikopterdienste sal na alle provinsies uitgebrei word.
• 	450 voertuig-ambulanse sal vervang word.
VEILIGHEID EN SEKURITEIT
Niks sal aan toeval oorgelaat word wat die sekuriteit van die verrigtinge en die veiligheid van die land aanbetref nie. Hierdie belegging sal die polisie in hul misdaadbekamping-inisiatiewe help lank nadat die 2010 FIFA-wêreldbeker verby is:
• 	R665 miljoen sal spandeer word om die allernuutste en beste toerusting aan te koop, insluitend skarebeheer-toerusting, onbemande vliegtuie, helikopters, 10 waterkanonne, 100 BMW’s vir snelwegpatrollies en koeëlvaste klere. 
• 	Vier hoëtegnologie- mobiele bevelsentrums sal lewendige beeldmateriaal van die vliegtuie en ander kameras af ontvang.
• 	’n Toegewyde mag van 41 000 amptenare sal spesifiek vir die 2010 FIFA-wêreldbeker ontplooi word.
Het jy geweet?
Tydens die Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling was Suid-Afrika aan die voorpunt van die ontwikkeling van ’n sekuriteitstelsel was erken word as ’n nuwe internasionale maatstaf – en wat sedertdien deur die Verenigde Nasies aanvaar is as die model vir gebruik tydens groot gebeurtenisse.
TOEGANG TOT SUID-AFRIKA
• 	R1,5 biljoen word belê in die opgradering van grensposte, en voorbereidings vir die 2010 FIFA-wêreldbeker verbeter immigrasie-prosedures vir toegang tot en vertrek uit die land.
• 	Ons sal wedstryd-spesifieke visums bied wat die kaartjiehouer sal toelaat om makliker in die land in te kom.
• 	Dit sluit vinniger immigrasieprosesse by grensposte in met behulp van “bespoedigde” bane en gevorderde passasier-prosessering waar reisigers gekontroleer word voordat hulle op die vliegtuig na hul bestemming klim.
Vir meer inligting:
www.sa2010.gov.za
VINNIGE FEITE
Die regering se voorbereidings vir die 2010 FIFA-wêreldbeker en 
FIFA-konfederasiebeker Suid-Afrika 2009
2010 EN ONS GROEIENDE EKONOMIE
Nagenoeg 415 000 nuwe werksgeleenthede sal geskep word deur die aanbieding van die toernooi.
Omtrent 80 000 nuwe werksgeleenthede is in die gasvryheidsbedryf geskep en 40 000 in die boubedryf.
Min of meer R55,7 biljoen sal in 2010 by ons bruto binnelandse produk gevoeg word.
Nagenoeg R2 biljoen van die geld wat aan nuwe stadions bestee word, sal direk tot voordeel van lae-inkomste-huishoudings strek.
Omtrent R8,5 biljoen sal in 2010 deur buitelandse besoekers in Suid-Afrika bestee word.
Tussen 2007 en 2015 sal ’n bykomende twee miljoen internasionale toeriste Suid-Afrika besoek danksy ons aanbieding van die toernooi.
FIFA-konfederasiebeker
Suid-Afrika 2009
14 – 28 Junie 2009
Bekend as die fees van die kampioene, word hierdie aptytwekker tot die FIFA-wêreldbeker tussen die wenners van elk van die FIFA-konfederasie-streekstoernooie, die vorige FIFA-wêreldbeker-wenner en die volgende FIFA-wêreldbeker-gasheerland gespeel. Met die opwinding van wêreldklas-spanne – insluitend drie van die wêreld se top-vier-spanne – en die energie van ’n nasie met sokkerkoors, is dit ’n ervaring wat nie misgeloop moet word nie.
EGIPTE - CAF Afrikabeker 2008-kampioene
Egipte is ongetwyfeld een van die grootste magte in Afrika-sokker. Hulle is die suksesvolste span in die geskiedenis van die Afrikabeker, met ses titels. Afrigter: Hassan Shehat. FIFA-rang: 22. FIFA-konfederasiebekerverskynings: een. Vernaamste spelers: Hossam Hassan, Ahmed Hassan, Amr Zaky, Mohamed Zidan.
IRAK - AFC Asië-beker 2007-kampioene
Die aanvallende speelstyl en deeglike tegniek maak hulle waardige aanspraakmakers as die kampioene van Asië. Afrigter: Jorvan Vieira. FIFA-rang: 77. FIFA-konfederasiebekerverskynings: een. Vernaamste spelers: Younis Mahmoud, Noor Sabri, Bassim Abbas, Nashat Akram.
SPANJE - UEFA EURO 2008-kampioene
Spanje is tans nommer een op die amptelike FIFA-wêreldranglys. Afrigter: Vicente Del Bosque. FIFA-rang: een. FIFA-konfederasiebekerverskynings: debuut. Vernaamste spelers: Fernando Torres, Xabi Alonso, Iker Casillas, Sergio Ramos.
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) - CONCACAF Gold Cup 2007-kampioene
Die VSA word beskou as ’n sluimerende reus in die sokkerwêreld nadat hulle vir die afgelope vyf FIFA-wêreldbekertoernooie gekwalifiseer het en in 2007 die CONCACAF Gold Cup-titel behou het deur Mexiko 2-1 te klop. Afrigter: Bob Bradley. FIFA-rang: 21. FIFA-konfederasiebekerverskynings: drie. Vernaamste spelers: Damarcus Beasley, Landon Donovan, Clint Dempsey, Tim Howard.
BRASILIË - Copa America 2007-kampioene
Geen ander span in die geskiedenis het al soveel sukses soos Brasilië behaal nie. Nie net het hulle van die grootste name in sokker soos Pelé en Ronaldinho opgelewer nie, maar hulle is ook die enigste span wat aan elke enkele FIFA-wêreldbeker sover deelgeneem het. Afrigter: Dunga. FIFA-rang: vier. FIFA-konfederasiebekerverskynings: vyf (twee keer gewen). Vernaamste spelers: Ronaldinho, Adriano, Gilberto, Robinho.
NIEU-SEELAND - OFC-nasies-beker 2008-kampioene
Die “All Whites” soos hulle alom bekend staan, het sover aan elke OFC-nasies-beker sedert 1973 deelgeneem, en altesaam vier keer gewen. Afrigter: Ricki Herbert. FIFA-rang: 54. FIFA-konfederasiebekerverskynings: twee. Vernaamste spelers: Simon Elliot, Ryan Nelson, Chris Killen, Shane Smeltz.
SUID-AFRIKA- Gasheerland
Met een CAF-Afrikabeker- en twee COSAFA-beker-titels agter hul naam, is “Bafana Bafana” gereed om hul slag as gasheer te wys. Afrigter: Joel Santana. FIFA-rang: 85. FIFA-konfederasiebekerverskynings: een. Vernaamste spelers: Benni McCarthy, Aaron Mokoena, Steven Pienaar, Teko Modise.
ITALIË - 2006 FIFA-wêreldbeker-kampioene
Italië is een van die sokkerwêreld se kragtigste spanne met vier FIFA-wêreldbeker-oorwinnings. Afrigter: Marcello Lippi. FIFA-rang: twee. FIFA-konfederasiebekerverskynings: debuut. Vernaamste spelers: Fabio Cannavaro, Andrea Pirlo, Luca Toni, Gianluigi Buffon.
WEDSTRYD-SKEDULE
Geniet wêreldklas-sokker vanaf slegs R70 – Bespreek jou sitplek en wees deel van die Kampioenskap van Kampioene.
Doen aanlyn aansoek by www.FIFA.com of by enige Eerste Nasionale Bank-tak landswyd.
Die amptelike wedstrydbal van die FIFA-konfederasiebeker Suid-Afrika 2009
Afgelei van die Suid-Sotho-woord vir “saamvoeg”, verteenwoordig die “Kopanya”-bal se naam die feit dat die sokkerwêreld in Junie 2009 vir die eerste keer in Afrika bymekaarkom. Die ontwerp van die bal is geïnspireer deur die geometriese kunswerk van die Ndebele-mense.
WEDSTRYD-SKEDULE
GROEP-WEDSTRYDE
SEMIFINALE
3de/4de PLEK EN FINAAL
Sondag, 14 Junie
Maandag, 15 Junie
Dinsdag, 16 Junie
Woensdag, 17 Junie
Donderdag, 18 Junie
Vrydag, 19 Junie
Saterdag, 20 Junie
Sondag, 21 Junie
Maandag, 22 Junie
Dinsdag, 23 Junie
Woensdag, 24 Junie
Donderdag, 25 Junie
Vrydag, 26 Junie
Saterdag, 27 Junie
Sondag, 28 Junie
JOHANNESBURG
ELLIS PARK-STADION
RUSTENBURG
ROYAL BAFOKENG-STADION
TSHWANE /PRETORIA
LOFTUS VERSVELD-STADION
MANGAUNG /BLOEMFONTEIN
VRYSTAAT-STADION
Groep A 
Suid-Afrika A1
Irak A2
Nieu-Seeland A3
Spanje A4
Groep B
VSA B1
Italië B2
Brasilië B3
Egipte B4
“KOPANYA”
Die amptelike wedstrydbal
