

VRYSTAATSE WETGEWER





















STAANDE REëLS EN ORDERS





































TWEEDE UITGAWE: 1998



INHOUDSOPGAWE





INTERPRETASIE







BLADSY

1.

Onvoorsiene gebeurlikhede:

13

2.

Opskorting:

13



VERRIGTINGE BY EERSTE VERGADERING VAN



NUWE WETGEWER



Kennisgewing van byeenkoms voorgelees en eed





of plegtige verklaring:

14

4.

Verkiesing van Premier:

14

5.

Aanwysing van Waarnemende Premier:

15

6.

Verkiesing van Speaker en Adjunkspeaker:

15

7.

Opening van die Wetgewer:

15

8.

Verslag van Openingsrede:

15

9.

Openingsrede op Ordelys geplaas:

16

Verrigtinge by eerste vergadering van Wetgewer





synde nie ‘n nuwe Wetgewer nie:

16



PREMIER VAN PROVINSIE



11.

Vakante Premierskap:

16

SPEAKER, ADJUNKSPEAKER EN ANDER VOORSIT  -



TENDE BEAMPTES



12.

Verkiesing van Speaker en Adjunkspeaker:

17

Verkiesing van ander  Voorsittende Beamptes:

17

14.

Aflos van Speaker:

17

15.

Afwesigheid van Speaker:

18

Voortdurende afwesigheid van Speaker en





Adjunkspeaker:

18

17.

Afwesigheid van Voorsittende Beampte:

18



1



LEIER VAN DIE OPPOSISIE



18.

Leier van die Opposisie:



18







LEDE



19.

Verlof tot afwesigheid:

19



SITTINGS EN VERDAGINGS



20.

Tye van Sittings:

19

21.

Spesiale Sitting:



20





22.

Sittingsdae en sittingsure:

20

Onderbreking, Opskorting of Verdaging





van Verrigtinge:

21



OPENBARE TOEGANG



24.

Toelating van Publiek:

21



KWORUM



25.

Kworumvereistes:

22

26.

Gebrek aan kworum:

22

27.

Verdaging weens gebrek aan kworum:

23



OPENBARE WERKSAAMHEDE





RANGSKIKKING EN FORMELE PROSEDURE

28.

Volgorde van werksaamhede:

23

29.

Gebede:

24

30.

Stellings deur Lede van die Uitvoerende Raad:

24

31.

Stellings deur Lede:

24



2



PETISIES



32.

Vorm van petisies:

25

33.

Taal van petisies:

25

34.

Ondertekening van petisies:

25

35.

Indiening:

25

36.

Goedkeuring deur Speaker:

26

37.

Tertafellegging:

26

38.

Petisie om ‘n Pensioen:

26

39.

Petisie Verwys:

26



INTERPELLASIES EN VRAE





ALGEMEEN



40.

Kennisgewing:

27



INTERPELLASIES



41.

Vorm en plasing:

28

42.

Prosedure:

28

43.

Voorrang:

29

44.

Aantal interpellasiedebatte:

29



VRAE



45.

Plasing en rangskikking:

29



VRAE VIR MONDELINGE BEANTWOORDING



46.

Tydperk van kennisgewing:

30

47.

Vorm van vrae:

30

48.

Tye toegewys:

31

Vrae aan Premier van die Provinsie





sonder kennisgewing:

31





3



VRAE VIR GESKREWE REPLIEK



50.

Vorm van vrae:

33

51.

Onbeantwoorde geskrewe vrae:

33



MOSIES IN DIE HUIS



52.

Aard van mosies:

33

53.

Reël betref fende dieselfde vraag:

34

54.

Mosies sonder kennisgewing:

34

55.

Kennisgewing van mosie:

35

56.

Optrede namens ‘n afwesige Lid:

36

57.

Vrae van voorreg:

36

58.

Speaker kan kennisgewings wysig:

36



WYSIGINGS AAN MOSIES



59.

Wysigings moet op skrif en onderteken wees:

36

60.

Wysigings aan vorige deel:

37

61.

Volgorde waarin wysigings gestel word:

37



TERUGTREKKING



62.

Terugtrekking van mosie:

37

BESPREKING VAN SAKE VAN OPENBARE BELANG

63.

Sake van Openbare Belang:

37

64.

Sake van Dringende Openbare Belang:

38



ORDE IN HUIS EN REëLS VAN DEBAT



65.

Gedrag van Lede:

39

66.

Lede mag nie hardop gesels nie:

39

67.

Lid mag nie in die rede geval word nie:

39

68.

Orde by verdaging:

39





4





69.

Handhawing van orde:

40

70.

Voorrang van Voorsittende Beampte:

40

71.

Ontoepaslikheid of herhaling:

40

72.

Lid gelas om te onttrek:

40

73.

Lid genoem of geskors:

41

74.

Lid moet gebied van Wetgewer verlaat:

41

75.

Duur van skorsing:

42

76.

Betuiging van spyt:

42

77.

Ernstige wanorde:

42

Lid moet onttrek terwyl sy of haar gedrag





bespreek word:

42

79.

Lid geoordeel as skuldig aan minagting:

42



REëLS VAN DEBAT



80.

Lid moet Stoel aanspreek:

43

81.

Reg van Lede om te praat:

43

82.

Lid aangesê om te praat:

44

83.

Lid mag nie twee maal oor ‘n vraag praat nie:

44

84.

Tydsbeperkings op toesprake:

44

85.

Verwysing na Lid op sy of haar naam:

44

86.

Aanstootlike taal:

44

87.

Refleksie op besluite van dieselfde sessie:

45

88.

Refleksie op wette:

45

89.

Refleksie op regters en ander:

45

90.

Sake wat sub judice is:

45

91.

Vooruitlopingsreël:

45

92.

Verduideliking:

46

Punte van orde:

46

94.

Optrede namens afwesige Lid:

46

95.

Wanneer word repliek toegelaat:

46

96.

Sekondante:

47

97.

Debat afgehandel:

47





5







BESLISSING VAN VRAE





98.

Beslissing van vraag uitgestel:



47

99.

Beslissing van uitgestelde vrae:



47

100.

Uitgestelde vraag word sonder verdere debat gestel:

47

101.

Herhaling van vraag:



47

102.

Vraag ten volle gestel:



48

103.

Verklaring van stem:



48

104.

Aantekening van opposisie:



48

105.

Eis om hoofdelike stemming:



49

Minder as vier Lede ondersteun eis om







hoofdelike stemming:



49

107.

Hoofdelike stemming-klokkies gelui en deure gesluit:

49

108.

Prosedure nadat deur gesluit is:



50

109.

Minderheid bestaande uit minder as 10 Lede:



50

110.

Lid wat hoofdelike stemming aanvra moet saam met min-



derheid stem:

50



111.

Lede teenwoordig sal stem:



50

112.

Punte van orde tydens hoofdelike stemming:



51

113.

Resultate moet verklaar word:



51

114.

Verwarring of foute wat verband hou met hoofdelike stem-



ming:

51



115.

Korrigering van Notule:



51



UITVOERENDE RAAD





116.

Rekenpligtigheid teenoor die Wetgewer:



51

117.

Besluite rakende Uitvoerende Raad:



52

Toestemming ten opsigte van Provinsiale







grond of –eiendom:



52



Advies, aanbeveling of goedkeuring van komitee aan Uitvoerende



Raad:

52

Ter Tafellegging van Ingrypings ingevolge

Artikel 139 van die Grondwet:

53



6



JAARLIKSE VERSLAE



121.

Jaarlikse Verslae van Provinsiale Departemente:

53

122.

Jaarlikse Verslae van Provinsiale Staatsorgane:

54

123.

Verslae deur die Grondwet aangevra:

54



BEVOEGDHEDE VAN DIE WETGEWER



124.

Algemene Bevoegdhede:

55

125.

Plaaslike Regering:

56

126.

Suid-Afrikaanse Polisiedienste:

57

127.

Provinsiale Belastings:

57

128.

Ontbinding van Wetgewer:

58



OPENBARE WETSONTWERPE





ALGEMEEN



Dieselfde wetsontwerp mag nie twee keer





voorgestel word nie:

59

130.

Hervatting van verrigtinge op verstreke wetsontwerpe:

59

131.

Terugtrekking van wetsontwerp:

59

132.

Verwerping van wetsontwerp:

59

133.

Stadia van wetsontwerpe:

60

134.

Wysigings op die mosie vir die Tweede Lesing van ‘n wet-



sontwerp:

60

135.

Lees van wetsontwerp:

60

136.

Aanneem van wetsontwerp:

60

137.

Verskille tussen weergawes van wetsontwerp:

61



UITVOERENDE MAATREëLS



138.

Publikasie van wetsontwerpe:

61

139.

Indiening en Eerste Lesing van wetsontwerp:

62

140.

Verspreiding van wetsontwerp:

63

Wetsontwerp wat nie na die Komitee van die Hele





7

Huis verwys word ná die  Tweede Lesing nie:

63



142.

Opdrag aan Komitee van die Hele Huis:



63

143.

Lees van klousules in Komitee van die Hele Huis:

63

Omvang van debat en toepaslikheid van wysigings in







Komitee van die Hele Huis:



64

145.

Wysigings in Komitee van die Hele Huis:



64

146.

Beginsel nie bespreek in Komitee van die Hele Huis:

65









Prosedure vir wysigings gemaak deur ‘n







gekose komitee:





65







148.

Verslag van wetsontwerp:



65

149.

Terugverwysing van wetsontwerp:



65

150.

Wetsontwerp mag na gekose komitee verwys word:

66

PRIVAATLEDE SE OPENBARE WETSONTWERPE

151.

Privaatlid se wetsontwerp:



66



GELDWETSONTWERPE







ALGEMEEN





152.

Geldwetsontwerpe:



67

153.

Inhoud van Begrotings:



67

154.

Wanneer aanbeveling deur Premier vereis word:



68

155.

Indiening en Eerste Lesing van die wetsontwerp:



68







156.

Verwysing van wetsontwerp na Finansies-komitee:

69

157.

Wetsontwerp op Ordelys geplaas vir Tweede Lesing:

69

158.

Omvang van debat oor Tweede Lesing van







Begrotingswetsontwerp:



70

Wetsontwerp verwys na die Komitee van die





Hele Huis na die Tweede Lesing:

70



160.

Skattings van Uitgawegedeelte van wetsontwerp:

70

161.

Orde van sake in Komitee van die Hele Huis:



71



8

162.

Inneem van komiteestadium:

72

163.

Belastingvoorstelle:

72

164.

Goedkeuring van Ongemagtigde Uitgawes:

73



TWEESOORTIGE WETSONTWERPE



165.

Definisie:

73

166.

Verwysing na eksaminatore:

74

167.

Verwysing na Komitees:

74









KONSOLIDASIEWETSONTWERPE



168.

Verrigtinge in verband met Konsolidasiewetsontwerpe:

74

169.

Verwysing na Gekose Komitee:

75



KOMITEE VAN DIE HELE HUIS



170.

Speaker verlaat Stoel sonder om vraag te stel:

75

171.

Prosedure in Komitee van die Hele Huis:

75

172.

Tussentydse verslae of vordering gerapporteer:

76

173.

Finale Verslag:

76



NASIONALE RAAD VAN PROVINSIES





AFGEVAARDIGDES



174.

Aanstelling van Permanente Afgevaardigdes:

76

175.

Bewys van aanstelling as permanente afgevaardigdes:

76

176.

Aanwysing van spesiale afgevaardigdes:

77

177.

Bewys van aanwysing as spesiale afgevaardigdes:

78

Permanente afgevaardigdes se regte en verpligtinge





in die Wetgewer:

78



VERLENING VAN STEMBEVOEGDHEID



179.

Verlening van bevoegdheid om te Stem:

79



9

180.

Bewyse van Stembevoegdheid:

79



NRP-WETSONTWERPE



Wetsontwerpe binne die sfeer van artikel 75





van die Grondwet:

80

Wetsontwerpe en aangeleenthede buite die





sfeer van artikel 75 van die Grondwet:

80

















KOMITEES



183.

Definisies:

81



HUISHOUDELIKE KOMITEES



184.

Algemeen:

81

185.

Samestelling van die Komitee vir Reëls en Orders:

82

186.

Samestelling van die Interne Reëlingskomitee:

82

187.

Samestelling van die Vrywaringskomitee:

83

188.

Samestelling van Voorsitterspaneel:

83

189.

Samestelling van Komitee vir Regeringsondernemings:

84

190.

Samestelling van die Swepe-komitee:

85

191.

Samestelling van die Prioritiseringskomitee:

85

192.

Samestelling van Programmeringskomitee:

86



PORTEFEULJE-KOMITEES



193.

Die samestelling van Portefeulje-komitees:

87

194.

Funksies van Portefeulje-komitees:

87

195.

Magte van Portefeulje-komitees:

88

196.

Duur van Portefeulje-komitees:

90

197.

Getal Lede van Portefeulje-komitees:

90

198.

Aanstelling van Lede van Portefeulje-komitees:

90



10

199.

Voorsitter van Portefeulje-komitees:

91

200.

Beslissende stem:

91

201.

Kworum:

91

202.

Eerste vergadering van Portefeulje-komitee:

92

Sittings van Portefeulje-komitees gedurende





sittings van Huis:

92



Beskuldiging teen Lede: 92 



205.

Verslag van Portefeulje-komitee voorgelê:

92

206.

Minderheidsverslag:

92











GEKOSE KOMITEES



207.

Samestelling van Gekose Komitees:

93

208.

Aanstelling van Lede van Gekose Komitee:

93

209.

Voorsitter van Gekose Komitee:

93

210.

Beslissende stem:

93

211.

Kworum:

93

212.

Eerste vergadering van Gekose Komitee:

94

Sittings van Gekose Komitee gedurende





sittings van die Huis:

94

214.

Sittings van Gekose Komitee wanneer Huis verdaag is:

94

215.

Beskulding teen Lid:

94

216.

Verslag van Gekose Komitee voorgelê:

94

217.

Minderheidsverslag:

94



ALGEMEEN



218.

Vergemakliking van Openbare Betrokkenheid:

94

219.

Beperking op toegang tot Komitees:

95

220.

Teenwoordigheid van Nie-Lede van Komitees:

95

Publikasie van Verrigtinge, getuienis of verslae





van Komitees:

96

222.

Regsadviseurs en prokureurs:

96







11



GETUIES



223.

Bywoning van getuies wat in die gevangenis





aangehou word:

96

224.

Dagvaardiging van getuies:

97

225.

Onkoste van getuies:

97



KANTOOR VAN DIE SEKRETARIS EN DOKUMENTE



VAN DIE WETGEWER



226.

Notule van Verrigtinge:

97

227.

Joernale van die Wetgewer:

97

228.

Bewaring van dokumente:

97

229.

Toegang tot dokumente wat ter Tafel gelê is:

98

230.

Algemene pligte van die Sekretaris:

98





























































12















INTERPRETASIE





1.	Onvoorsiene gebeurlikhede



Die Speaker kan 'n beslissing gee of 'n reël opstel ten opsigte van enige gebeurlikheid waarvoor hierdie Reëls nie voorsien - ing maak nie. 



'n Reël deur die Speaker opgestel, bly van krag totdat 'n ver - gadering van die Reëlskomitee 'n besluit daaroor geneem het. 





2.	Opskorting



Enige bepaling van hierdie Reëls wat op die verrigtinge of die werksaamhede op 'n vergadering van die Huis of 'n komitee van hierdie Huis betrekking het, kan by besluit van die Huis opgeskort word. 



Die opskorting van enige bepaling van hierdie Reëls is by die toepassing daarvan beperk tot die bepaalde doel waarvoor die opskorting goedgekeur is. 



















13

VERRIGTINGE BY EERSTE VERGADERING VAN NUWE WETGEWER





Kennisgewing van byeenkoms voorgelees en eed of plegtige verklaring 



Met die aanvang van die verrigtinge van hierdie Huis op die eerste sittingsdag nadat dit beskryf is ingevolge artikel 110(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet No 



108 van 1996 (hierna na verwys as "die Grondwet"), sal die Sekretaris of 'n persoon deur hom/haar aangewys, die kennis- gewing voorlees wat die Wetgewer byeenroep. 



Wanneer   die   kennisgewing   wat   die   Wetgewer   byeenroep, 



voorgelees is, sal Lede die eed of 'n plegtige verklaring aflê. [Sien artikel 107 van die Grondwet.] 



Tydens alle ander tye sal Lede aan die Tafel voorgestel en daarheen gelei word deur twee Lede, met die doel om die eed of plegtige verklaring af te lê. 





4.	Verkiesing van Premier



Tydens die eerste sitting, nadat die Huis ingevolge artikel 110(1) van die Grondwet byeengeroep is, sal hierdie Huis een van sy Lede as Premier van die Provinsie verkies. [Sien artikel 128 van die Grondwet.] 



Die prosedure soos uiteengesit in Deel A van Skedule 3 van die Grondwet en die reëls soos voor geskryf deur die President van die Grondwethof en aanvaar deur hierdie Huis, is van toepassing op die verkiesing van die Premier. 











14

Aanwysing van Waarnemende Premier 



Indien dit nodig sou word vir die Wetgewer om 'n Waarnemende Premier aan te wys ingevolge artikel 131 van die Grondwet, moet die Wetgewer by wyse van 'n besluit een van sy Lede aanwys. [Artikel 131(1) van die Grondwet.] 





Verkiesing van Speaker en Adjunkspeaker 



Tydens die eerste sitting, ná die verkiesing van die Premier van die Provinsie, gaan hierdie Huis oor tot die verkiesing van 



een van sy Lede as Speaker van die Huis, wat sy/haar waardering te kenne sal gee vir die eer wat aan hom/haar bewys is; en 'n ander as Adjunkspeaker van hierdie Huis. [Sien artikel 111(1) en (2) van die Grondwet.] 



Die prosedure soos uiteengesit in Deel A van Skedule 3 van die Grondwet en die reëls soos voor geskryf deur die President van die Grondwethof en aanvaar deur hierdie Huis, is van toepassing op die verkiesing van die Speaker en die Adjunkspeaker. 





Opening van die Wetgewer 



Die Speaker sal aan die Huis bekend maak hoe laat die Premier die Wetgewer sal open, en die verrigtinge word dan opgeskort totdat die Premier sy of haar Openingsrede gelew- er het. 





Verslag van Openingsrede 



Die Speaker sal aan die Huis verslag doen van die Premier se Openingsrede. 









15

Openingsrede op Ordelys geplaas 



Wanneer die Premier sy/haar Openingsrede gelewer het, sal die Sekretaris dit op die Ordelys van die Huis plaas vir bespreking. 





Verrigtinge by eerste vergadering van Wetgewer synde nie 'n nuwe Wetgewer nie 



Dieselfde prosedure soos voorgeskryf deur Staande Orders 7 – 9 moet gevolg word. 







PREMIER VAN PROVINSIE



11.	Vakante Premierskap



Wanneer 'n vakature ontstaan in die amp van Premier, lig die Hoofsweep of 'n Lid van die Huis deur hom of haar genomi- neer, die Huis dienooreenkomstig in, waarna die Huis een van sy Lede as Premier verkies in ooreenstemming met die bepal- ings van artikels 128(2) en (3) van die Grondwet. 



Die Hoofsweep of 'n Lid van die Huis deur hom of haar genomineer, lig die Huis in oor die tyd en datum vasgestel vir die verkiesing van 'n Premier. 



Die prosedure soos uiteengesit in Deel A van Skedule 3 van die Grondwet en die reëls soos voor geskryf deur die President van die Grondwethof en aanvaar deur hierdie Huis, is van toepassing op die verkiesing van die Premier. 

















16

SPEAKER, ADJUNKSPEAKER EN ANDER VOORSIT - TENDE BEAMPTES





12.	Verkiesing van Speaker en Adjunkspeaker



Wanneer dit nodig is om 'n Speaker of 'n Adjunkspeaker te kies, sal die Sekretaris, of 'n amptenaar van die Wetgewer deur hom of haar aangewys, die Huis dienooreenkomstig inlig, waarna hierdie Huis onverwyld of op 'n tyd deur die Sekretaris, of sodanige amptenaar deur hom of haar genomi- neer, sal oorgaan tot die verkiesing inge volge artikel 111(1),(2) en (3) van die Grondwet. 



Die prosedure soos uiteengesit in Deel A van Skedule 3 van die Grondwet en die reëls soos voor geskryf deur die President van die Grondwethof en aanvaar deur hierdie Huis, is van toepassing op die verkiesing van die Speaker en Adjunkspeaker. 



Die gekose Lid sal, vanuit sy of haar sitplek, sy of haar waardering te kenne gee vir die eer wat aan hom of haar bewys is. 





Verkiesing van ander Voorsittende Beamptes 



Die Wetgewer sal een van sy Lede verkies om die Voorsitter van die Komitees van die Hele Huis te wees. 





Aflos van Speaker 



Die Adjunkspeaker of enige ander Lid aldus aangewys deur die Speaker sal die Stoel van die Huis inneem wanneer die 



Speaker hom of haar tydens 'n sitting van die Huis versoek om dit te doen. 













17

15.	Afwesigheid van Speaker



Wanneer die Speaker afwesig is of nie die werksaamhede van die amp van Speaker kan verrig nie, of wanneer dié amp vakant is, sal die Adjunkspeaker as Speaker optree. Die Huis sal een va n sy Lede aanste l om waar te neem as Adjunkspeaker totdat die Speaker weer die Stoel inneem. 



Wanneer sowel die Speaker as die Adjunkspeaker afwesig is of nie die werksaamhede van die Amp van Speaker kan ver- rig nie, of wanneer albei Ampte vakant is, sal die Huis een van sy Lede aanwys om as Voorsittende Beampte op te tree. 



Voortdurende afwesigheid van Speaker en Adjunkspeaker 



Wanneer hierdie Huis in kennis gestel is dat sowel die Speaker as die Adjunkspeaker waarskynlik langer as sewe 



opeenvolgende werksdae van hierdie Huis afwesig sal wees, kan die Huis 'n Lid aanstel om as Adjunkspeaker waar te neem totdat die Speaker die Stoel weer inneem of totdat die Huis anders besluit. 



Afwesigheid van Voorsittende Beampte 



Wanneer hierdie Huis in kennis gestel is dat al die verkose Voorsittende Beamptes onvermydelik afwesig is, kies die Huis onverwyld een van sy Lede om slegs vir daardie dag as Speaker waar te neem. Die vraag word deur die Sekretaris gestel. 



LEIER VAN DIE OPPOSISIE



Leier van die Opposisie 



Die leier van die grootste minderheidsparty verteenwoordig in die Wetgewer, is die Leier van die Opposisie. [Sien Artikel 116 van die Grondwet.] 







18

LEDE 19. Verlof tot afwesigheid



'n Lid wat, vir 30 of meer opeenvolgende dae waarop die Huis, of enige ander forum van die Huis waarvan hy of sy 'n Lid is, in sitting is, homself or haarself wil afwesig verklaar van sittings van hierdie Huis of sulke forums, moet, voordat hy of sy aldus afwesig bly, die verlof van die Huis of van 'n Komitee van die Huis verkry wat gemagtig is om sodanige verlof toe te staan. [Sien artikel 106(3)(b) van die Grondwet.]



Die toestaan van sodanige verlof deur hierdie Huis sal deur die Hoofsweep van die party waaraan die Lid behoort wat die verlof verlang, voorgestel word. 



Indien sodanige verlof deur 'n Komitee toegestaan word, word 'n verslag deur die Komitee met dié strekking aan die Huis voorgelê en in die Notule van Verrigtinge gepubliseer. 



Indien 'n Lid homself of haarself vrywilliglik afwesig verk- laar van sittings vir 30 opeenvolgende sittingsdae, sonder om die bogenoemde verlof te verkry, sal hy of sy, sy of haar sit- plek ontruim. 





SITTINGS EN VERDAGINGS



Tye van Sittings 



Die Swepe-komitee, na oorlegpleging met die Leier van die Huis, bepaal die tyd en duur van sittings en resesperiodes van die Huis. [Sien Artikel 110(1) van die Grondwet.] 



















19

Spesiale Sitting 



Die Premier mag die Huis enige tyd byeenroep na 'n spesiale sitting om spesiale werksaamhede te hanteer. [Sien Artikel 110(2) van die Grondwet.] 





Sittingsdae en sittingsure 



Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae en Vrydae sal werksdae vir hierdie Huis wees. 



Die werksaamhede van hierdie Huis kan op dié dae deur hom oorweeg word, en op dié dae is die sittingsure soos volg: 



Maandae tot Donderdae: 



Vanaf 14:15, of 'n later tyd wat die Speaker bepaal, tot verdag- ing. 



Vrydae: 



Vanaf 10:00, of 'n later tyd wat die Speaker bepaal, tot verdag- ing. 



Op Woensdae voor die Paasreses word die werksaamhede van Komitees tussen 09:00 en 12:45 en tussen 14:15 en 16:30 



deur hulle oorweeg, tensy buitengewone omstandighede dit anders vereis. 



Verdaging van die verrigtinge van die Huis met die uitsluitlike oogmerk/intensie om openbare vakansiedae soos deur die 



Staat vasgestel, te eerbiedig, sal deur die Huis voorgeskryf word indien die behoefte ontstaan. 

















20

Onderbreking, Opskorting of Verdaging van Verrigtinge 



Die verrigtinge van hierdie Huis sal deur die Voorsittende Beampte onderbreek, opgeskort of verdaag word. 



Die verrigtinge van 'n Komitee van die Hele Huis sal deur die Voorsittende Beampte onderbreek of opgeskort word. 



Die Voorsittende Beampte kan in oorleg met die Leier van die Huis die Huis tot 'n latere werksdag as die eersvolgende sit- tingsdag verdaag: met dien verstande dat die Speaker gedurende sodanige verdaging die datum vir die hervatting van werksaamhede kan vervroeg of uitstel. 





OPENBARE TOEGANG



24.	Toelating van Publiek



Die Wetgewer moet sy werksaamhede op 'n oop wyse hanteer, en die sittings en dié van die Komitees, in die openbaar hou. 



Die Speaker het die mag om redelike maatreëls te tref om openbare toegang tot die Wetgewer te reguleer, insluitende toegang deur die media, en om te voorsien vir die deursoek- ing van enige persoon, en waar toepaslik, die weiering van toegang of die verwydering van enige persoon ingevolge artikel 18 van die Grondwet. 



Die voorsittende Lid van ‘n komitee het die mag om redelike maatreëls te tref om openbare toegang tot ‘n ver gadering van die komitee te reguleer, insluitende toegang deur die media, en om te voorsien in die deursoeking van enige persoon, en waar toepaslik, die weiering van toegang of die verwydering van enige persoon ingevolge artikel 18 van die Grondwet. 







21



Persone wat sittings van die Wetgewer en sy komitees bywoon, moet sulke voorskrifte volg en voldoen aan sulke reëls wat deur die voorsittende Lid neer gelê mag word. [Sien Artikels 21, 116 en 118 van die Grondwet.] 





KWORUM



Kworumvereistes 



Die aanwesigheid van minstens een derde of, wanneer daar oor 'n Wetsontwerp gestem word, van minstens een helfte van al die Lede van hierdie Huis, behalwe die Speaker of ander 



Voorsittende Beampte, is nodig om 'n vergadering van die Huis uit te maak. [Sien artikel 112 van die Grondwet.] 





Gebrek aan kworum 



Indien daar geen kworum teenwoordig is op die tyd wat vir die vergadering van die Huis bepaal is nie, sal die Speaker die Stoel inneem sodra 'n kworum teenwoordig is. 



Indien daar by verstryking van 'n halfuur na die tyd wat vir die vergadering bepaal is, nog nie 'n kworum teenwoordig is nie, sal die Speaker die Stoel inneem en die Huis verdaag. 



Indien die aandag van die Voorsittende Beampte daarop gevestig word dat daar nie 'n kworum teenwoordig is nie en indien daar na verloop van drie minute, waartydens die klokkies gelui word, nog nie 'n kworum teenwoordig is nie, kan die Voorsittende Beampte die verrigtinge opskort of die Huis verdaag of die beslissing van die vraag uitstel. 













22

27.	Verdaging weens gebrek aan kworum



Wanneer die Huis weens gebrek aan 'n kworum verdaag word, word die tyd van die verdaging, asook die name van die aanwesige Lede, in die Notule van Verrigtinge opgeteken. 



'n Lid wat die aandag van die Voorsittende Beampte daarop vestig dat daar nie 'n kworum aanwesig is nie, word geag aan- wesig te wees wanneer die Lede getel word, of hy of sy aan- wesig is of nie. 





OPENBARE WERKSAAMHEDE



RANGSKIKKING EN FORMELE PROSEDURE



Volgorde van werksaamhede 



Tensy die Staande Reëls en Orders dit andersins toelaat, sal die daaglikse roetine van werksaamhede as volg wees: 



Gebed Aankondigings 

Stellings deur Lede van die Uitvoerende Raad 



Stellings deur Lede Komiteeverslae Petisies Interpellasies 



Vrae 



Kennisgewing van Mosies Mosies 





Gebede 



By die aanvang van verrigtinge op elke sittingsdag word 'n minuut van stilte gehandhaaf. 









23

30.	Stellings deur Lede van die Uitvoerende Raad



Die Leier van die Huis sal, in samewerking met die Swepe van alle partye, besluit op watter dae stellings deur Lede van die Uitvoerende Raad toegelaat sal word.



Op sodanige dae soos aangewys, sal daar 'n tydperk van 20 minute wees waartydens Lede van die Uitvoerende Raad sake mag opper wat met hulle portefeuljes verband hou wat hulle 



nodig ag om onder die dringende aandag van die Wetgewer gebring te word. 



'n Stelling deur 'n Lid van die Uitvoerende Raad mag nie langer as vyf minute duur nie. 



Sodanige stellings sal verband hou met sake wat van openbare belang is, maar LUR'e sal nie die oorweging van enige Order van die dag antisipeer nie en sal deur die gewone reëls wat die regmatigheid van die debat reguleer, gebind word. 



Sake wat gedurende hierdie tydperk geopper word, is nie aan debattering onderhewig nie. 





31.	Stellings deur Lede



Die Leier van die Huis sal, in samewerking met die Swepe van alle partye, besluit op watter dae stellings deur Lede van die Wetgewer toegelaat sal word.



Op sodanige dae soos aangewys, sal daar 'n tydperk van 20 minute wees waartydens Lede van die Wetgewer sake mag 



opper wat hulle nodig ag om onder die dringende aandag van die Wetgewer gebring te word. 



'n Stelling deur 'n Lid van die Wetgewer mag nie langer as drie minute duur nie. 



Sodanige stellings sal verband hou met sake wat van openbare 



24

belang is, maar Lede sal nie die oorweging van enige Order van die dag antisipeer nie en sal deur die gewone reëls wat die regmatigheid van die debat reguleer, gebind word.



Sake wat gedurende hierdie tydperk geopper word, is nie aan debattering onderhewig nie. 





PETISIES



Vorm van petisies 



Petisies moet in die vorm wees wat deur die Speaker voorgeskryf is. 





Taal van petisies 



'n Petisie wat nie in een van die amptelike tale van die Provinsie is nie, moet vergesel wees van 'n vertaling in so ‘n amptelike taal, wat as juis en korrek gesertifiseer is deur die Lid wat die petisie indien of deur 'n beëdigde vertaler . 





Ondertekening van petisies 



Tensy die Speaker anders besluit, moet elke petisie deur die petisionarisse self onderteken wees. 



Persone wat nie kan skryf nie moet hulle merke op die petisie aan- bring in die teenwoordigheid van twee getuies, wat die petisie in dié hoedanigheid moet onderteken.





35.	Indiening



'n Petisie moet deur 'n Lid by die Sekretaris ingedien word en moet bo-aan deur die Lid geteken wees. 



25

'n Lid is nie bevoeg om 'n petisie ten behoewe van hom- self/haarself in te dien nie, maar so 'n petisie kan deur 'n ander Lid ingedien word. 





Goedkeuring deur Speaker 



Elke  petisie  moet  minstens  een  dag  by  die  Sekretaris  gede- 



poneer wees, wat dit by die Speaker vir goedkeuring moet voorlê voordat dit ter Tafel gelê word. 





Tertafellegging 



'n  Petisie  wat  deur  die  Speaker  goedgekeur  is,  moet  deur  die 



Lid wat verantwoordelik is vir die indiening daarvan by die Sekretaris, ter Tafel gelê word. 





Petisie om 'n Pensioen 



'n Petisie om 'n pensioen of 'n ander voordeel ten opsigte van 



diens aan die Provinsie gelewer, wat nie by wet gemagtig is nie, word, nadat dit ter Tafel gelê is, geag na die Portefeulje- komitee vir Pensioene, Gesondheid en Maatskaplike Dienste verwys te wees. 





Petisie Verwys 



Petisies sal verwys word na die betrokke Portefeulje-komitee wat 'n verslag daaroor aan die Huis sal voorlê. 

















26





INTERPELLASIES EN VRAE



ALGEMEEN



40.	Kennisgewing



Behalwe indien anders bepaal in hierdie Reëls of met die vooraf toestemming van die Speaker - 



word kennis gegee van elke interpellasie wat deur die Swepekomitee in hierdie Huis vir beantwo- ording gekeur is, en van elke vraag, deur dit op die Vraelys te plaas; en 



word geen interpellasie of vraag vir mon- delinge beantwoording gestel op die dag waarop ken- nis daarvan gegee word nie. 



'n Lid wat kennis wil gee van 'n interpellasie of 'n vraag, moet 'n ondertekende eksemplaar van die kennisgewing, met aan- duiding van die dag waarop die interpellasie of vraag gestel sal word, vir plasing op die Vraelys aan die Sekretaris oorhandig. 



'n Lid kan namens 'n afwesige Lid van 'n interpellasie of vraag kennis gee of hom of haar met 'n interpellasie belas, mits hy of sy deur die afwesige Lid daartoe gemagtig is. 



Enige kennisgewing van 'n interpellasie of 'n vraag wat stry- dig is met die gebruik of hierdie Reëls, kan gewysig word of andersins mee gehandel word soos die Speaker besluit. 



Geen interpellasie of vraag kan gerig word aan iemand wat nie 'n Lid van die Uitvoerende Raad is nie. 











27

INTERPELLASIES





41.	Vorm en plasing



'n Interpellasie bestaan uit 'n vraag wat nie meer as twee onderafdelings bevat nie. 



'n Interpellasie kan op die Vraelys geplaas word vir beantwo- ording op 'n dag minstens een werksdag van hierdie Huis ná die dag waarop dit vir die eerste keer daarop verskyn: met dien verstande dat die Speaker, in oorleg met die Swepekomitee, kan toestem dat 'n interpellasie oor 'n saak op korter kennisgewing behandel word in die plek van 'n inter- pellasie waarvan behoorlike kennis gegee is. 





42.	Prosedure



Nadat die Voorsittende Beampte die interpellasie formeel vanuit die Stoel gestel het -



antwoord die verantwoordelike Lid van die Uitvoerende Raad in 'n toespraak van hoogstens drie minute; 



reageer die interpellant in 'n toespraak van hoogstens drie minute op die Lid van die Uitvoerende Raad se toespraak; en 



praat die Lid van die Uitvoerende Raad en ander Lede 



in die res van die toegewese 15 minute vir tot twee minute elk: met dien verstande dat die Lid van die Uitvoerende Raad be perk sa l word tot twee bykomende spreekbeurte, met inbegrip van 'n geleen- theid om op die debat repliek te lewer. 







28

43.	Voorrang



Interpellasies geniet voorrang op sulke dae soos deur die Speaker bepaal.





44.	Aantal interpellasiedebatte



Die aantal interpellasiedebatte op een en dieselfde dag word beperk tot twee debatte van 15 minute elk.





VRAE



45.	Plasing en rangskikking



Vrae wat voor 12:00 op enige werksdag van hierdie Huis aan die Sekretaris oorhandig word, kan op die tweede sittingsdag daarna op die Vraelys verskyn en nie vroeër nie. 



Behoudens hierdie Reël plaas die Sekretaris die vrae op die Vraelys in die volgorde waarin hulle aan hom of haar oorhandig word. 



Die volgorde waarin vrae vir mondelinge beantwoording behandel word, is soos volg: 



Vrae aan die Premier wat van vorige vraedae oorstaan; 



nuwe vrae aan die Premier; 



vrae aan Lede van die Uitvoerende Raad wat van vorige vraedae oorstaan; en 



nuwe vrae aan Lede van die Uitvoerende Raad. 





29



Vrae vir Mondelinge Beantwoording





46.	Tydperk van kennisgewing



Geen kennisgewing van 'n vraag mag op die Vraelys geplaas word vir mondelinge beantwoording op 'n dag later as 11 



agtereenvolgende werksdae van hierdie Huis ná die dag waarop dit vir die eerste maal op die Vraelys verskyn nie. 



'n Vraag vir mondelinge beantwoording mag op die Vraelys vir beantwoording geplaas word op 'n dag ten minste 5 



werksdae van hierdie Huis na die dag waarop die vraag die eerste keer op die Vraelys verskyn het. 





47.

Vorm van vrae



(1)

(a)

'n   Lid   wat   'n   mondelinge   antwoord   op   'n



vraag verlang, moet dit met 'n asterisk merk.



(b)

Indien die Speaker van mening is dat 'n vraag



oor  aangeleenthede  van  statistiese  aard  handel,  kan



hy  of  sy  gelas  dat  die  vraag  vir  skriftelike  beantwo-



ording op die Vraelys geplaas moet word.



Vrae vir mondelinge beantwoording word beperk tot twee vrae per Lid per vraedag. 



'n Vraag vir mondelinge beantwoording bevat hoogstens vyf onderafdelings. 



Hoogstens vier vrae vir mondelinge beantwoording word op 'n bepaalde vraedag aan die Lid van die Uitvoerende Raad ten 



opsigte van 'n bepaalde Departement van die Uitvoerende Gesag gestel. 



30

Die  beperkings  wat  Subreëls  (1)(b),  (2),  (3)  en  (4)  oplê,  geld 



nie vir vrae vir skriftelike beantwoording wat ingevolge Reël 50 vir mondelinge beantwoording op die Vraelys geplaas word nie. 





48.	Tye toegewys



(1) (a) Vrae vir mondelinge beantwoording word onmiddellik na interpellasies gestel.



(b) Enige onbenutte gedeeltes van die tye wat vir interpellasies toegewys is, word vir antwoorde op vrae gebruik.



Die tyd aan vrae toegewys, is 30 minute. 



Antwoorde  op  vrae  vir  mondelinge  beantwoording  wat  by 



verstryking van die toegewese tyd nog nie aan die beurt gekom het nie, word aan die Sekretaris oorhandig vir opname in die Amptelike Verslag van die Debatte van hierdie Huis. 





Vrae aan Premier van die Provinsie sonder kennisgew - ing 



Vrae mag sonder vooraf kennisgewing aan die Premier van die Provinsie gestel word op sulke dae soos deur die Speaker vasgestel, behalwe 'n dag van die week wanneer die Premier se begrotingspos in die bylae tot 'n begrotingswetsontwerp bespreek word. 



Vyftien minute sal toegelaat word vir vraagstelling en repliek onder hierdie Reël, maar indien die verrigtinge aangaande 'n vraag reeds 'n aanvang geneem het wanneer die tyd verstryk, mag die Speaker toelaat dat dit afgehandel word. 





31

'n Lid mag op 'n spesifieke dag 'n vraag onder hierdie Reël stel slegs wanneer sy of haar naam vir daardie doel op die Ordelys verskyn. 



'n Lid wat op 'n spesifieke dag 'n vraag wil stel, moet per- soonlik, op skrif en onder sy of haar handtekening, sy of haar naam en die naam van die politieke party deur hom of haar in hierdie Huis verteenwoordig aan die Sekretaris voorlê, nie 



vroeër as die vyfde werksdag van hierdie Huis vóór daardie dag nie en nie later as 12:00 op die tweede sodanige werksdag nie. 



Die Sekretaris sal toesien dat die name as sodanig voorgelê op 



'n lukrake wyse gekies sal word deur middel van 'n metode wat deur hom of haar as onpartydig goedgekeur is, en sal nie meer as 10 name op hierdie wyse gekies (of sodanige ander hoeveelheid soos van tyd tot tyd deur die Speaker vasgestel), in die gekose volgorde, maar onderworpe aan Subreël (6), op 



die Ordelys plaas nie, op die laaste werksdag van hierdie Huis wat die betrokke dag voorafgaan. 



Indien meer as twee name van Lede wat dieselfde politieke party in hierdie Huis verteenwoordig gekies word, soos hier- 



bo beskryf, sal slegs die eerste twee gekose Lede ingesluit word in die name op die Ordelys geplaas, en indien die naam wat volgens die kiesmetode hierbo eerste op die Ordelys ver- skyn dié is van 'n Lid van die genoemde Premier se party , sal daardie naam op die Ordelys omgeruil word met die eerste 



opeenvolgende naam van 'n Lid wat nie aan daardie party behoort nie. 



Die Voorsittende Beampte sal die Lede roep in die volgorde waarin hul name op die Ordelys verskyn. 



Die Lid wat geroep word, mag een bondige vraag stel en onmiddellik daarna een aanvullende vraag (opvolgvraag), wat met die oorspronklike vraag van hom of haar of die repliek verband moet hou. 



32

'n Vraag gestel deur 'n Lid onder hierdie Reël sal nie ingesluit word in die hoeveelheid vrae aan hom of haar toegestaan onder enige ander Reël nie. 







Vrae vir Skriftelike beantwoording



50.	Vorm van vrae



Vrae vir skriftelike beantwoording mag op die Vraelys geplaas word vir beantwoording op enige werksdag van hierdie Huis: met dien verstande dat sodanige vrae aan die 



Sekretaris gegee sal word voor 12:00 op die Dinsdag van die werksweek van hierdie Huis, wanneer hulle dan vir beantwo- ording op die Vraelys geplaas sal word. 



'n Vraag vir skriftelike beantwoording sal nie meer as 15 onderafdelings bevat nie. 



Vrae vir skriftelike beantwoording sal beperk word tot drie per Lid wat betref enige een werksweek van hierdie Huis. 





Onbeantwoorde geskrewe vrae 



Indien die verantwoordelike Lid van die Uitvoerende Raad nie 'n skriftelike beantwoording uitgereik het binne 10 werks- dae van hierdie Huis vanaf die dag waarop 'n skriftelike beantwoording uitgereik moet word nie, sal die Sekretaris, 



indien die Lid in wie se naam die vraag staan dit só versoek, die vraag vir mondelinge beantwoording op die Vraelys plaas. 





MOSIES IN DIE HUIS



Aard van mosies 



'n Lid kan 'n onderwerp vir bespreking, of 'n konsepbesluit vir 



33

goedkeuring, as 'n besluit van hierdie Huis voorstel.





53.	Reël betref fende dieselfde vraag



Geen  onderwerp  kan  vir  bespreking  in  die  Huis  voorgestel 



word indien dit in wese dieselfde is as 'n onderwerp wat in dieselfde sessie daarin bespreek is nie. 



(2)

(a)

Geen  konsepbesluit  wat  in  wese  dieselfde  is



as 'n konsepbesluit wat reeds in dieselfde sessie deur



die   Huis   goedgekeur   of   verwerp   is,   kan   daarin



voorgestel word nie.



Die order, besluit of stemming oor so 'n vorige konsepbesluit kan gewysig of herroep word. 



Mosies sonder kennisgewing 



Van elke mosie moet kennis gegee word, behalwe van 'n mosie - 



wat 'n wysiging van ‘n konsepbesluit is wat ingevolge hierdie Reëls toegelaat word; 



wat 'n punt van orde of 'n saak van voorreg opper; 



om 'n order van die dag uit te stel of op te hef, of voorrang daaraan te verleen; 



(d)	waardeur 'n wetsontwerp na 'n komitee verwys word;



(e) deur die Lid wat daarmee belas is waardeur 'n konsepbesluit oor die verslag van 'n komitee voorges- tel word onmiddellik na afsluiting van die debat oor die verslag;



(f)	wat uitdruklik deur hierdie Reëls uitgesonder is; of



34

(g) ten opsigte waarvan daar met die eenparige instemming van al die aanwesige Lede van kennis- gewing afgesien word.







55.	Kennisgewing van mosie



Wanneer 'n Lid van 'n mosie kennis gee, moet hy of sy - 



dit hardop voorlee s en 'n onderte kende eksemplaar van die kennisgewing ter Tafel lê; of 



'n ondertekende eksemplaar van die kennis- gewing op enige werksdag van hierdie Huis aan die Sekretaris oorhandig, vir plasing op die Ordelys. 



Skriftelike  kennisgewings  van  mosies  wat  ná  12:00  op  enige 



werksdag van die Huis aan die Sekretaris oorhandig word, kan op die tweede sittingsdag daarna op die Ordelys verskyn en nie vroeër nie, tensy die Speaker in 'n besondere geval anders bepaal. 



Behalwe met die eenparige instemming van al die aanwesige Lede mag geen mosie voorgestel word op die dag waarop kennis daarvan gegee word nie. 



(4)

(a)

Wanneer  die  Huis  nie  in  sitting  is  nie,  lê  'n



Lid  wat  van  voorneme  is  om  'n  mosie  tydens  die



daaropvolgende sitting of ná die hervatting van 'n sit -



ting  na  'n  reses,  voor  te  stel,  kennisgewing  daarvan



aan    die    Se kretaris    voor,    duidelik    geskryf    en



onderteken  met  sy  naam,  om  die  Sekretaris  nie  later



nie  as  21  dae  voor  die  dag  waarop  dit  neergelê  moet



word, te bereik.



(b)

'n  Mosie  waarna  verwys  word  in  paragraaf



(a), word hanteer asof kennis van die mosie ingevolge



35

Subreël (1) gegee is, en word deur die Sekretaris op die Ordelys geplaas vir 'n dag deur die Leier van die Huis bepaal.









(c) Indien die mosie neergelê word vir die eerste dag van die daaropvolgende sessie of vir die eerste da g waarop die sessie hervat word, stuur die Sekretaris by wyse van gewone pos minstens 14 dae voor die datum van aanvang van die sessie of die her- vatting na 'n reses, 'n kopie van só 'n Ordelys aan elke Lid.







Optrede namens 'n afwesige Lid 



'n Lid kan namens 'n afwesige Lid van 'n mosie kennis gee, mits hy of sy deur die afwesige Lid daartoe gemagtig is. 





Vrae van voorreg 



'n Dringende mosie wat regstreeks met die voorregte van die Huis in verband staan, het voorrang bo ander voorstelle en bo dagorders. 





Speaker kan kennisgewings wysig 



Enige kennisgewings van 'n mosie wat met die gebruik of hierdie Reëls teenstrydig is, kan gewysig of andersins mee gehandel word soos die Speaker besluit. 





WYSIGINGS AAN MOSIES



Wysigings moet op skrif en onderteken wees 



'n  Wysiging   moet   skriftelik   in   die   amptelike   tale   van   die 



36

Provinsie voorgelê word en deur die voorsteller onderteken wees en, indien dit gedurende debatvoering voorgestel word, moet dit na die Tafel geneem word.



Wysigings aan vorige deel 



Geen wysigings mag op die vorige deel van 'n vraag voorges- tel word nadat daar oor 'n wysiging op 'n later deel daarvan besluit is nie. 



Volgorde waarin wysigings gestel word 



Die Voorsittende Beampte besluit, onderhewig aan hierdie Reëls, in watter volgorde die wysigings op 'n vraag gestel word. 



TERUGTREKKING



62.	Terugtrekking van mosie



'n Lid wat 'n mosie voorgestel het, kan sonder kennisgewing voorstel dat dit teruggetrek word.



BESPREKING VAN SAKE VAN OPENBARE BELANG



63.	Sake van Openbare Belang



'n Privaatlid mag die Speaker versoek om 'n saak van open- bare belang op die Ordelys te plaas vir bespreking. 



Die Lid moet die versoek voor die verdaging van hierdie Huis op die vorige sittingsdag aan die Speaker rig. 



So 'n bespreking mag nie langer duur as die tyd wat die Speaker na oorleg met die Leier van die Huis daarvoor toegewys het nie. 



Indien daar 15 minute voor die verstryking van die toegewese tyd 'n ander Lid as die verantwoordelike Lid van die 



Uitvoerende    Raad    aan    die    woord    is,    onde rbreek    die



37

Voorsittende Beampte die Lid en verneem hy of sy van die Lid van die Uitvoerende Raad of hy of sy repliek wil lewer of nie.



Vrae van voorreg mag nie kragtens hierdie Reël bespreek word nie. 



Sake wat reeds in dieselfde sessie deur hierdie Huis bespreek is, mag nie kragtens hierdie Reël bespreek word nie. 



64.	Sake van Dringende Openbare Belang



'n Privaatlid kan die Speaker op enige sittingsdag skriftelik versoek om toe te laat dat 'n saak van dringende openbare belang deur hierdie Huis bespreek word. 



Die versoek moet aan die Speaker gerig word voor 12:00 op dae waarop die Huis om 14:15 sit, of minstens 'n uur voor die vroeër of later tyd wat vir 'n sitting bepaal is. 



Indien    die    Speaker   die    versoek    toestaan,    kondig    die 



Voorsittende Beampte dit in die Huis aan en staan debat oor die saak oor tot die tyd wat die Voorsittende Beampte bepaal het. 



Só  'n  bespreking  mag  nie  langer  duur  as  die  tyd  wat  die 



Speaker na oorleg met die Leier van die Huis daarvoor toegewys het nie. 



Indien daar 15 minute voor die verstryking van die toegewese tyd 'n ander Lid as die verantwoordelike Lid van die 



Uitvoerende Raad aan die woord is, onde rbreek die Voorsittende Beampte die Lid en verneem hy of sy van die Lid van die Uitvoerende Raad of hy of sy repliek wil lewer of nie. 



Vrae van voorreg mag nie kragtens hierdie Reël bespreek word nie. 





38

Sake wat reeds gedurende dieselfde sessie deur hierdie Huis bespreek is, mag nie kragtens hierdie Reël bespreek word nie. 



Die vooruitlopingsreël is nie tydens so 'n debat van toepass - ing nie. 





Nie meer as een saak mag op dieselfde dag kragtens hierdie Reël bespreek word nie. 





ORDE IN HUIS EN ReëLS V AN DEBAT



65.	Gedrag van Lede



Elke Lid moet 'n buiging vir die Stoel maak wanneer hy of sy na of van sy of haar sitplek gaan. 



'n Lid mag nie tussen die Stoel en die Lid wat aan die woord is, of tussen die Stoel en die Tafel verbygaan nie, en ook nie in die gange of paadjies staan nie. 



66.	Lede mag nie hardop gesels nie



Geen Lid mag gedurende debat hardop gesels nie.



67.	Lid mag nie in die rede geval word nie



Geen Lid mag 'n ander Lid wat aan die woord is, in die rede val nie, behalwe om die aandag te vestig -



op 'n punt van orde; 



op 'n vraag van voorreg; of 



op die aanwesigheid van nie-Lede. 



Orde by verdaging 



Wanneer  'n  vergadering  verdaag,  moet  Lede  opstaan  en  op 



39

hulle plekke bly totdat die Voorsittende Beampte die Raadsaal verlaat het.





Handhawing van orde 



Orde word deur die Voorsittende Beampte gehandhaaf, maar wanorde in die Komitee van die Hele Huis kan slegs deur die Huis afgekeur word by ontvangs van 'n verslag van die Voorsittende Beampte. 





Voorrang van Voorsittende Beampte 



Wanneer die Voorsittende Beampte gedurende 'n debat opstaan, moet enige Lid wat dan aan die woord is of opstaan om te praat, gaan sit, en moet die Voorsittende Beampte ongestoord aangehoor word. 





Ontoepaslikheid of herhaling 



Nadat die Voorsittende Beampte die aandag gevestig het op die gedrag van 'n Lid wat daarmee volhou om aangeleenthede 



te bespreek wat irrelevant is, of om argumente te herhaal, kan hy of sy die Lid gelas om sy of haar toespraak te staak. 





Lid gelas om te onttrek 



Indien die Voorsittende Beampte van oordeel is dat 'n Lid 'n bepaling van hierdie Reëls met opset oortree, of dat 'n Lid die gesag van die Stoel minag of verontagsaam, of dat 'n Lid se gedrag erg wanordelik is, kan hy of sy die Lid gelas om die Raadsaal onmiddellik vir die res van die dag se sitting te ver- laat. 









40

Lid genoem of geskors 



Indien 'n Voorsittende Beampte van oordeel is dat die aard van 'n oortreding deur 'n Lid van die Huis begaan, so ernstig 



is dat 'n lasgewing om die Raadsaal vir die res van die sitting va n daardie dag te verlaat ontoereikend is, kan die Voorsittende Beampte - 



indien hy of sy die Speaker is, die Lid skors; 



indien hy of sy nie die Speaker is nie, die Lid noem, waarop die Spe aker, na oorleg met die Voorsittende Beampte, die stappe kan doen wat hy of sy nodig ag. 





74.	Lid moet gebied van Wetgewer verlaat



'n Lid wat gelas word om die Raadsaal te verlaat of wat geskors of genoem word, moet, behoudens Subreël (2), onverwyld die gebied van die Wetgewer verlaat, maar so ‘n Lid is nie vrygestel van diens in enige komitee oor 'n private of tweesoortige wetsontwerp waarin hy of sy aangestel is nie. 



Indien 'n ander Voorsittende Beampte as die Speaker 'n Lid van hierdie Huis gelas om die Raadsaal te verlaat en die Lid 'n Lid van die Uitvoerende Raad is, gelas die Speaker, na oor- leg met die Voorsittende Beampte, die Lid om die gebied van die Wetgewer te verlaat of doen die Speaker ander stappe wat hy of sy nodig ag. 



Die stappe wat die Speaker kragtens Reël 73(b) of Subreël (1) van hierdie Reë l teen 'n Lid doen, word in die Huis afgekondig. 



'n Lid wat by naam genoem is, mag nie na die gebied van die Wetgewer terugkeer voor die afkondiging van die stappe deur die Speaker teen hom of haar gedoen nie. 









41

Duur van skorsing 



Die skorsing van 'n Lid sal by die eerste geleentheid gedurende 'n sessie 5 werksdae van die Huis duur, by die tweede geleentheid 10 werksdae van die Huis, en by enige daaropvolgende geleentheid 20 werksdae van die Huis. 



Betuiging van spyt 



'n Lid van die Huis wat geskors of by naam genoem is, kan aan die Speaker 'n skriftelike betuiging van spyt voorlê, en 



indien die Speaker die betuiging van spyt goedkeur of die Lid toelaat om sy of haar plek in te neem, sal die Speaker die Huis dienooreenkomstig inlig. 



'n Betuiging van spyt wat deur die Speaker goedgekeur is, word in die Notule van Verrigtinge opgeteken. 



Ernstige wanorde 



In geval van groot wanorde in 'n vergadering kan die Voorsittende Beampte die vergadering verdaag of die ver- rigtinge vir 'n tydperk deur hom of haar genoem, opskort. 



Lid moet onttrek terwyl sy of haar gedrag bespreek word 



'n Lid teen wie 'n beskuldiging ingebring is, moet hy of sy, nadat hy of sy vanuit sy of haar sitplek aangehoor is, die Raadsaal verlaat terwyl die beskuldiging bespreek word. 



Lid geoordeel as skuldig aan minagting 



'n Lid van hierdie Huis wat as skuldig aan minagting geo- ordeel word, sal aan die sorg van die Ampswag toevertrou word onder bevel van die Speaker en mee gehandel word soos hierdie Huis mag voorskryf. 









42

REëLS VAN DEBAT



Lid moet Stoel aanspreek 



Elke Lid wat wil praat, moet uit sy of haar sitplek opstaan ter- wyl hy of sy die Stoel aanspreek: met dien verstande dat indi- 



en 'n podium gebruik word, 'n Lid net van die podium af praat, behalwe - 



om 'n punt van orde of 'n saak van voorreg te opper; en 



om  'n  verduideliking  kragtens  Reël  92(1)  te 



gee, 



in welke geval hy of sy die Stoel vanaf 'n mikrofoon op die vloer van die Raadsaal kan toespreek.





81.	Reg van Lede om te praat



'n Lid kan praat - 



oor die vraag voor die Huis of 'n komitee van die Hele Huis; oor enige wysigings wat tot 'n vraag voorgestel word; 



oor 'n vraag of 'n wysiging wat hyself of syself voorstel of wil voorstel; of 



oor 'n punt van orde of 'n vraag van voorreg. 



Indien  enige  wysigings  voorgestel  word  op  'n  vraag  voor  die 



Huis nadat 'n Lid gepraat het, mag hy of sy die Huis weer toe- spreek oor sodanige wysigings, maar 'n Lid wat vir die eerste keer nadat wysigings voorgestel is, oor sodanige vraag praat, sal slegs een toespraak toegelaat word, wat die primêre vraag en die wysigings kan insluit. 



43

'n Lid mag slegs praat indien hy of sy deur die Voorsittende Beampte aangesê word om dit te doen. 



Lid aangesê om te praa t 



Wanneer  'n  Lid  opstaan  om  te  praat,  sal  hy  of  sy  deur  die 



Speaker aangekondig word, en indien twee of meer Lede gelyktydig opstaan, is die aangekondigde Lid geregtig om te praat. 



Lid mag nie twee maal oor 'n vraag praat nie 



Tensy  anders  voorgeskryf  in  hierdie  Staande  Orders,  mag 



geen Lid twee maal oor 'n vraag praat wanneer die Speaker in die Stoel is nie. 



Tydsbeperkings op toesprake 



Tensy anders voorgeskryf in hierdie Reëls, sal Lede, wanneer 



hierdie Huis nie in Komitee is nie, tyd toegeken word om aan debatte deel te neem, proporsioneel tot die persentasie van stemme deur die onderskeie partye in die laaste verkiesing verwerf. 



Wanneer die Huis in Komitee is, mag 'n Lid nie meer as drie keer praat en per elke geleentheid nie langer as tien minute oor dieselfde vraag nie, insluitend wysigings: met dien ver- stande dat hierdie beperking nie van toepassing sal wees op die Premier of die Lid in beheer van die aangeleenthede voor die Huis nie. 



Verwysing na Lid op sy of haar naam 



Geen Lid mag na 'n ander Lid slegs op sy of haar voornaam of voorname verwys nie. 



Aanstootlike taal 



Geen Lid mag beledigende of aanstootlike taal gebruik nie. 







44

Refleksie op besluite van dieselfde sessie 



Geen Lid mag 'n refleksie op 'n besluit van die Huis van die- selfde sessie werp nie, behalwe met die doel om voor te stel dat dit gewysig of herroep word. 



Refleksie op wette 



Geen Lid mag 'n refleksie op 'n wet van dieselfde sessie werp nie, behalwe met die doel om voor te stel dat dit gewysig of herroep word. 



Refleksie op regters en ander 



Geen Lid mag 'n refleksie werp op die bevoegdheid of eer van 'n regter van 'n hoër hof, of van die bekleër van 'n amp (behal - we 'n Lid van die Huis) wie se ontheffing van sodanige amp 



afhanklik is van 'n besluit van die Huis nie, behalwe op 'n onafhanklike mosie in die Huis waarin feite beweer word wat, indien dit waar is, volgens die Speaker se oordeel prima facie so 'n besluit sou regverdig. 



Sake wat sub judice is 



Geen Lid mag verwys na 'n saak waaroor 'n beslissing van 'n geregshof hangende is nie. 



Vooruitlopingsreë l 



Geen Lid mag die bespreking van 'n saak wat op die Ordelys verskyn, vooruitloop nie. 



Wanneer die Voorsittende Beampte moet beslis of 'n besprek- ing buite orde is weens vooruitloping, moet hy of sy in ag neem of dit waarskynlik is dat die saak wat vooruitgeloop word, binne 'n redelike tyd in die Huis bespreek sal word. 









45

92.	Verduideliking



'n Verduideliking tydens 'n debat word toegelaat slegs indien 'n wesenlike deel van 'n Lid se toespraak verkeerd aangehaal of misverstaan is, maar so 'n Lid word nie toegelaat om nuwe sake aan te roer nie, en geen debat word oor die verduidelik- ing toegelaat nie. 



'n Lid kan met die voorafgaande toestemming van die Voorsittende Beampte ook sake van persoonlike aard ver- duidelik, maar oor sodanige sake mag geen debat gevoer word nie, en die Lid moet hom of haar streng by die regverdiging van sy of haar eie gedrag bepaal en mag nie langer as drie minute praat nie. 





Punte van orde 



Wanneer 'n punt van orde geopper word, moet die Lid wat tot orde geroep word, gaan sit, en nadat die punt van orde aan die 



Voorsittende Beampte gestel is deur die Lid wat dit geopper het, gee die Voorsittende Beampte óf onverwyld óf later sy of haar beslissing of uitspraak daaroor. 





Optrede namens afwesige Lid 



'n Lid kan hom of haar belas met 'n mosie of order van die dag in die afwesigheid van die Lid in beheer, mits die afwesige Lid hom of haar daartoe gemagtig het. 





Wanneer word repliek toegelaat 



Repliek sal aan die Lid wat 'n onderwerp vir bespreking voorstel of aan die Lid wat in beheer is van 'n order van die dag, toegelaat word (behalwe in die geval van die Premier se Openingsrede). 







46

Sekondante 



Geen mosie of wysiging benodig 'n sekondant nie, behalwe met sodanige geleentheid wat deur die Speaker bepaal word. 





Debat afgehandel 



Repliek op 'n debat sluit die debat af. 





BESLISSING VAN VRAE



Beslissing van vraag uitgestel 



Wanneer die debat oor 'n vraag in die Huis afgesluit is, kan die Voorsittende Beampte die beslissing van die vraag uitstel. 





Beslissing van uitgestelde vrae 



Wanneer dit dienstig is om dit te doen, kan 'n dag bepaal word vir die beslissing van vrae deur die Huis. 





Uitgestelde vraag word sonder verdere debat gestel 



'n Vraag wat beslis moet word nadat die debat daaroor afges- luit is, word sonder verdere debat gestel. 





Herhaling van vraag 



Indien die Voorsittende Beampte 'n vraag gestel het en dit nie gehoor of verstaan word nie, stel hy of sy dit nog 'n keer. 















47



102.      Vraag ten volle gestel



Geen Lid, behalwe 'n Lid wat toegelaat word om 'n stemverk- laring te doen, mag oor 'n vraag praat nadat dit ten volle deur die Voorsittende Beampte gestel is nie. 



'n Vraag word geag ten volle gestel te wees wanneer sowel die "Ja's" as die "Nee's" hulle stemme daaroor laat hoor het. 





103.      Verklaring van stem



Die Voorsittende Beampte mag ter eniger tyd, nadat ‘n vraag ten volle gestel is, een Lid van elke politieke party toelaat om namens sy of haar party, in 'n toespraak nie langer nie as drie minute, redes te verstrek waarom die party ten gunste van die vraag of daarteen gekant is. 



'n Lid wat die Stoel aanspreek kragtens Subreël (1), mag 'n geskrewe uiteensetting van sy/haar party se standpunt hardop lees en 'n ondertekende afskrif ter Tafel lê vir insluiting in die Notule van die Verrigtinge. 





104.      Aantekening van opposisie



Wanneer ‘n vraag deur die Voorsittende Beampte gestel word, mag enige Lid, in plaas daarvan om ‘n hoofdelike stemming te eis, die Voorsittende Beampte inlig dat hy of sy wil hê dat sy of haar opposisie of dié van die party waaraan hy of sy 



behoort, formeel in die Notule van Verrigtinge aangeteken word. 



Die Voorsittende Beampte mag opdrag gee dat ‘n hoofdelike stemming plaasvind in die geval van vier of meer Lede wat hul individuele opposisie wil laat aanteken. 



48

Eis om hoofdelike stemming 



Nadat ‘n vraag gestel is en die Voorsittende Beampte het aangedui dat volgens sy opinie die “Ja’s” of die “Nee’s” dit het, mag enige Lid ‘n hoofdelike stemming eis, waarop ‘n 



hoofdelike stemming, onderhewig aan Reë l 106, sonder debattering sal plaasvind. 



Minder as vier Lede ondersteun eis om hoofdelike stemming 



Wa nneer   ‘n   hoofdelike   stemming   geë is   word,   sal    die 



Voorsittende Beampte, voordat bevel gegee word dat die hoofdelike stemming-klokkies gelui moet word, homself of haarself tevrede stel dat ten minste vier Lede die eis om hoofdelike stemming ondersteun. 



Indien minder as vier Lede ter ondersteuning daarvan opstaan, sal die Voorsittende Beampte vervolgens die besluit oor die vraag verklaar. 



107.      Hoofdelike stemming-klokkies gelui en deure gesluit



Indien die voorgeskrewe aantal Lede die eis vir ‘n hoofdelike stemming ondersteun, sal die hoofdelike stemming-klokkies gelui word en die deure sal gesluit word so gou na die verloop 



van drie minute soos die Voorsittende Beampte mag beveel, maar indien verdere hoofdelike stemming vereis word om die saak af te handel en sodanige stemming onmiddellik na die eerste hoofdelike stemming volg, moet die hoofdelike stem- ming-klokkies weer gelui word en die deure sal so gou na die 



verloop van 15 sekondes gesluit word as wat die Voorsittende Beampte mag beveel. 



Wanneer die deure gesluit is mag geen Lid die Raadsaal bin- nekom of verlaat totdat die resultate van die hoofdelike stem- ming verklaar is nie. 



49

108.      Prosedure nadat deur gesluit is



Onderhewig aan Subreël (3), sal die Voorsittende Beampte weer die vraag stel wanneer die deure gesluit is. 



Daarop  sal  die Voorsittende  Beampte  aandui  aan  watter  kant 



van die Stoel die “Ja’s” en die “Nee’s” hul sitplekke sal inneem en hy of sy sal tellers vir elke kant aanstel. 



Na die verloop van die tydperke soos voorgeskryf deur Reël 107, kan die Voorsittende Beampte weer die vraag stel en 



opnuut volgens sy of haar opinie verklaar of die “Ja’s” of die “Nee’s” dit het, in die geval waarvan ‘n hoofdelike stemming slegs sal plaasvind as sodanige stelling betwis word. 





Minderheid bestaande uit minder as 10 Lede 



Wanneer, nadat ‘n hoofdelike stemming plaasgevind het, min- der as 10 Lede aan een kant verskyn, sal die Voorsittende Beampte vervolgens die besluit oor die vraag verklaar. 





Lid wat hoofdelike stemming aanvra moet saam met minderheid stem 



‘n  Lid  wat  ‘n  hoofdelike  stemming  eis  mag  nie  die  Raadsaal 



verlaat totdat die resultate van die hoofdelike stemming verk- laar is nie en so ‘n Lid sal stem saam met diegene wat, vol- gens die opinie van die Voorsittende Beampte, in die minder- heid is. 





Lede teenwoordig sal stem 



Elke Lid wat in die Raadsaal teenwoordig is wanneer die vraag gestel word, met die deure gesluit, sal stem.



50

Punte van orde tydens hoofdelike stemming 



Terwyl ‘n hoofdelike stemming aan die gang is, mag Lede op ‘n punt van orde praat wat uit of tydens die hoofdelike stem- ming ontstaan. 



Resultate moet verklaar word 



Die  tellers  sal  die  hoofdelike  stemming-lyste  onderteken  en 



dit aan die Voorsittende Beampte oorhandig, wat die resultate van die hoofdelike stemming sal verklaar. 



Verwarring of foute wat verband hou met hoofdelike stemming 



In   die   geval   van   verwarring   of   foute   in   verband   met   ‘n 



hoofdelike stemming, sal ‘n ander hoofdelike stemming plaasvind, tensy die getalle andersins gekorrigeer kan word. 



Korrigering van Notule 



Indien die getalle ona kkura at gerapporte er is of foute voorkom in die name op die hoofdelike stemming-lyste, sal die Voorsittende Beampte opdrag gee dat die Notule van Verrigtinge gekorrigeer word. 





UITVOERENDE RAAD



Rekenpligtigheid teenoor die Wetgewer 



Lede van die Uitvoerende Raad is gesamentlik en afsonderlik teenoor die Wetgewer aanspreeklik vir die verrigting van hulle funksies. 



Lede van die Uitvoerende Raad moet die Wetgewer voorsien van volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede onder hulle beheer.



51

Die Premier moet binne 30 dae van die mededeling daarvan ingevolge Reël 1 17, of sodanige latere datum soos deur die Wetgewer vasgestel, die Wetgewer voorsien van 'n verslag oor die optrede van die uitvoerende gesag in reaksie op besluite van die Wetgewer wat die uitvoerende gesag affek- teer. [Sien artikel 114(2) van die Grondwet.]





Besluite rakende Uitvoerende Raad 



Besluite van hierdie Huis wat die Uitvoerende Raad raak, word deur die Sekretaris aan die Premier van die Provinsie meegedeel. 





Toestemming ten opsigte van Provinsiale grond of - eiendom 



Die Huis sal geen wetsontwerp, mosie of voorstel wat Provinsiale grond of -eiendom raak en waarmee 'n ander Lid as 'n Lid van die Uitvoerende Raad belas is, in behandeling neem nie, tensy die Premier van die Provinsie sy of haar toestemming gegee het dat, wat die belange van die Provinsie betref, die Huis na goeddunke daarmee mag handel. 





Advies, aanbeveling of goedkeuring van komitee aan Uitvoerende Raad 



Wanneer die Speaker 'n versoek van die Premier van die Provinsie, 'n Lid van die Uitvoerende Raad of enige ander instansie van die Uitvoerende Regering om advies, aanbevel- ing of goedkeuring ingevolge 'n Wet van die Wetgewer, of van 'n komitee in die versoek genoem oor of van 'n aldus genoemde aangeleentheid ontvang, verwys die Speaker dit na die toepaslike komitee vir oorweging en verslagdoening of na 'n komitee wat vir die doel van sodanige oorweging en ver- slagdoening ingestel is, soos die omstandighede vereis. 



Die Sekretaris moet 'n afskrif van die versoek, tesame met 'n mededeling van die verwysing, aan elke Lid van die komitee besorg. 



52

Die Komitee moet 'n verslag aanneem, dit laat druk en aan die Speaker voorlê. 



Die Sekretaris besorg daarna 'n eksemplaar van die gedrukte verslag aan die instansie wat die versoek gerig het, en die Speaker lê terselfdertyd of so gou doenlik die verslag ter Tafel. 





Ter Tafellegging van Ingrypings ingevolge Artikel 139 van die Grondwet 



Kennisgewing van 'n ingryping in 'n munisipaliteit deur die Uitvoerende Raad moet ingevolge artikel 139 van die Grondwet binne 14 dae van die eerste sitting nadat die ingryp- ing begin het, in die Wetgewer ter Tafel gelê word.



Die kennisgewing van die ingryping word vervolgens na die relevante Portefeulje-komitee verwys vir oorweging en verslagdoening aan die Wetgewer. [Sien artikel 139(2) van die Grondwet.]





JAARLIKSE VERSLAE



121.      Jaarlikse Verslae van Provinsiale Departemente



Provinsiale Departemente moet 'n jaarlikse verslag in die Wetgewer ter Tafel lê voordat die Wetgewer sodanige Departement se begroting vir die volgende boekjaar oorweeg.



Die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir 'n Provinsiale Departement moet die jaarlikse verslag van die Departement bekend stel deur 'n inleidende toespraak te lewer en dit daarna aan die Speaker voor te lê.















53

Ten minste een sittingsdag nadat die jaarlikse verslag deur die verantwoordelike Lid van die Uitvoerende Raad bekend ges- tel is, moet dit na die Komitee van die Hele Huis verwys word, en die verantwoordelike Lid van die Uitvoerende Raad moet vrae deur die Lede beantwoord rakende die duidelikheid van die verslag.



Die verslag word vervolgens na die Portefeulje-komitee ver- wys waarheen die begrotingspos van daardie Departement verwys word vir oorweging saam met die begroting van die Departement, en verslagdoening aan die Wetgewer. [Sien artikels 114 en 133 van die Grondwet.] 





122.      Jaarlikse Verslae van Provinsiale Staatsorgane



Provinsiale staatsorgane moet binne 'n maand vanaf die einde van die boekjaar van sodanige staatsorgaan 'n jaarlikse ver- slag in die Wetgewer ter Tafel lê.



Die verslag word vervolgens na die relevante Portefeulje-komitee ver- wys vir oorweging en verslagdoening aan die Wetgewer. Die Portefeulje-komitee se verslag moet in die Wetgewer gedebateer word. [Sien artikels 114 en 133 van die Grondwet.]





Verslae deur die Grondwet aangevra 



Die bepalings van Reël 122 moet toegepas word wanneer ander verslae ingevolge enige bepaling van die Grondwet in die Wetgewer ter Tafel gelê word. [Sien artikels 206, 220 en 222 van die Grondwet.] 















54

BEVOEGDHEDE VAN DIE WETGEWER





124.      Algemene Bevoegdhede



Die Wetgewer het die bevoegdheid -



om 'n grondwet vir die Provinsie aan te neem of om enige grondwet deur die Wetgewer aangeneem ingevolge artikel 142 van die Grondwet, te wysig;



om in en vir die provinsie wetgewing aan te neem met betrekking tot -



enige aangeleentheid binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 van die Grondwet vermeld; enige aangeleentheid binne 'n funksionele gebied in 

Bylae 5 van die Grondwet vermeld;



enige aangeleentheid buite daardie funksionele gebiede en wat deur nasionale wetgewing uitdruklik aan die Provinsie opgedra is; en



om enige van sy wetgewende bevoegdhede aan 'n Munisipale Raad in daardie Provinsie op te dra. 



Die Wetgewer van 'n provinsie kan met 'n besluit ondersteun deur minstens twee derdes van sy Lede, die Parlement ver- soek om die naam van daardie provinsie te verander.



'n Provinsiale wetgewer word slegs deur die Grondwet en, indien hy 'n grondwet vir die provinsie aangeneem het, ook deur daardie grondwet gebind en moet in ooreenstemming met, en binne perke van, die Grondwet en daardie provinsiale grondwet optree.



Provinsiale wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid wat rede- likerwys nodig is vir, of verband hou met die doeltreffende uitoefen- ing van 'n bevoegdheid betreffende enige aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot 'n aan- geleentheid in Bylae 4 van die Grondwet vermeld.



55

Die Wetgewer kan by die Nasionale Vergadering wetgewing aan- beveel betreffende enige aangeleentheid buite die gesag van daardie wetgewer, of ten opsigte waarvan 'n Parlementswet voorrang bo 'n provinsiale Wet geniet. [Sien artikel 104 van die Grondwet.]





125.      Plaaslike Regering



Die Wetgewer mag, ingevolge die bepalings van artikel 155 van die Grondwet -



wetgewing aanneem vir die daarstelling van munisipaliteite; die verskillende soorte munisipaliteite vasstel wat in die Provinsie daargestel moet word;



voorsiening maak vir die monitering, toesig en steun van plaaslike regering in die Provinsie;



plaaslike regerings se kapasiteit ontwikkel om sodoende munisi- paliteite in staat te stel om hulle funksies te verrig en hulle eie sake te bestuur; en



die omvorming van plaaslike regering in die Provinsie bevorder, mon- itor en toesig daaroor hou.



Die Wetgewer mag wetgewing aanneem ingevolge artikel 161 van die Grondwet om voorsiening te maak vir die voorregte en immuniteite van Munisipale Rade en hul Lede.



Die Wetgewer en sy komitees moet verseker dat die beginsels van samewerkende regering en interregeringsverhoudings, soos in artikel 42 van die Grondwet vervat, nagekom word wanneer ingevolge hierdie Reël opgetree word. [Sien artikels 155 en 161 van die Grondwet.]



















56

126.      Suid-Afrikaanse Polisiedienste



Die Wetgewer mag, ingevolge die bepalings van artikel 206 van die Grondwet -



polisie-optrede monitor;



toesig hou oor die doeltreffendheid en bevoegdheid van die polisiedi- ens, waarby inbegrepe is die ontvangs van verslae oor die polisiedi- ens;



goeie betrekkinge tussen die polisie en die gemeenskap bevorder;



die doeltreffendheid van sigbare polisiëring bepaal;



die provinsiale kommissaris van die provinsie versoek om voor hom of enige van sy komitees te verskyn om vrae te beantwoord; en



die omvorming van die polisiediens in die Provinsie bevorder, moni- tor en toesig daaroor hou. [Sien artikel 206 van die Grondwet.]





127.      Provinsiale Belastings



Die Provinsiale Wetgewer kan, onderworpe aan artikel 228 van die Grondwet -



belastings, heffings en regte oplê, uitgesonderd inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, algemene verkoopbelasting, eien- domsbelasting of doeaneregte; en



uniforme bobelasting hef op die belastingbasisse van enige belasting, heffing of reg wat deur nasionale wetgewing opgelê word, uitgeson - derd die belastingbasisse van korporatiewe inkomstebelasting, eien- domsbelasting of doeaneregte.



Die bevoegdheid van 'n Wetgewer om belastings, heffings, regte en bobelasting op te lê -



mag nie uitgeoefen word op 'n wyse wat nasionale ekonomiese beleid,



57

ekonomiese bedrywighede oor provinsiale grense heen of die nasion- ale beweeglikheid van goedere, dienste, kapitaal of arbeid wesenlik en onredelik benadeel nie; en



moet gereguleer word ingevolge 'n Parlementswet. [Sien artikel 228 van die Grondwet.]





128.      Ontbinding van Wetgewer



Die Premier moet die Wetgewer ontbind indien -



die wetgewer 'n besluit om te ontbind met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van sy Lede aangeneem het; en



drie jaar verstryk het sedert die Wetgewer verkies is.



'n Waarnemende Premier moet die Wetgewer ontbind indien -



daar 'n vakature in die amp van die Premier is; en



die Wetgewer in gebreke bly om binne 30 dae nadat die vakature ontstaan het 'n nuwe Premier te kies. [Sien artikel 109 van die Grondwet.]













































58

OPENBARE WETSONTWERPE



ALGEMEEN



Dieselfde wetsontwerp mag nie twee keer voorgestel word nie 



Nadat 'n wetsontwerp gedurende 'n sessie óf aangeneem óf verwerp is, kan geen wetsontwerp met dieselfde inhoud inge- dien word voor die aanvang van die daaropvolgende sessie nie. 



Hervatting van verrigtinge op verstreke wetsontwerpe 



Die verrigtinge in verband met enige wetsontwerp wat verstryk het weens 'n reses van die Wetgewer, mag op besluit van hierdie Huis op die Ordelys geplaas word tydens die daaropvolgende sessie, maar nie daarna nie, met dien ver- stande dat 'n algemene verkiesing nie tussen die twee sittings plaasgevind het nie. 



Tensy anders gelas, word met 'n wetsontwerp voortgegaan vanaf die begin van 'n bepaalde stadium wat dit bereik het tydens die voorafgaande sessie. 



Die goedkeuring of verwerping van 'n konsepbesluit vir die hervatting van verrigtinge in verband met 'n wetsontwerp belet nie die indiening van 'n wetsontwerp met dieselfde inhoud gedurende dieselfde sessie nie. 



131.	Terugtrekking van wetsontwerp



Die Lid belas met 'n wetsontwerp kan die wetsontwerp te eniger tyd terugtrek voordat die Derde Lesing daarvan afge- handel is.



132.	Verwerping  van wetsontwerp



Indien die Huis die Derde Lesing van enige wetsontwerp ver- werp, verwerp hy die wetsontwerp.





59

Stadia van wetsontwerpe 



Nie  meer  as  een  stadium  van  'n  wetsontwerp  sal  gedurende 



dieselfde sittingsdag geneem word nie indien drie of meer Lede beswaar maak teen 'n verdere stadium. 



Wysigings op die mosie vir die Tweede Lesing van 'n wetsontwerp 



Geen wysiging mag voorgestel word op die mosie vir die Tweede Lesing van 'n wetsontwerp nie, behalwe 'n wysiging om - 



"nou" weg te laat en op die einde "hierdie dag drie maande", of "hierdie dag ses maande", of 'n ander datum by te voeg; 



al die woorde na "Dat" weg te laat en om woorde wat 'n spesiale rede of redes teen die Tweede Lesing van 'n wetsontwerp meld, te vervang; of 



al die woorde na "Dat" weg te laat en om "die order vir die Tweede Lesing van die …Wetsontwerp" uit te laat en die onderwerp van die Wetsontwerp te verwys na 'n gekose komitee vir navrae en verslag- doening: met dien verstande dat so 'n wysiging mag voorsiening maak vir die magte van 'n ondersoek na, en opdragte aan, die komitee. 



Lees van wetsontwerp 



Op die orders vir die Eerste, Tweede en Derde Lesing van 'n wetsontwerp lees die Sekretaris net die kort titel daarvan. 



Aanneem van wetsontwerp 



Die Huis neem 'n wetsontwerp aan deur toe te stem tot die Derde Lesing daarvan. 



Wanneer  'n  wetsontwerp  deur  die  Huis  aangeneem  is,  word 



60

twee netjiese afskrifte daarvan deur die Sekretaris geserti- fiseer en na die Premier van die Provinsie vir sy of haar goed- keuring gestuur.



137	Verskille tussen weergawes van wetsontwerp



Indien 'n verskil in betekenis tussen die weergawes van enige wetsontwerp in die verskillende amptelike tale van die Provinsie gevind word nadat die wetsontwerp deur die Huis aangeneem is, maar voordat dit aan die Premier van die Provinsie vir sy of haar toestemming voorgelê word, moet die Speaker die verskil aan die Huis rapporteer. 



Indien die Huis 'n wysiging goedkeur, word geag dat hy die Derde Lesing van die we tsontwerp, soos ge wysig, goedgekeur het. 





UITVOERENDE MAATREëLS



138.	Publikasie van wetsontwerpe



Behalwe as die Premier aangekondig het dat dit 'n dringende maatreël is, mag 'n wetsontwerp (behalwe 'n geldwetson - twerp) nie in hierdie Huis ingedien word nie, behalwe -



as dit minstens 14 dae voor die indiening in die Provinsiale Koerant gepubliseer is: met dien verstande dat indien die wetsontwerp ná die publikasie gewysig word, dit sonder verdere publikasie in die Provinsiale Koerant ingedien mag word: ook met dien verstande dat 'n afskrif van die gewysigde wetsontwerp nie later nie as die dag voor die indiening by elke Lid afgelewer is;



as die Sekretaris kennis gegee het van die wetson- twerp in die Staatskoerant en in die beskikbare open- bare media in Engels, Afrikaans, SeSotho, IsiZulu en IsiXhosa met betrekking tot die kern van die wetson- twerp en dat die publiek voorleggings aan die Speaker in hierdie verband mag voorlê. 











61

139.      Indiening en Eerste Lesing van wetsontwerp



Elke wetsontwerp word by wyse van 'n mosie ingedien. 



Die Wetsontwerp moet ingedien word saam met 'n memoran- dum wat die volgende inligting uiteensit – 



die doelstellings van die wetsontwerp;



die redes vir en die uitwerking van die wetsontwerp; die beleidskonteks van die wetsontwerp en hoe die wetsontwerp ver- want is aan sy beleidsdoelstellings;



die name, posadresse en telefoonnommers, indien enige, van alle per- sone en instellings wat geraadpleeg is of wat voorleggings gedoen het oor die voorgestelde wetsontwerp;



'n evaluering van die opmerkings wat aangevra is, ontvang is en in die opstellingsproses buite rekening gelaat is;



'n klousule-na-klousule verduideliking van die inhoud van die wet- sontwerp;



sodanige inligting wat deur die Lid in beheer van 'n wetsontwerp as noodsaaklik beskou word; en



'n verklaring dat die wetsontwerp binne die strekking van Bylae 4 of 5 van die Grondwet val. [Sien artikel 119 van die Grondwet.]



Kennis word van elke mosie gegee dat toestemming verleen word om 'n wetsontwerp in te dien, en die algemene doelwit van die wetsontwerp word in sodanige kennisgewing uiteen- gesit. 



Indien die mosie aanvaar word, reël die Speaker dat die wet - sontwerp vir die eerste keer gelees word sonder om 'n mosie of 'n vraag te stel. 























62

Verspreiding van wetsontwerp 



Wanneer 'n tyd vir die Tweede Lesing van die wetsontwerp bepaal is, oorhandig die Sekretaris 'n kopie daarvan aan elke Lid, saam met 'n memorandum in dié verband. 





Wetsontwerp wat nie na die Komitee van die Hele Huis verwys word ná die T weede Lesing nie 



Wanneer 'n wetsontwerp vir 'n tweede keer gelees is, kan die Lid in beheer van die wetsontwerp 'n mosie sonder kennis- gewing voorstel dat die wetsontwerp nie na die Komitee van die Hele Huis verwys word nie. 



Die debat oor sodanige mosie word streng beperk tot die aan- geleentheid van sodanige nie-verwysing. 





142.      Opdrag aan Komitee van die Hele Huis



Na die Tweede Lesing van 'n wetsontwerp en voor die afhan- deling van die oorweging daarvan in Komitee van die Hele Huis, kan 'n mosie vir 'n opdrag aan die Komitee van die Hele Huis sonder kennisgewing voorgestel word. 



Die debat oor sodanige mosie word streng beperk tot die aan- geleentheid van sodanige opdrag. 





143.      Lees van klousules in Komitee van die Hele Huis



In  Komitee  van  die  Hele  Huis  rakende  'n  wetsontwerp,  stel 



die Voorsitter van Komitees die klousules en bylaes van die wetsontwerp, indien enige, agtereenvolgens. 



Die aanhef, indien enige, en die titel word oorweeg nadat die klousules en bylaes, indien enige, afgehandel is. 



Die Voorsitter  van  Komitees  mag,  na  goeie  redes  aangetoon 



63

is, 'n klousule of bylae uitstel na 'n later stadium gedurende oorweging van die wetsontwerp in Komitee van die Hele Huis.



Omvang van debat en toepaslikheid van wysigings in Komitee van die Hele Huis 



In Komitee van die Hele Huis op 'n wysigingswetsontwerp, word die debat beperk tot die voorgestelde wysigings aan die Hoofwet en sodanige ander toepaslike wysigings wat vervol- gens voorgestel kan word. 



Wysigings aan 'n klousule of die invoeging van nuwe klousules mag voorgestel word, met dien verstande dat sodanige wysigings of klousules toepaslik tot die inhoud van die wetsontwerp, of ooreenkomstig enige opdrag is. 



Indien enige wysiging wat nie in die titel van die wetsontwerp voorkom nie, aangeneem word, wysig die Komitee van die Hele Huis die titel ooreenkomstig. 



Geen nuwe klousule of wysiging, wat substansieel dieselfde is as een wat alreeds deur die Komitee van die hele Huis ver- werp is, of wat teenstrydig is met een wat alreeds goedgekeur is deur die Komitee, word toegelaat nie, behalwe as 'n terugverwysing na die wetsontwerp tussenbeide getree het. 



Wysigings in Komitee van die Hele Huis 



Wysigings wat deur Lede in Komitee van die Hele Huis voorgestel gaan word, mag op die Ordelys geplaas word - 



ná die Eerste Lesing, indien deur die Lid in beheer van die wetsontwerp voorgestel gaan word; of 



ná die Tweede Lesing, indien deur enige ander Lid voorgestel gaan word. 







64

Beginsel nie bespreek in Komitee van die Hele Huis 



Die beginsel van 'n wetsontwerp word nie in die Komitee van die Hele Huis bespreek nie, maar slegs die detail daarin. 





Prosedure vir wysigings gemaak deur 'n gekose komi - tee 



In Komitee van die Hele Huis word enige wysigings wat deur 'n gekose komitee aan die wetsontwerp onder oorweging 



aangebring is, nie voorgestel nie en word ook geen vraag daa- roor gestel nie, behalwe indien beswaar teen sulke wysigings aangeteken word. 



Wanneer  enige  Lid  beswaar  aanteken  teen  'n  wysiging  wat 



deur 'n gekose komitee voorgestel is, stel die Voorsitter van Komitees onverwyld die wysiging vir bespreking. 





148.      Verslag van wetsontwerp



Wanneer die Komitee van die Hele Huis die oorweging van ‘n wetsontwerp voltooi het, lewer die Voorsitter van Komitees verslag daarvan aan die Huis met of sonder wysigings. 



Wysigings waarop ooreengekom is in Komitee van die Hele Huis word, asof deur die Huis ooreengekom, beskou. 





Terugverwysing van wetsontwerp 



'n Wetsontwerp kan, deur mosie sonder kennisgewing, as geheel of gedeeltelik terugverwys word enige tyd na die afhandeling van die oorweging daarvan in Komitee van die Hele Huis en voordat dit vir die derde keer gelees word. 









65

Wetsontwerp mag na gekose komitee verwys word 



Nieteenstaande enigiets in hierdie Reëls, kan 'n wetsontwerp verwys word na 'n gekose komitee deur indiening van 'n 



mosie sonder kennisgewing, enige tyd na die Eerste Lesing en voordat die afhandeling van die oorweging daarvan in Komitee van die Hele Huis plaasgevind het. 





PRIVAATLEDE SE OPENBARE WETSONTWERPE



151.      Privaatlid se wetsontwerp



'n Wetgewende voorstel waarmee 'n Privaatlid belas is, word aan die Speaker voorgelê, tesame met 'n memorandum daa - roor wat die oogmerke daarvan uiteensit. 



Die Speaker verwys die voorstel en die memorandum na 'n ad hoc gekose komitee gestig vir daardie doel. 



Indien die Wetgewer nie in sitting is wanneer die stukke aan die Speaker voorgelê word nie, verwys hy of sy dit soos voormeld by die aanvang van die eersvolgende sessie. 



Die Komitee kan aanbeveel óf dat daar nie met die voorstel voortgegaan word nie óf dat dit aanvaar word. 



Indien die Komitee aanbeveel dat die voorstel aanvaar word en die Lid wat daarmee belas is die vereistes, as daar is, van die Speaker in verband met die vorm en styl van wetson- 



twerpe en memorandums daaroor nagekom het, is die bepal- ings van hierdie Reëls daarop van toepassing asof dit 'n open - bare wetsontwerp is. 















66

GELDWETSONTWERPE



ALGEMEEN



152.      Geldwetsontwerpe



Slegs 'n geldwetsontwerp mag geld bewillig of heffings of belastings hef en 'n geldwetsontwerp mag nie met enige ander aangeleentheid behalwe die oplegging van verbruikersgelde of boetes of ander mon- etêre strawwe handel nie.



Die Wetgewer mag geen wetsontwerp aanvaar wat enige gelde uit die Provinsiale Inkomstefonds bewillig of wat die opneming van enige lening goedkeur of wat 'n inkomste bekom deur middel van die hef van belasting nie behalwe as die Lid van die Uitvoerende Raad, wat verantwoordelik is vir finansiële aangeleenthede in die Provinsie, sodanige wetsontwerp ingedien het.



'n Geldwetsontwerp mag slegs deur die Wetgewer gewysig word slegs ingevolge die prosedure waarvoor voorsiening gemaak is in 'n Wet van die Wetgewer. [Sien artikels 119 en 120 van die Grondwet.]



Inhoud van Begrotings



'n Begroting wat in die Wetgewer bekend gestel word moet deur- sigtigheid, rekenpligtigheid en die doeltreffende finansiële bestuur van die ekonomie, skuld en die openbare sektor bevorder.



Die begroting moet in die vorm wees van, en ter Tafel gelê word op die tyd soos voor voorsiening in 'n Parlementswet gemaak word.



'n Begroting wat bekend gestel word moet -



begrotings van inkomste en uitgawes bevat waar tussen kapitaaluit- gawes en lopende uitgawes onderskei word;



voorstelle bevat vir die finansiering van enige verwagte tekort vir die tydperk waarop die begrotings van toepassing is; en



'n aanduiding bevat van voornemens wat betref lenings en ander vorms van openbare aanspreeklikheid wat in die daaropvolgende jaar die staatskuld sal verhoog. [Sien artikel 215 van die Grondwet.]



67

154.      Wanneer aanbeveling deur Premier vereis word



Hierdie Huis aanvaar geen wetsontwerp wat enige geld uit die Provinsiale Inkomstefonds bewillig of wat die aangaan van 



enige lening magtig of wat fondse insamel deur middel van belasting nie, tensy die Premier soda nige wetsontwerp voorgestel of eerste aanbeveel het. 



Indien  'n  wysiging  tot  'n  wetsontwerp,  soos  na  verwys  in 



Subreël (1), daarna streef om besteding of belasting te ver - meerder of die bestemming van besteding te wysig, word sodanige wysiging, of dit voorgestel is in hierdie Huis of in Komitee van die Hele Huis, nie gestel nie tensy die Premier dit voorgestel of aanbeveel het. 



Die aanbeveling van die Premier ingevolge hierdie Reël kan gekommunikeer word deur middel van 'n geskrewe boodskap deur die Speaker of verbaal deur die Premier of ander Lid van die Uitvoerende Raad. 





155.      Indiening en Eerste Lesing van die wetsontwerp



Elke wetsontwerp word deur 'n mosie ingedien. 



Kennis van elke mosie word gegee dat verlof toegestaan word 



om 'n geldwetsontwerp in te dien, en die algemene oogmerk van die wetsontwerp word in sodanige kennisgewing gestel. 



Nadat die wetsontwerp vir die eerste keer gelees is, oorhandig die Sekretaris 'n gedrukte kopie daarvan aan elke Lid, tesame 



met die dokumente ter Tafel gelê, indien enige, in die ampte - like tale van die Provinsie. 











68

156.      Verwysing van wetsontwerp na Finansies-komitee



Die dag waarop 'n geldwetsontwerp ingedien en vir die eerste keer gelees is, verwys die Speaker die wetsontwerp, die inleidende toe- spraak en die dokumente wat ter Tafel gelê is, indien enige, deur die Lid in beheer van die wetsontwerp, na die Finansies-komitee vir beraadslaging.



Die tydperk vir beraadslaging oor 'n wetsontwerp en doku- mente aldus verwys neem 'n aanvang op 'n dag deur die Speaker bepaal en sal beperk word tot 'n maksimum van vyf agtereenvolgende werksdae van hierdie Huis. 



Geen wysiging tot 'n wetsontwerp of enige ander dokumente 



wat ingevolge hierdie Reël na die Komitee verwys is, word voorgestel terwyl die Komitee nog beraadslaag oor die wet- sontwerp en die dokumente nie. 



Die  verslag  van  die  Komitee  word  aan  die  Huis  voorgelê  op 



of voor die eerste sittingsdag wat volg op die verstryking van die tydperk toegelaat vir beraadslaging. 





157.      Wetsontwerp op Ordelys geplaas vir Tweede Lesing



Na indiening en Eerste Lesing word 'n geldwetsontwerp op die Ordelys geplaas vir die Tweede Lesing. 



Die Tweede Lesing van 'n geldwetsontwerp mag slegs oor- weeg word nadat die verslag van die Finansies-komitee, waarvoor in Reël 156 voorsiening gemaak is, aan hierdie Huis voorgelê is. 





















69

Omvang van Debat oor Tweede Lesing van Begrotingswetsontwerp 



Nadat die versla g va n die Finansies-komite e oor die Begrotingswetsontwerp deur die Huis aanvaar is, sal ‘n algemene debat oor die Wetsontwerp geskeduleer en afgesluit word voor die Huis met die debatte oor die onderskeie Begrotingsposte van die Begrotingswetsontwerp voortgaan. 



Nieteenstaande (1) hierbo, sal die debatte oor die Begrotingsposte van die Premier en die LUR: Finansies, oop debatte wees en nie bepaal wees tot die beperkings gestel deur Reël 71 van hierdie Staande Reëls en Orders nie. 



Wetsontwerp verwys na die Komitee van die Hele Huis na die Tweede Lesing 



Wanneer 'n begrotingswetsontwerp waarby daar 'n bylae is, vir 'n tweede keer gelees is, sal die wetsontwerp geag word as na die Komitee van die Hele Huis verwys te wees. 



Wanneer 'n geldwetsontwerp sonder 'n bylae vir 'n tweede keer gelees is, mag daar, op voorstel sonder kennisgewing, beveel word dat dit in die Komitee van die Hele Huis oorweeg word. 





Skattings van Uitgawegedeelte van wetsontwerp 



Enige Skattings van Uitgawes beraam in 'n geldwetsontwerp vir die bewilliging van enige deel van die Provinsiale Inkomstefonds, met enige bylaes daarby, sal geag word as na die Komitee van die Hele Huis verwys te wees. 



















70

161.      Orde van sake in Komitee van die Hele Huis



In die geval van 'n geldwetsontwerp voor die Komitee van die Hele Huis, staan die klousules oor totdat die begrotingsposte in die bylaes afgehandel is. 



Die Voorsitter van Komite es mag, by aanvoering van gegronde redes, die oorweging van 'n begrotingspos of hoof uitstel tot 'n latere stadium tydens die oorweging, of voorkeur gee aan enige begrotingspos of hoof in die bylae tot 'n geld- wetsontwerp. 



Wanneer  'n  mosie  ingedien  word  om  'n  begrotingspos  in  die 



bylae tot 'n begrotingswetsontwerp te verander deur 'n toe- name of afname in die totaal daarvan, of deur die weglating, vermindering of vermeerdering van 'n item of deur die invoeging van 'n nuwe item, word die vraag gestel oor sodanige verandering. 



Wanneer meer as een vermindering in enige klousule, begrot- ingspos of hoof voorgestel word, word die vraag eerste oor die grootste vermindering gestel. 



Die prosedure waarna in Subreël (4) verwys word, sal ook van toepassing wees op vermeerderings en nuwe items. 



Wanneer  verskeie  voorstelle  oor  verskillende  items  van  'n 



begrotingspos gemaak word, word daarmee gehandel in die volgorde waarin die betrokke items in die begrotingspos ver- skyn. 



In die geval van 'n geldwetsontwerp voor die Komitee van die Hele Huis, word geen voorwaarde of uitspreek van opinie aan 'n begrotingspos of hoof geheg nie en mag die doelwit daar- van ook nie verander word nie. 



Nadat die vraag gestel is oor 'n begrotingspos of enige item van 'n begrotingspos, word geen mosies gestel, of debat 



toegelaat, oor enige voorafgaande begrotingspos of hoof, wat ook al die geval mag wees nie, maar 'n Lid mag na enige sodanige begrotingspos of item verwys met die doel om te 



71

verduidelik of te illustreer.



Nadat  alle  mosies  met  betrekking  tot  'n  begrotingspos  afge- 



handel is, word die vraag gestel oor die begrotingspos soos gewysig of, indien geen wysiging gemaak is nie, oor die oor- spronklike begrotingspos. 



Die Komitee van die Hele Huis mag, op 'n voorstel van 'n Lid 



van die Uitvoerende Raad, waarop sonder wysiging of debat- tering besluit mag word, terugkeer na enige begrotingspos of hoof in die bylaes tot 'n geldwetsontwerp wat reeds deur die Komitee afgehandel is. 



Die vooruitlopingsreël is nie op 'n geldwetsontwerp wat voor die Komitee van die Hele Huis dien, van toepassing nie. 



In die geval van 'n belastingwetsontwerp voor die Komitee van die Hele Huis, mag geen Lid behalwe 'n Lid van die 



Uitvoerende Raad, 'n wysiging voorstel wat die omvang van 'n belasting uitbrei of wat die effek van belastingvermeerder- ing sal hê nie. 





Inneem van komiteestadium 



Wanneer 'n geldwetsontwerp vir 'n tweede keer gelees is, kan die komiteestadium onmiddellik ingeneem word. 





Belastingvoorstelle 



Onderworpe  aan  Subreël  (2),  word  alle  voorstelle  om  fondse 



deur middel van belasting in te samel deur 'n Lid van die Uitvoerende Raad ingelei. 



Wa nneer 'n bela stingvoorstel slegs toevallig by 'n Wetsontwerp betrokke is, en deur iemand anders as 'n Lid van 



die Uitvoerende Raad gemaak word, word die Premier se aan- beveling verkry voordat die klousule wat sodanige voorstel 



72

vervat, deur die Komitee van die Hele Huis oorweeg word.









'n Aanbeveling waarna in Subreël (2) verwys word, word aan die Huis oorgedra deur 'n Lid van die Uitvoerende Raad en word in die Notule van Verrigtinge opgeneem. 





164.      Goedkeuring van Ongemagtigde Uitgawes



Jaarlikse verslae van die Ouditeur-generaal sal in die Wetgewer ter Tafel gelê word deur die Lid van die Uitvoerende Raad belas met die finansiële sake van die Provinsie en sal daarna na die Openbare Rekeninge-komitee verwys word vir oorweging en verslagdoening aan die Wetgewer.



Die Openbare Rekeninge-komitee mag aanbeveel dat die Huis ongemagtigde uitgawes goedkeur wat in verslae van die Ouditeur- generaal vermeld word.



Indien die Wetgewer sodanige aanbeveling aanvaar soos in Subreël (2) hierbo vermeld word, sal die LUR belas met finansiële aangeleen - thede in die Provinsie wetgewing indien wat daarop gemik is om sodanige ongemagtigde uitgawes goed te keur ingevolge die aan- be veling va n die Openba re Re keninge-komitee wat deur die Wetgewer aanvaar is.





TWEESOORTIGE WETSONTWERPE



Definisie 



'n Openbare wetsontwerp wat die private belange van bepaalde persone of liggame, in teenstelling met die private 



belange van alle persone of liggame in die bepaalde kategorie waartoe daardie persone of liggame behoort, op ‘n nadelige wyse raak of mag raak, word as 'n tweesoortige wetsontwerp behandel. 





73

Verwysing na eksaminatore 



'n Tweesoortige wetsontwerp wat ingevolge die voorgaande Reëls voor gestel is en 'n eerste keer in hierdie Huis gelees is, 



word deur die Speaker na die eksaminatore van tweesoortige wetsontwerpe verwys vir verslagdoening oor die vraag of die Reë ls met betrekking tot tweesoortige wetsontwerpe nagekom is. 





Verwysing na Komitees 



Indien die eksaminatore verslag doen dat die Reëls met betrekking tot Tweesoortige Wetsontwerpe nagekom is, word geag dat die Wetsontwerp ingevolge Reël 150 verwys is na 'n ad hoc-gekose komitee vir dié doel aangestel, om klaers en 



hulle regsadviseurs en prokureurs vir of teen die Wetsontwerp aan te hoor. 



'n Tweesoortige wetsontwerp is bestrede as 'n petisie daarteen ingedien is binne vyf werksdae van hierdie Huis nadat die 



verwysing van die Wetsontwerp na die Komitee in die Notule van Verrigtinge opgeteken is. 







KONSOLIDASIEWETSONTWERPE



168.

Verrigtinge

in

verband

met



Konsolidasiewetsontwerpe







'n Wetsontwerp wat ten doel het om die bestaande reg te kon- solideer, mag nie bepalings bevat wat die reg wysig nie. 



'n Konsolidasiewetsontwerp moet vergesel wees van 'n serti- fikaat onderteken deur die wetsadviseur wat die wetsontwerp opgestel het, waarin verklaar word dat die wetsontwerp die bestaande reg konsolideer sonder om dit te wysig. 









74

169.	Verwysing na Gekose Komitee



Die Speaker mag, by aanvoering van gegronde redes, gelas dat 'n konsolidasiewetsontwerp voor Tweede Lesing na 'n ad 



hoc-gekose komitee wat vir die doel aangestel is, verwys word. 



Die komitee waarna die konsolidasiewetsontwerp verwys is, kan 'n gewysigde wetsontwerp voorlê, maar oorweeg slegs wysigings wat bestaande reg duideliker wil stel of wat die wetsontwerp met die bestaande reg in ooreenstemming bring, en bespreking word streng tot die nodigheid vir sodanige wysigings beperk. 



'n Tydperk van nie minder nie as vyf werksdae van hierdie Huis sal verloop tussen die Eerste Lesing en die Tweede Lesing van die Wetsontwerp. 



Nadat die wetsontwerp 'n tweede keer gelees is, kan die oor- blywende stadia van die wetsontwerp onmiddellik voortgaan. 





KOMITEE VAN DIE HELE HUIS



Speaker verlaat Stoel sonder om vraag te stel 



Wanneer die Huis ‘n mosie aanvaar het om ‘n Komitee van die Hele Huis saam te stel, of wanneer ‘n order van die dag voorgelees is dat die Huis in Komitee moet gaan of dat die Huis in Komitee moet hervat, verlaat die Speaker die Stoel sonder dat die vraag gestel is. 



Prosedure in Komitee van die Hele Huis 



Behalwe waar andersins voorgeskryf, is die reëls van prose - dure wanneer die Speaker in die Stoel is, van toepassing in Komitee van die Hele Huis. 













75

Tussentydse verslae of vordering gerapporteer 



‘n Komitee van die Hele Huis mag van tyd tot tyd die Voorsitter beveel om ‘n besluit of besluite te rapporteer of om ‘n spesiale verslag aan die Huis te doen. 





Finale Verslag 



Wanneer ‘n Komitee van die Hele Huis sy besluite oor alle aangeleenthede na hom verwys, afgehandel het, rapporteer die Voorsitter diesulke aangeleenthede aan die Huis, met of sonder wysigings. 



NASIONALE RAAD VAN PROVINSIES



Afgevaardigdes



174.      Die aanstelling van Permanente Afgevaardigdes



Die We tgewer moet, ingevolge 'n besluit, sy permanente afgevaardigdes in ooreenstemming met artikel 61 en artikel 62 van die Grondwet aanstel.



Nominasies deur partye moet skriftelik geskied en moet deur twee Lede van die Wetgewer onderteken word.



'n Genomineerde persoon moet sy aanvaarding van die nominasie aandui deur die skriftelike nominasie te onderteken.



175.      Bewys van aanstelling as permanente afgevaardigdes



Die Speaker van die Wetgewer moet –



die aanstelling van die permanente afgevaardigdes sertifiseer; sertifiseer dat in nakoming van artikel 61 en 62 van die Grondwet opgetree is; en





76

die Sekretaris van die Parlement en elke permanente afgevaardigde van 'n afskrif daarvan voorsien.





Aanwysing van spesiale afgevaardigdes



Indien die Wetgewer in sitting is, kan die Wetgewer, deur middel van 'n besluit en met die instemming van die Premier en die leiers van die pa rtye geregtig op spesiale afgeva ardigdes, drie spesia le afgevaardigdes vanuit die Lede van die Wetgewer aanwys, soos van tyd tot tyd vereis word.



Indien die Wetgewer nie in sitting is nie –



kan die Speaker, na raadpleging met die swepe van elke party geregtig op spesiale afgevaardigdes, en met die instemming van die Premier en die leiers van die partye geregtig op spesiale afgevaardigdes, drie spe- siale afgevaardigdes vanuit die Lede van die Wetgewer aanwys, soos van tyd tot tyd vereis;



die name van die spesiale afgevaardigdes en die tydperk of doel van die aanwysing moet in die notule van die Wetgewer gepubliseer word by sy eerste sittingsdag ná die aanwysing; en



as 'n Lid beswaar aanteken teen die aanwysing van 'n spesiale afgevaardigde, moet die aanwysing ingevolge Subreël (1) geskied.



Die aanwysing van spesiale afgevaardigdes moet die tydperk of die doel van die aanwysing aandui.



Die aanwysing van 'n spesiale afgevaardigde mag enige tyd beëindig word -





indien die Wetgewer in sitting is, deur 'n besluit van die Wetgewer en met die instemming van die Premier en die leiers van die partye geregtig op spesiale afgevaardigdes;











77

indien die Wetgewer nie in sitting is nie, deur die Speaker ná raad - pleging met die swepe van elke partye geregtig op spesia le afgevaardigdes, en met die instemming van die Premier en die leiers van partye geregtig op spesiale afgevaardigdes.





Bewys van aanwysing as spesiale afgevaardigdes



Die Speaker van die Wetgewer moet –



die aanwysing van spesiale afgevaardigdes sertifiseer, sowel as die tydperk of doel van die aanwysing;



sertifiseer dat in nakoming met artikel 61 van die Grondwet opgetree is; en



die Voorsitter van die NRVP en elke spesiale afgevaardigde van 'n afskrif daarvan voorsien.





Permanente afgevaardigdes se regte en verpligtinge in die Wetgewer 



Die Provinsie se permanente afgevaardigdes in die NRVP mag sittings van die Wetgewer en sy Komitees bywoon en praat, maar mag nie stem nie.



Die Wetgewer mag vereis dat 'n permanente afgevaardigde sittings bywoon en verslag doen aan die Wetgewer of sy Komitees.

































78

Verlening van Stembevoegdheid



179.      Verlening van Bevoegdheid om te Stem



Indien die Wetgewer in sitting is, moet bevoegdheid om namens die Wetgewer te stem deur middel van 'n besluit van die Wetgewer ver- leen word binne die tydskedule deur die NRVP gestel.



Indien die Wetgewer nie in sitting is nie, moet bevoegdheid om namens die Provinsie te stem deur middel van 'n besluit van 'n Komitee van die Wetgewer, bestaande uit Lede van alle partye in die Wetgewer verteenwoordig, verleen word binne die tydskedule deur die NRVP gestel.



Stembevoegdheid mag algemeen of spesifiek wees, en mag deur mid- del van 'n besluit van die Wetgewer gewysig word.





180.      Bewyse van Stembevoegdheid



Die Sekretaris moet –



die verlening van stembevoegdheid sertifiseer;



sertifiseer dat in nakoming met artikel 65 van die Grondwet opgetree is; en



die Premier of die afgevaardigde wat die afvaardiging sal lei, van 'n afskrif daarvan voorsien.



Bewyse van stembevoegdheid moet in die formaat wees soos deur die Speaker voorgeskryf. 

























79

NRP-wetsontwerpe



Wetsontwerpe binne die sfeer van artikel 75 van die Grondwet 



Wetsontwerpe binne die sfeer van artikel 75 van die Grondwet moet hanteer word soos deur die Prioritiseringskomitee of die Wetgewer voorgeskryf.



Afskrifte van die Wetsontwerpe moet in die biblioteek van die Wetgewer beskikbaar wees.



Afskrifte van die Wetsontwerp moet voorsien word aan spesiale afgevaardigdes aangewys vir die doel van die Wetsontwerp vir die tydperk waartydens die Wetsontwerp deur die NRVP oorweeg sal word.



Wetsontwerpe moet binne die tydskedule oorweeg word soos deur die NRVP bepaal.





Wetsontwerpe en aangeleenthede buite die sfeer van artikel 75 van die Grondwet 



Wetsontwerpe en aangeleenthede buite die sfeer van artikel 75 van die Grondwet moet hanteer word soos deur die Prioritiseringskomitee of die Wetgewer voorgeskryf.



Afskrifte moet in die biblioteek van die Wetgewer beskikbaar wees.



Wetsontwerpe en aangeleenthede moet oorweeg word binne die tydskedule deur die NRVP gestel.























80

KOMITEES





183.      Definisies



Die Wetgewende Komiteestelsel sal ooreenkomstig drie kate- gorieë funksioneer , naamlik: 



Huishoudelike Komitees 



Portefeulje-komitees 



Gekose Komitees 



Huishoudelike Komitees en Portefeulje-komitees sal beskou word as staande komitees in soverre hul Lede aangestel sal word vir die duur van die Wetgewer en die Voorsitters van hierdie komitees sal, waar van toepassing, geregtig wees op vergoeding en toelaes as voorsitters van staande komitees. 



Gekose Komitees sal nie beskou word as staande komitees nie en die bepalings van Reël 183(2) sal nie van toepassing wees op Lede of Voorsitters van sulke komitees nie. 





HUISHOUDELIKE KOMITEES



184.      Algemeen



Daar sal die volgende Huishoudelike Komitees wees:



Komitee vir Reëls en Orders



Interne Reëlingskomitee



(c)	Privilegie Komitee









81

Voorsitterspaneel



Komitee vir Regeringsondernemings



Swepe-komitee



Prioritiseringskomitee



Programmeringskomitee





185.      Samestelling van die Komitee vir Reëls en Orders



Die Speaker stel vir die duur van hierdie Wetgewer 'n Komitee vir Reëls en Orders aan wat alle aangeleenthede rak - ende die Huis oorweeg en besluite na goeddunke neem en wat uit nie minder nie as 5 en nie meer as 20 Lede, die Speaker en Adjunkspeaker ingesluit, bestaan nie. 



Die Speaker is die Voorsitter van die Komitee vir Reëls en Orders, en indien die Speaker nie op 'n vergadering van die Komitee teenwoordig kan wees nie, tree die Adjunkspeaker op daardie vergadering as Voorsitter op. 





186.      Samestelling van die Interne Reëlingskomitee



Die Speaker stel vir die duur van hierdie Wetgewer 'n Interne Reëlingskomitee aan, wat aanbevelings sal oorweeg en maak aan die Speaker aangaande sake rakende die geriewe vir en die gemak van Lede en wat uit nie minder nie as 5 en nie meer as 20 Lede genomineer deur die Reëlskomitee, sal bestaan nie. 















82

Die Adjunkspeaker sal ex officio die Voorsitter van die Komitee wees. Die Komitee sal in die afwesigheid van die Adjunkspeaker een van sy lede verkies om as Voorsitter van die Komitee waar te neem. 





187.      Samestelling van die Privilegie Komitee



Daar   sal   'n   Privilegie   Komitee   wees,   bestaande   uit   die 



Adjunkspeaker, wat ex officio Voorsitter van die Komitee is, die Leier van die Huis, die Hoofsweep en senior Swepe in die Huis. Die Leier van die Huis tree op as Voorsitter van die Komitee tydens die afwesigheid van die Adjunkspeaker. 



Die Privilegie Komitee stel op versoek van die Speaker ondersoek in na en dien hom/haar van raad oor beweerde oortredings deur Lede van die Huis waarby die voorregte of verrigtinge van die Huis of 'n Komitee van die Huis nie betrokke is nie. 



Die Privilegie Komitee sal, op versoek van die Komitee vir Reëls en Orders, die Komitee vir Reëls en Orders ondersoek en adviseer na beweerde oortredings deur Lede van hierdie Huis, insluitende die verrigtinge van hierdie Huis of die ver- rigtinge van 'n Komitee van hierdie Huis. 





188.      Samestelling van Voorsitterspaneel



Daar sal 'n Voorsitterspaneel wees, bestaande uit al die voor- sitters van alle Portefeulje- en Gekose Komitees van die Huis. Die Voorsitter van Komitees sal ex officio die Voorsitter van die Paneel wees. 



Die Voorsitterspaneel sal ten minste een maal 'n maand ver- gader. 



Die Voorsitterspaneel sal die magte hê om: 



(a)	die skedule van Komiteevergaderings goed te keur;



83

(b) vordering in verband met Komiteewerk te oorweeg en te evalueer, en om aanbevelings in hierdie verband aan die Komitee vir Reëls en Orders te maak;



(c) die voorlegging van Komiteeverslae aan die Huis te koördineer;



aanbevelings te maak aan die Komitee vir Reëls en Orders oor reëls wat verband hou met die werk van Komitees; 



die jurisdiksie van Komitees vol te hou en te bepaal; en 



aanbevelings aan die Komitee vir Reëls en Orders oor die jurisdiksie van Komitees te maak. 





189.      Samestelling van Komitee vir Regeringsondernemings



Die Komitee vir Regeringsondernemings sal tred hou met alle ve rsekerings, beloftes en onderne mings wa t deur die Regering op die vloer van die Huis gegee is. 



Die Komitee sal die mag hê om persone, dokumente en reko - rds te ontbied, om verlof te hê om buite die grense van die Huis te reis en van tyd tot tyd te rapporteer. 



Die Adjunkspeaker van die Wetgewer sal ex officio die Voorsitter van die Komitee wees. 



Die Lede van die Komitee sal uit die Swepe van alle partye wat in die Huis verteenwoordig word, bestaan. 









84



Samestelling van die Swepe-komitee



Daar sal 'n Swepe-komitee wees, bestaande uit die Hoofsweep van die meerderheidsparty en swepe wat genomineer is deur elke party wat in die Wetgewer verteenwoordig word: met dien verstande dat die samestelling van die Komitee die verhouding waarin die partye in die Wetgewer verteenwoordig word, weerspieël.



Die Hoofsweep van die meerderheidsparty sal, ex officio, die voorsit- ter van die Komitee wees.



Die Komitee verrig die funksies wat deur hierdie Reëls van die Huis of besluite deur die Huis, daaraan toevertrou word.





191.      Samestelling van die Prioritiseringskomitee



Daar sal 'n Prioritiseringskomitee wees, bestaande uit Lede van alle partye wat in die Wetgewer verteenwoordig word en deur die Komitee vir Reëls en Orders aangestel is.



'n Meerderheid van Lede van die Komitee stel 'n kworum saam.



Die Prioritiseringskomitee sal alle NRVP-wetsontwerpe en aan- geleenthede na die Wetgewer verwys, oorweeg en -



in die geval van 'n Wetsontwerp binne die sfeer van artikel 75 van die Grondwet –



die rangorde en volgorde van oorweging vasstel; die tydskedules vir oorweging en verslagdoening vasstel;



mag voorskryf dat:



die titel van die Wetsontwerp slegs in die notule van die verrigtinge gepubliseer word;



die Wetsontwerp na 'n Komitee verwys word vir oorweging en ver- slagdoening aan die Wetgewer, met of sonder maatreëls om openbare verhore te hou;

voorleggings aan die relevante parlementêre komitee gemaak word;



85

in die geval van 'n Wetsontwerp buite die sfeer van artikel 75 van die Grondwet -



(i) die rangorde en volgorde van oorweging vasstel; die tydskedule vir oorweging, verslagdoening en bevestiging van stembevoegdheid vasstel;

mag voorskryf dat:



die Wetsontwerp of aangeleentheid in die Wetgewer ter Tafel gelê word vir die verlening van stembevoegdheid sonder verwysing na 'n Komitee; of



die Wetsontwerp of aangeleentheid na 'n Komitee verwys word vir oorweging en verslagdoening aan die Wetgewer, met of sonder maa- treëls om openbare verhore te hou;



voorleggings aan die relevante parlementêre komitee gemaak word voor die verlening van stembevoegdheid.





192.      Samestelling van Programmeringskomitee



Vir die duur van hie rdie Wetgewer sal die Speaker 'n Programmeringskomitee aanwys wat die programmering van hierdie Huis sal oorweeg en besluite daaroor sal neem, asook alle aangeleen- thede daaraan verwant, en wat uit die Speaker, die Adjunkspeaker, die Premier, die Leier van die Huis, die Voorsitter van Komitees, die Hoofsweep en die senior Swepe in die Huis sal bestaan.







Die Speaker sal die Voorsitter van die Programmeringskomitee wees en as die Speaker nie beskikbaar is om by 'n vergadering van die Komitee teenwoordig te wees nie, sal die Adjunkspeaker as Voorsitter optree.























86

PORTEFEULJE-KOMITEES



Die samestelling van Portefeulje-komitees 



Daar sal Portefeulje-komitees wees aangewese as die: 



Openbare Rekeninge-komtiee;



Komitee vir Pensioene, Gesondheid & Maatskaplike Dienste; Komitee vir Onderwys en Sport, Kuns, Kultuur, Wetenskap & Tegnologie;



Komitee vir Omgewingsake & Toerisme; Komitee vir Plaaslike Regering en Behuising; Komitee vir Veiligheid & Sekuriteit en Landbou;



Finansies-komitee wat Finansies, Uitgawes en Ekonomiese Sake sal hanteer; en



Tegniese-komitee wat Openbare Werke & Paaie en Vervoer sal hanteer.



Elkeen hiervan sal aandag skenk aan sake verwys na hulle deur die Speaker of na ‘n besluit deur hierdie Huis, en sal die bevoegdheid hê om getuienis aan te hoor en vir bewyse te vra.





194.      Funksies van Portefeulje-komitees



Onderhewig aan die voorskrifte van die Grondwet, sal 'n Portefeulje-komitee, dienooreenkomstig hierdie Reëls of sy ander opdragte - 



Wetsontwerpe of ander sake wat na hom deur die Speaker onder hierdie Reëls verwys word, of deur of volgens 'n besluit van hierdie Huis, oorweeg of hanteer;



'n begrotings- of geldwetsontwerp of enige aspek van 'n begrotings- of geldwetsontwerp wat na hom deur die Speaker onder hierdie Reëls, of deur of volgens 'n besluit van hierdie Huis verwys is, oorweeg of hanteer;









87

enige aspek van die wetgewende program, begroting, rasionalisering, herstrukturering, funksionering, organisering, struktuur, personeel, beleidsformulering of enige ander saak wat hy relevant mag ag, van die regeringsdepartement of –departemente wat binne die kategorie van sake wat aan portefeulje-komitees toegewys is, val, sal monitor, ondersoek, oor navraag doen en aanbevelings oor maak; en



sodanige ander funksies, take en pligte verrig wat met parlementêre toesig van sodanige regeringsdepartement of –departemente verband hou as wat deur of onder 'n Parlementêre Wet voorgeskryf word.



Enige vraag oor watter Portefeulje-komitee verwysings moet hanteer, waarna in Subreël 1(a) verwys is, sal deur die 



Speaker besluit word, onderhewig aan enige aanduidings van die Reë ls-komitee met die aanbeveling van die Voorsitterspaneel. 





Magte van Portefeulje-komitees 



Vir die doel van die uitoefen van mag en die verrig van funksies, sal 'n Portefeulje-komitee die mag hê – 



om enige persoon te ontbied om voor hom te verskyn om getuienis onder eed of bevestiging te lewer [Sien artikel 115(a) van die Grondwet];



om enige persoon te ontbied om voor hom te verskyn om enige doku- mente wat deur hom benodig word, te verskaf [Sien artikel 115(a) van die Grondwet];



om voorleggings van belanghebbende persone of partye te ontvang [Sien artikel 115(d) van die Grondwet];















88

om te besluit of mondelinge getuienis of voorleggings gegee moet word of voor hom aangebied moet word deur of ter wille van 'n belanghebbende persoon of party;



om die omvang, aard en vorm van sy verrigtinge, sowel as die getuie- nis en voorleggings wat gedoen of voor hom aangebied word, te bepaal, onderhewig aan die Grondwet, hierdie Reëls en 'n besluit van die Huis;



om sy verrigtinge of enige aspek van sy werk te bedryf, by enige plek wat hy as die mees geskikte ag, en wat, wanneer hierdie Huis nie in sitting is nie, 'n plek buite die setel van die Parlement mag wees, onderhewig aan enige beperkinge wat deur hierdie Reëls of deur die Reëls-komitee of deur die besluit van hierdie Huis opgelê is;



om sy sake te bedryf terwyl hierdie Huis nie in sitting is nie;



om sy sake te bedryf op dae wat hierdie Huis verdaag het;



om subkomitees aan te stel; en



om sodanige ander magte as wat voorgeskryf, of aan hom toegewys mag word, uit te oefen, deur of onder enige wet, hierdie Reëls of 'n besluit van hierdie Huis.





































89

Duur van Portefeulje-komitees 



‘n  Portefeulje-komitee  sal  voortgaan  vir  die  duur  van  hierdie 



Wetgewer, en kan sy werksaamhede verrig terwyl die Wetgewer in reses is of die Huis nie in sitting is nie. 





Getal Lede van Portefeulje-komitees 



'n Portefeulje-komitee bestaan uit die getal Lede soos deur die Komitee vir Reëls en Orders in elke geval bepaal is, maar wat 



nie minder as 5 of meer as 20 mag wees nie, tensy hierdie Reëls of hierdie Huis, in 'n bepaalde geval, anders bepaal. 





Aanstelling van Lede van Portefeulje-komitees 



Die Lede van 'n Portefeulje-komitee sal deur die Komitee vir Reëls en Orders in oorleg met die Swepe aangestel word. 



'n Alternatiewe Lid kan vir een of meer Lede van 'n Portefeulje-komitee aangestel word. 



Wanneer die Huis nie in sitting is nie, kan die Speaker, na oor- leg met die Swepe van elke party wat geraak word, Lede aans- tel in en 'n vakature vul in enige Portefeulje-komitee. 



Die name van Lede wat in 'n Portefeulje-komitee aangestel is, word so gou doenlik in die Notule van Verrigtinge gepub- liseer. 



Die Leier van 'n minderheidsparty wat, weens sy beperkte Ledetal in die Huis, nie vir lidmaatskap aan alle Portefeulje- komitees kwalifiseer nie, moet verklaar in watter Komitees sy of haar party verteenwoordig wil wees. 



'n LUR sa l sle gs toegelaat word om in 'n ex officio hoedanigheid te dien op 'n Portefeulje-komitee wat nie betrekking het op sy of haar portefeulje in die Uitvoerende Raad nie. 



90

199.	Voorsitter van Portefeulje-komitee



Tensy 'n Voorsitter vooraf aangestel is, moet elke Portefeulje- komitee, voordat dit met ander werksaamhede begin, een van sy Lede as Voorsitter kies.



Beslissende stem 



Die Voorsitter of Waarnemende Voorsitter van 'n Portefeulje- komitee het slegs 'n beslissende stem by 'n staking van stemme. 



Kworum 



Behalwe wanneer 'n vraag beslis word, kan werksaamhede op 'n vergadering van 'n Portefeulje-komitee voortgesit word ongeag die getal Lede wat aanwesig is. 



'n Portefeulje-komitee kan 'n vraag beslis slegs as daar 'n kworum van Lede teenwoordig is. 



'n Meerderheid van die Lede van 'n Portefeulje-komitee maak 'n kworum uit. 



Indien daar nie 'n kworum teenwoordig is wanneer 'n Portefeulje-komitee 'n vraag moet be slis nie, kan die Voorsitter die werksaamhede opskort totdat 'n kworum teen- woordig is of die komitee verdaag. 































91

202.	Eerste vergadering van Portefeulje-komitee



Die eerste vergadering van 'n Portefeulje-komitee sal, tensy dit op 'n ander wyse belê word, deur die Sekretaris binne 5 werksdae van hierdie Huis belê word nadat die name van die Lede wat aangestel is om in die Komitee te dien, gepubliseer is.





Sittings van Portefeulje-komitees gedurende sittings van Huis 



'n Portefeulje-komitee kan gedurende sittings van die Huis sit. 





Beskuldiging teen Lede 



Indien enige inligting waarvolgens 'n beskuldiging teen enige Lid van hierdie Huis ingebring word voor 'n Portefeulje- komitee kom, behandel die komitee daardie inligting nie, maar rapporteer dit onverwyld aan die Huis. 





Verslag van Portefeulje-komitee voorgelê 



Die versla g van 'n Portefeulje-komitee word deur die Voorsitter of 'n ander Lid van die komitee aan die Huis voorgelê. 





Minderheidsverslag 



'n Portefeulje-komitee het nie die bevoegdheid om 'n minder- heidsverslag voor te lê nie. 













92

GEKOSE KOMITEES



207.      Samestelling van Gekose Komitee



'n Gekose Komitee, verteenwoordigend van alle partye van die Huis, mag aangestel word ooreenkomstig 'n besluit van die Huis om 'n spesifieke opdrag, wat in die besluit gespesi- fiseer is, uit te voer. 



'n Gekose komitee so aangestel, sal voortgaan tot dit die opdrag voltooi het of daarvan vrygestel is en met hul werk- saamhede mag voortgaan terwyl die Huis in reses is, of die Huis nie in sitting is nie, met voorbehoud dat 'n algemene verkiesing vir hierdie Huis nie intussen plaasgevind het nie. 



208.	Aanstelling van Lede van Gekose Komitee



Die Lede van 'n Gekose Komitee sal deur die Komitee vir Reëls en Orders, in oorleg met die Swepe binne 5 werksdae van hierdie Huis na die aanstelling van die komitee, aangestel word. 



Die Reëls wat betrekking het op die verdere aanstelling en vervanging van Lede van Portefeulje-komitees is mutatis mutandis van toepassing op Gekose Komitees. 



209.	Voorsitter van Gekose Komitee



Reël 199 is mutatis mutandis van toepassing op Gekose Komitees.



Beslissende stem 



Reël 200 is mutatis mutandis van toepassing op Gekose Komitees. 



Kworum 



Reë l 201(1)-(4) is mutatis mutandis van toepassing op Gekose Komitees. 





93

Eerste vergadering van Gekose Komitee 



Reël 202 is mutatis mutandis van toepassing op Gekose Komitees. 



Sittings van Gekose Komitee gedurende sittings van die Huis 



Reël 203 is mutatis mutandis van toepassing op Gekose Komitees. 



Sittings van Gekose Komitee wanneer Huis verdaag is 



'n Gekose Komitee mag sit op dae waartydens hierdie Huis verdaag is. 



Beskuldiging teen Lid 



Reël 204 is mutatis mutandis van toepassing op Gekose Komitees. 



Verslag van Gekose Komitee voorgelê 



Reël 205 is mutatis mutandis van toepassing op Gekose Komitees. 



Minderheidsverslag 



Reël 206 is mutatis mutandis van toepassing op Gekose Komitees. 





ALGEMEEN



218.      Fasilitering van Openbare Betrokkenheid



Die Wetgewer en die Komitees moet openbare betrokkenheid by wetgewende en ander prosesse fasiliteer. 



Die Wetgewer  en  die  Komitees  moet  alle  opinies  en  insette 



94

oorweeg wat van die publiek ontvang is. [Sien Artikels 116 en 118 van die Grondwet.]





Beperking op toegang tot Komitees 



Daar is komitees van hierdie Huis, wat die Huishoudelike, Portefeulje- en Gekose Komitees insluit, waartoe publieke toegang beperk mag word, maar slegs tot die mate waartoe in hierdie Reëls voorsiening voor gemaak is. 





Teenwoordigheid van Nie-Lede van Komitees 



(1)

(a)

Onderhewig   aan   die   voorskrifte   van   Reël



198(6),  mag  Lede  van  hierdie  Huis  tydens  die  ver-



rigtinge  van  'n  Komitee  van  hierdie  Huis,  teenwo-



ordig wees.



(b)

'n  Lid  wat  enige  verrigtinge  kragtens  para-



graaf   (a)   bywoon,   het   die   reg   om   ten   volle   aan



sodanige verrigtinge deel te neem: met dien verstande



dat slegs Lede van die betrokke Komitee of, by afwe-



sigheid  van  sodanige  Lid,  die  betrokke  alternatiewe



Lid,  soos  die  geval  mag  wees,  die  reg  sal  hê  om  by



sodanige verrigtinge te stem.



Lede van die publiek en die media mag tydens die verrigtinge van 'n Komitee van hierdie Huis teenwoordig wees, onder- hewig aan sodanige beperkinge en vereistes wat die betrokke Komitee mag nodig ag in die belang van die gevolglike ver- rigtinge van sy funksies, en verder onderhewig aan die Komitee se reg om sy verrigtinge in privaatheid te laat plaasvind deur alle persone benewens persone waarna in Subreël (1) verwys is, uit te sluit, wanneer dit as nodig geag word. 



Alle persone behalwe Lede van die Komitee van hierdie Huis sal met die neem van 'n besluit deur die Komitee, onttrek. 





95

Publikasie van verrigtinge, getuienis of verslae van Komitees 



Die verrigtinge van of die getuienis aangehoor deur 'n Komitee van hierdie Huis terwyl sy verrigting of enige deel van sy verrigtinge in privaatheid plaasgevind het, of 'n 



opsomming van sodanige verrigtinge of getuienis, sal nie gepubliseer of bekend gemaak word nie, alvorens die verslag op die gesag van die Speaker of onder bevel van hierdie Huis gepubliseer is nie: met dien verstande dat getuienis wat sodanige Komitee afgehandel het, nie gepubliseer of open- 



baar gemaak sal word behalwe onder bevel van hierdie Huis nie. 



Die verslag van 'n Komitee van hierdie Huis of opsomming van sodanige verslag, sal nie gepubliseer of bekend gemaak word voordat die verslag in die Huis ter Tafel gelê is nie. 





Regsadviseurs en prokureurs 



Regsadviseurs en prokureurs wat voor enige Komitee ver- skyn, sal die bepalings nakom en aan die reëls voldoen soos deur die Voorsitter neergelê. 





GETUIES



Bywoning van getuies wat in die gevangenis aangehou word 



Indien 'n getuie van wie vereis word om 'n sitting van die Huis of 'n Komitee by te woon, in 'n gevangenis aangehou word, kan die persoon in bevel van so 'n gevangenis gelas word om die getuie so dikwels as wat sy of haar bywoning nodig geag word onder veilige bewaking vir ondervraging te bring, en die Speaker kan die nodige lasbrief uitreik. 





96

224.      Dagvaardiging van getuies



Geen Komitee mag 'n getuie dagvaar voordat die Speaker nie eers daarvan oortuig is dat die getuienis van daardie getuie van wesenlike belang vir die ondersoek sal wees nie. 



Vir die ondervraging van elke sodanige getuie moet die Komitee de die in diem (op agtereenvolgende dae) sit. 



Onkoste van getuies 



Behoudens die goedkeuring van die Speaker, kan die Sekretaris aan getuies 'n redelike bedrag ten opsigte van reis- en bywoningstyd en vir vervoerkoste werklik aangegaan, betaal. 





KANTOOR VAN DIE SEKRETARIS EN DOKUMENTE VAN DIE WETGEWER



Notule van Verrigtinge 



Die Notule van Verrigtinge word deur die Sekretaris gehou en word, nadat dit noukeurig deur die Speaker nagesien is, gedruk en aan Lede beskikbaar gestel. 



Joernale van die Wetgewer 



Die Notule van Verrigtinge, deur die Sekretaris onderteken, maak die Joernale van die Wetgewer uit. 



Bewaring van dokumente 



Die Sekretaris sal toesig hê oor al die stukke en ander doku - mente van die Wetgewer en hy of sy mag nie van die stukke of ander dokumente of afskrifte daarvan uit die gebied van hierdie Huis verwyder of laat verwyder sonder die verlof van die Speaker nie. 







97

229.      Toegang tot dokumente wat ter Tafel gelê is



Behoudens  Reëls  228  en  229(b)  het  niemand  behalwe  'n  Lid 



van hierdie Huis toegang tot dokumente wat ter Tafel gelê is of die reg om uittreksels daaruit of afskrifte daarvan te maak nie. 



Indien  die  Huis  gelas  het,  volgens  mosie  van  of  sonder  ken- 



nisgewing deur 'n Lid waarna in Reël 229(a) verwys is, dat die inhoud van so 'n dokument nie openbaar gemaak mag word nie, of indien so 'n dokument as vertroulik gemerk is, mag geen Lid die inhoud daarvan bekend maak nie, op straf van voorregskending. 





Algemene pligte van die Sekretaris 



Die Sekretaris is verantwoordelik vir die reëling van alle sake in verband met die werksaamhede van die Wetgewer, onder- hewig aan die opdragte wat hy of sy van die Speaker of van hierdie Huis ontvang. 











































98

