KONSEPBELEID VIR DIE BESTUUR EN TOEKENNING VAN KOMMERSIËLE VISREGTE IN DIE GROOT DIEPSEEVIS-TUNA EN SWAARDVIS LANGLYN- VISSERY BYKOMENDE TOTALE TOELAATBARE POGING TTP DESEMBER 2007
INHOUDSOPGAWE
Inleiding 3
Profiel van die Vissery 3
Internasionale Visserybestuur 5
Doel en Oogmerk van hierdie Beleid 6
Verbeter die gehalte van transformasie in die vissery 6
Konsolidasie van vissery van groot diepseespesies 6
'n Suid-Afrikaanse Groot Diepseevis-Langlynvissery 6
Vangsprestasie 7
Tydsduur van Regte 7
Evalueringsmaatstawwe 7
Uitsluitingsmaatstawwe 8
Balanseringsmaatstawwe 9
Gepaste Aansoekers 13
Gepaste Vaartuie 13
Landingsterreine 16
Nasionaliteit van Vangs 17
Beperkings op Aansoeke 17
Aansoekfooi en Heffings 17
Uitstaande fooie en heffings 18
Prestasie
Prestasiemeting
Waarnemers
Permitvoorwaardes
Inleiding
Hierdie beleid oor die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte in die groot diepseevis-1 langlynvissery word uitgereik deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme ("die Minister").
Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings uiteen te sit wat van toepassing sal wees op die toekenning van bykomende Totale Toelaatbare Poging (TTP) met betrekking tot langtermyn- kommersiële groot diepseevis-visvangregte. Hierdie oorwegings is toegepas deur die Minister en die gedelegeerde gesag van die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur ("die Departement") wanneer regte in die verlede toegeken is.
Die Minister is voornemens om die mag wat hy kragtens artikel 18 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, 1998 (Wet Nr. 18 van 1998) ("die WLMH") ontvang het, om bykomende BBP toe te ken met betrekking tot langtermyn- kommersiële groot diepseevis-visvangregte, aan 'n senior amptenaar van die Departement te delegeer kragtens artikel 79 van die WLMH. Hierdie beleidsdokument sal, inter alia, die gelegeerde gesag rig met betrekking tot besluitneming in verband met aansoeke in hierdie vissery.
Profiel van die Vissery
Suid-Afrikaanse deelname in die groot diepseevis-langlynsektor is betreklik nuut. Die oes van tuna en swaardvis deur langlynvissery is in die verlede onderneem deur Japannese en Taiwannese vaartuie wat onder bilaterale lisensie-ooreenkomste in Suid-Afrikaanse waters visgevang het. Deelname deur Suid-Afrikaanse vissers in die groot diepseevissery, en in die besonder die tunalanglyn- en swaardvisvisserye, is onlangs moontlik gemaak deur die besluit van die Minister van Omgewingsake en Toerisme om nie die internasionale visserslisensies van Japannese en Taiwannese langlynvaartuie om tuna en swaardvis in Suid-Afrikaanse
Groot diepseevis verwys na alle visbevolkings binne die bestuursjurisdiksie van die Internasionale Kommissie vir die Bewaring van Atlantiese Tunas ("ICCAT"), die Indiese Oseaan-Tunakommissie ("IOTC") en die Kommissie vir die Bewaring van Suidelike Blouvintuna ("CCSBT").
waters te vang, te hernieu nie. Hierdie ooreenkomste het aan die einde van Januarie 2003 verstryk.
Die beskikbaarheid van tuna en swaardvisbevolkings in Suid-Afrikaanse waters, tesame met 'n hernieude belangstelling in die langlynvangs van tuna deur Suid-Afrikaners het die Departement in 1997 oortuig om eksperimentele permitte vir die langlynvangs van tuna toe te ken. Deelnemers aan die eksperimentele vissery het destyds bestaan uit 20 bestaande tunakwotahouers en 10 "nuwe" tunastokkwotahouers.
Die oogmerke van die eksperimentele vissery was om -
n prestasiegeskiedenis van tunavangs op te bou sodat die relevante Streeks-Visserybestuursorganisasies (SVBO's) meer geneig sou wees om landskwotas aan Suid-Afrika toe te ken;
tegnologiese en visseryondervinding op te bou in die tuna-langlynvisvangbedryf; en biologiese en visserydata in te samel sodat 'n wetenskaplike grondslag vir die bestuur van 'n Suid-Afrikaanse kommersiële groot diepseevissery voorsien kan word.
Die eksperimentele vissery het getoon dat Suid-Afrikaanse deelnemers aan die vissery in staat is om swaardvis te vang. Daar is egter 'n besondere behoefte om 'n prestasiegeskiedenis vir die oes van tuna op te bou.
Ander visserysektore wat groot diepseevisspesies vang, sluit die kommersiële haai­langlynvissery, tuna stokvissery, tradisionele handlynvissery en die ontspanningsektor in. Die tunas wat deur hierdie sektore gevang word, is hoofsaaklik langvin- (albakoor) en geelvintuna. Die haai-langlynvissery is beperk met betrekking tot permitvoorwaardes tot 'n tunabyvangs van 10% (per gewig) van die totale vangs van die teikenspesie. Kommersiële tradisionele handlynvaartuie en ontspanningsvissers word beperk deur vangslimiete.
In 2005 het die Departement langtermynregte (duur 10 jaar) toegeken in die groot diepseevis­langlynvissery (tuna en swaardvis). Die oogmerke van die Beleid vir die Bestuur van en Toekenning van Kommersiële Visvangregte in die Groot Diepseevis- (Tuna en Swaardvis Langlyn) Vissery: 2004 was soos volg:
Konsolidasie van visserye wat groot diepseevisspesies vang;
n Suid-Afrikaanse Groot Diepseevis-Langlynvissery; en
Vangsdatabasis (vangsprestasie).
Konsolidasie van die tuna-, swaardvis- en diepseehaai-langlynvissery is nie tydens die toekenningsproses in 2004 bereik nie. Die diepseehaai-langlynvisery is egter teen 31 Desember 2005 gestaak en as gevolg van die gebrek aan konsolidasie is nege vrystellings toegestaan vir diepseehaai-langlynvissery. Die oogmerk om 'n Suid-Afrikaanse Groot Diepseevis-Langlynvissery te hê, is bereik in die toekenningsproses van regte in 2004 en alle suksesvolle Regtehouers is Suid-Afrikaans. In ooreenstemming met die derde oogmerk van die toekenningsproses van 2004 het die vangsprestasie vir 2005 en 2006 nie Suid-Afrika se totale vangsprestasie vir groot diepseevisse verbeter nie.
Daarbenewens was daar in ooreenstemming met die totale toelaatbare poging vir die groot diepseevis-langlynvissery, 20 swaardvisregte en 30 tunaregte in 2004 beskikbaar om toegeken te word. Sewentien regte is toegeken vir swaardvis sowel as 'n bykomende reg met 'n wetlike hersiening en gevolglik is daar 2 swaardvisregte wat nie toegeken is nie. Ses en twintig tunaregte is toegeken, met 4 regte ontoegeken.
Internasionale Visserybestuur
As 'n kusstaat wat die VN se Ooreenkoms oor Visvoorraad onderteken het, is Suid-Afrika verplig om 'n vissery vir groot diepseevisspesies te ontwikkel en te bestuur in samewerking met die relevante Streeks- Visserybestuursorganisasies ("SVBO's) en in ooreenstemmning met hulle bestaande bestuurs- en beheermaatreëls. Die groot diepseevisbedryf is dus afhanklik van landstoewysings van die toepaslike SVBO's (soos die Internasionale Kommissie vir die Bewaring van Atlantiese Tunas - ICCAT; die Indiese Oseaan-Tunakommissie - IOTC; en die Kommissie vir die Bewaring van Suidelike Blouvintuna - CCSBT).
Doel en Oogmerke van hierdie Beleid
Die doel om kommersiële visvangregte in die tuna- en swaardvis-langlynvissery toe te ken, is om 'n ekonomies en omgewings- onderhoubare Suid-Afrikaanse kommersiële groot diepseevis-langlynvisbedryf te vestig, wat langlynvangs van diepseehaaie, sal insluit. Die oogmerke om hierdie kommersiële groot diepseevis-langlynvisvangregte toe te ken, is die volgende:
Verbeter die gehalte van transformasie in die vissery
Transformasie en herstrukturering van die visbedryf is 'n algemene regeringsoogmerk en dit is die voorneme van hierdie beleid om die raamwerk te voorsien om hierdie belangrike noodsaaklikheid aan te spreek.
Konsolidasie van vissery van groot diepseevisspesies
Konsolidasie van alle kommersiële groot diepseevis-langlynvissery, met inbegrip van diepseehaai-langlynvangs bly 'n belangrike oorweging. Die kommersiële oes van diepseehaaie deur die haai-langlynvissery is teen 31 Desember 2005 beëindig. Maar aangesien konsolidasie van diepseehaai-langlyn nie in 2005 bereik is nie, is nege vrystellings toegestaan vir diepseehaai-langlyn. Huidige houers van diepseehaai­langlynvrystellings moet kragtens hierdie beleid aansoek doen om 'n kommersiële groot diepseevisreg om tunas en swaardvis te kan vang. Byvangs van diepseehaaie sal toegelaat word binne voorgeskrewe perke. Die vangs van bodemhaaie met langlyne sal nie geraak word deur hierdie beleid nie en sal nog steeds 'n aparte kommersiële vissery wees.
'n Suid-Afrikaanse Groot Diepseevis-Langlynvissery n Fundamentele oogmerk van hierdie beleid en die toekenning van kommersiële groot diepseevis-langlynvisvangregte is die toekenning van regte aan Suid-Afrikaanse persone2. Hierdie beleidsoogmerk verhoed nie nie-Suid-Afrikaners om gesamentlike ondernemings met Suid-Afrikaners aan te gaan nie, mits die Suid-Afrikaanse aandeel in so 'n gesamentlike onderneming ten minste 51% is.
Vangsprestasie
Bevolkings van uiters migrerende spesies, soos swaardvis en tuna, word deur SVBO's bestuur. Landstoekennings word gegrond op verskeie maatstawwe, waarvan die belangrikste vangsgeskiedenis is. Gevolglik is 'n sleuteloogmerk van die beleid om regte toe te ken sodat 'n Suid-Afrikaanse vangsrekord opbou kan word, veral vir tuna, wat Suid-Afrika die reg sal gee om 'n groter aandeel van die beskikbare landstoekennings te kry.
Tydsduur van Regte
Kommersiële groot diepseevis-langlynvisregte sal aan die einde van Februarie 2015 tot 'n einde kom. Die redes vir hierdie duur is soos volg:
om te sinchroniseer met die duur van die langtermynregte van tien jaar wat in Maart 2005 toegeken is;
die behoefte aan die opbouing van 'n verdere Suid-Afrikaanse vangsgeskiedenis vir groot diepseevisse, veral vir tuna; en die hoë kapitaalinvestering wat nodig is om die groot diepseevissery te betree.
Evalueringsmaatstawwe
Vir 'n definisie van 'n Suid-Afrikaanse persoon, sien afdeling 1 van die Wet op Mariene Lewende Hulpbronne, 1998 (Wet Nr. 18 van 1998)
Aansoekers om langtermyn- kommersiële diepseevisvangregte moet aan sekere noodsaaklike vereistes voldoen. Dit sluit in:
aansoekers moet Suid-Afrikaanse persone wees, soos gedefinieer in Afdeling 1 van die WLMH;
aansoekers moet bewys kan lewer van toegang tot of eienaarskap van 'n gepaste vaartuig(e); en aansoekers moet in staat wees om groot diepseevisse met die langlynmetode te oes.
Daarbenewens sal alle aansoekers geëvalueer word volgens 'n stel "uitsluitingsmaatstawwe", waarna dit afsonderlik geëvalueer sal word ingevolge 'n stel beswaarde "vergelykende balanserende maatstawwe". 'n Afsnypunt of rang sal dan vasgestel word om die suksesvolle aansoekers te bepaal.
Met betrekking tot rangorde kan onsuksesvolle aansoekers in hierdie toekenningsproses oorweeg word vir die toekenning van regte indien sulke regte beskikbaar word wanneer regte teruggetrek word. Dit is sodat die oogmerk bereik kan word om 'n Suid-Afrikaanse vangsrekord op te bou.
Uitsluitingsmaatstawwe
Buiten die uitsluitingsmaatstawwe wat in die Algemene Visserybeleid genoem word met betrekking tot ongepaste inlewering en materiële defekte, sal die volgende uitsluitingsmaatstawwe toegepas word:
Vorm van die Aansoeker: Aansoeke sal alleenlik oorweeg word van entiteite wat geïnkorporeer is ingevolge die Wet op Beslote Korporasies, 1984 (Wet Nr. 69 van 1984) en die Maatskappywet, 1973 (Wet Nr. 61 van 1973). Regte sal nie aan natuurlike persone (d.w.s. individue of alleeneienaars) toegestaan word nie.
Nakoming: As 'n aansoeker, of sy lede, direkteure of beherende aandeelhouers skuldig bevind is aan 'n ernstige oortreding van die WMLH, die regulasies, permitvoorwaardes of enige ander ernstige visseryverwante oortredings, sal die aansoeker nie 'n groot diepseevisvangreg toegestaan word nie. Dit sluit nie die betaling van 'n skulderkenningsboete in nie. Regte sal ook nie aan 'n aansoeker toegestaan word nie as daar van die aansoeker, of sy lede, direkteure of beherende aandeelhouers, enige visvangreg gekanselleer or teruggetrek is ingevolge die WMLH, of as daar beslag gelê is op bates onder die Wet op Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, 1998 (Wet Nr. 21 van 1998) of die WMLH.
Besluite mag voorbehou word op aansoeke van Regtehouers wat ondersoek word weens skendings van die WMLH. 'n Besluit oor so 'n aansoek sal gemaak word ná afloop van die ondersoek.
Daar word van Regtehouers vereis om 'n heffing te betaal op vis wat ingebring is. Regtehouers wat vangste ondergerapporteer het om die betaling van heffings te vermy, sal uitgesluit word. Regtehouers wat heffings nie betaal het nie, sal gepenaliseer word in die vergelykende balanseringsproses soos hieronder uiteengesit. Sou so 'n aansoeker nietemin kwalifiseer om regte toegeken te word, sal 'n visserypermit nie uitgereik word voor enige uitstaande gelde aan die Departement betaal is nie.
Papierkwotas: 'n Papierkwota, soos gedefinieer in die Algemene Visserybeleid, sal uitgesluit word.
Toegang tot 'n gepaste vaartuig: Aansoekers sal moet bewys lewer dat hulle reg van toegang het tot 'n gepaste vaartuig (sien verder paragraaf 8 hieronder vir die beskrywing van 'n gepaste vaartuig).
Balanseringsmaatstawwe
Aansoekers om kommersiële groot diepseevis-visvangregte sal geëvalueer word ingevolge die volgende balanseringsmaatstawwe, wat beswaar sal word om die sterkte van elke aansoek te evalueer. Die maatstawwe hieronder moet saam met die ooreenstemmende maatstawwe in die Algemene Visserybeleid gelees word vir verdere besonderhede.
a Transformasie
Een van die oogmerke gedurende die proses om langtermynvisvangregte in hierdie visserybedryf toe te ken, is om te verbeter op die gehalte van transformasie in hierdie sektor. Aansoekers sal geëvalueer word op grond van:
Die persentasie swart en vroue-eienaarskap en swart en vroue­verteenwoordiging by topsalaris-, raad van direkteure- en senior amptenare-
Nakoming van die Wet op Billike Indiensneming, 1998 (Wet Nr. 55 van 1998) en die verteenwoordiging van swart mense en vroue op verskillende vlakke van die onderneming. Die gedelegeerde gesag kan die loonverskil tussen die hoogs en laags besoldigde werknemers in ag neem;
Nakoming van wette oor vaardigheidsonwikkeling en die bedrae wat bestee word aan die opleiding van swart mense en deelname aan leerlingskapprogramme;
Ondernemingsontwikkeling, en
Korporatiewe maatskaplike investering.
en bestuursvlak;
Of werknemers (buiten dié wat die topsalaris verdien) by 'n werknemersaandeleskema baat vind;
Regstellende werwing;
b Vorige betrokkenheid by, en kennis van, die groot diepseevis-langlynvissery
Aansoekers sal oorweeg word met betrekking inagneming van tot hulle kennis van en vorige betrokkenheid by die groot diepseevis-langlynvissery, wat sal insluit dat daar in ag geneem word of die aansoeker of enige van sy aandeelhouers deelgeneem het aan die tuna-langlyn- eksperimentele vissery en die diepseehaaivissery sowel die rekord van prestasie van die deelnemer. Die inligting wat in die visseryplanne voorsien word, sal ook in ag geneem word.
c Investering in die groot diepseevissery
Aansoekers sal oorweeg word met inagneming van hulle investering in 'n gepaste vaartuig, gereedskap en ander relevante toerusting. Daar moet genoem word dat aansoekers wat toegang het tot 'n gepaste vaartuig deur 'n huurooreenkoms (insluitende blote skeepshuurooreenkomste) sal vir 'n tydperk van meer as 5 jaar van die datum van die toekenning van die visvangreg nie toegelaat word om gepaste vaartuie te huur nie. Verder sal die vriesvermoë van tunavaartuie in ag geneem word;
d Vermoë om groot diepseevis te prosesseer en bemark
Aansoekers sal oorweeg word met inagneming van hulle vermoë om tuna en swaardvis suksesvol te prosesseer en te bemark;
e Vlak van Suid-Afrikaanse bestuur en eienaarskap
Wat die transformasie van die groot diepseevissery betref, is dit 'n prioriteit om regte toe te ken aan gepaste aansoekers wat óf heeltemal óf in betekenisvolle mate (meer as 50%) deur Suid-Afrikaanse persone besit3 en bestuur4 word.
Besit of eienaarskap beteken voordelige eienaarskap ingevolge waarvan die aandeelhouer of lid daarop geregtig is om in billike mate in die wins van die entiteit te deel;
Bestuur beteken om ten volle te kan deelneem aan die bestuur van die entiteit, insluitende die indiensneming en afdanking van personeel, om bindende kontrakte namens die entiteit aan te gaan en om onderhandelingsinstrumente namens die entiteit te kan onderteken;
Voorkeur sal gegee word aan histories benadeelde persone ("HBP's")5 of aan entiteite wat deur HBP's besit of bestuur word. In gevalle van gesamentlike ondernemings tussen Suid-Afrikaanse persone en nie-Suid-Afrikaanse persone, sal vaardigheidsoordragplanne wat gemik is op die bemagtiging van Suid-Afrikaners in ag geneem word. Daarbenewens sal in ag geneem word of aansoekers wetgewing nakom soos die Wet op Billike Indiensneming van 1998;
f Vaardigheidsontwikkeling
Aansoekers sal oorweeg word met inagneming van die ontwikkeling van vaardighede en oordrag van vaardighede aan Suid-Afrikaners ten opsigte van reëlings vir gesamentlike ondernemings wat tussen Suid-Afrikaanse en buitelandse vennote aangegaan word. Vaardigheidsoordragplanne moet duidelik aandui watter vaardighede betrokke is en die tydreëling vir doeltreffende vaardigheidsoordrag.
g Vermoë om met die oes van groot diepseevisse te begin
Aansoekers sal oorweeg word met inagneming van hulle vermoë om met die oes van groot diepseevisse te begin met behulp van langlyngereedskap. Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat kan bewys dat hulle 'n gepaste vaartuig, die nodige toerusting, gereedskap, vaardigheid en ander vermoëns het om onmiddellik ná die toekenning van die reg met die oes van groot diepseevisse te begin; en h Nakoming van WMLH en internasionale en vergelykende buitelandse wette
Regte sal nie toegeken word aan aansoekers wat (met inbegrip van dié wie se direkteure, aandeelhouers of lede) skuldig bevind is aan 'n oortreding van die
Histories benadeelde persoon beteken 'n persoon wat tot 'n groep persone behoort wat onregverdige diskriminasie moes verduur op grond van ras of geslag ingevolge die stelsel van Apartheid.
bepalings van die WMLH of wat skuldig pleit aan 'n oortreding van 'n bepaling van die WMLH, sy Regulasies of Permitvoorwaardes, of op wie 'n Artikel 28­kennisgewing bestel is en wie se reg of permit gevolglik gekanselleer of teruggetrek is nie, of wie se optrede op enige manier 'n skending was van enige SVBO of die bepalings van enige ander land se mariene en/of visserywette.
Gepaste Aansoekers
Regte sal net toegestaan word aan Suid-Afrikaanse persone wat:
geïnvesteer het in of reg van toegang tot 'n gepaste vaartuig het;
bewys lewer dat hulle die vermoë het om tuna en swaardvis te oes en te bemark;
bewys lewer van 'n bereidwilligheid om te investeer in en deel te neem aan die risiko's wat met hierdie visserybedryf gepaardgaan; en wat nog nooit skuldig bevind is aan 'n oortreding van of 'n skending van 'n bepaling van die Wet op Mariene Lewende Hulpbronne, 1998 (Wet Nr. 18 van 1998) nie.
Die gepastheid van aansoekers sal ook bepaal word met inagneming van die feit of hulle in staat is om hulle visvangpermitte deur visvangs te aktiveer, binne een jaar vandat die reg toegestaan is.
Gepaste Vaartuie
Die Departement erken dat, aangesien daar 'n tekort is aan gepaste Suid-Afrikaanse vaartuie en as gevolg van Suid-Afrika se beperkte ondervinding in die groot diepseevis­langlynvissery, gesamentlike ondernemings met nie-Suid-Afrikaners moontlik nodig sal wees. Desnieteenstaande moet Suid-Afrikaners (d.w.s. Suid-Afrikaanse persone) 'n meerderheidsaandeel hê in gesamentlike ondernemings tussen Suid-Afrikaners en nie-Suid-Afrikaners en moet dit deur Suid-Afrikaners bestuur word. Bewyse van Suid-Afrikaners wat vir die skyn teenwoordig is, sal 'n negatiewe uitwerking op 'n aansoek hê.
Regte sal alleenlik toegestaan word aan gepaste aansoekers wat bewys kan lewer van eienaarskap of reg van toegang tot 'n gepaste vaartuig. Die gepastheid van vaartuie sal bepaal word met inagneming van, inter alia, lengte van die vaartuig (insluitende die prestasierekord van vaartuie), die vermoë om die vaartuig sowel as die nasionaliteit van die vaartuig te monitor en te beheer.
Aansoekers wat voornemens is om tuna te vang, sal bewys moet lewer van eienaarskap of reg van toegang tot 'n vaartuig met 'n minimum- Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid ("SAMSA") geregistreerde lengte van ongeveer 24m. Voorkeur sal gegee word aan vaartuie wat vriesfasiliteite aan boord het.
Die swaardvis-langlynvissery het net vaartuie onder Suid-Afrikaanse vlag en daar is dus geen rede vir vaartuie onder buitelandse vlag om in hierdie vissery oorweeg te word nie. Aansoekers wat voornemens is om swaardvis te vang, sal moet bewys lewer van eienaarskap of reg van toegang tot 'n vaartuig onder Suid-Afrikaanse vlag met 'n minimum- SAMSA geregistreerde lengte van ongeveer 18m. Vaartuie met 'n lengte van minder as 18m kan oorweeg word met inganeming van hulle prestasierekord.
Daarbenewens, ongeag die visbevolking wat geteiken word, moet die nomineerde vaartuig:
Daar word erken dat daar, weens Suid-Afrika se beperkte deelname aan die tuna­langlynvissery, 'n beperkte getal gepaste vaartuie is wat onder Suid-Afrikaanse vlag is. Gevolglik sal voorkeur gegee word aan aansoekers wat bewys lewer dat hulle reg van toegang tot of eienaarskap het van 'n gepaste vaartuig met die voorneme om dit onder Suid-Afrikaanse vlag te bring.
Ondervinding ná die toekenningsproses van langtermynregte van 2005 het getoon dat die proses om 'n vaartuig onder ander vlag te bring lank en duur kan wees. Die proses om 'n vaartuig onder ander vlag te bring, is afhanklik van die ekonomiese winsgewendheid van die tunavissery, insluitende toegang tot internasionale markte, veral die Japannese sasjimi mark.
Derhalwe sal vaartuie onder buitelandse vlag oorweeg word vir tuna-langlynvissery, mits die vaartuig onder buitelandse vlag:
n aanvanklike proefperiode van een jaar het om die uitvoerbaarheid te bepaal van die gesamentlike onderneming en die proses om die vaartuig onder Suid-Afrikaanse vlag te bring;
die Regtehouer voor die begin van die tweede jaar van visvangs die Departement voorsien van 'n rooster ten opsigte van vordering met die proses om die vaartuig onder Suid-Afrikaanse vlag te bring asook vaardigheidsoordrag, waarop doelwitte en tydkaarte aangedui word. Die Departement sal hierdie proses noukeuring moniteer deur kwartaallikse rapportering oor die vordering van die Regtehouer;
op alle visvangsekspedisies, waarnemers genomineer deur die Departement saamneem, waarvoor die Regtehouer die koste sal dra;
kragtens artikel 39 van die Wet op Mariene Lewende Hulpbronne, 1998 (Wet Nr. 18 van 1998), skriftelik deur die relevante owerheid van die Vlagstaat gemagtig word dat alle vangste van groot diepseevisspesies, hetsy geoes in die oop see of in Suid-Afrika se Eksklusiewe Ekonomiese Sone, aan Suid-Afrika sal toeval vir die duur van die huurkontrak of ooreenkoms vir die gesamentlike onderneming; en eienaars en operateurs skriftelik bevestig dat die vaartuig onderworpe sal wees aan wette wat geldig is in die gebied van die Republiek van Suid-Afrika vir die duur van die huurkontrak of ooreenkoms vir die gesamentlike onderneming.
Hieronder is 'n skematiese vloeidiagram van die gewenste benadering om vaartuie onder ander vlag te bring in die tuna-langlynvissery:
Huur met buitelandse bemanning
Gesamentlike onderneming/Huur met gedeelde risiko en vaardigheidsoordrag Vaartuig onder SA vlag met SA bemanning
Landingsterreine
Regtehouers wat vaartuie onder Suid-Afrikaanse vlag gebruik, sal toegelaat word om vangste by enige van die volgende hawens in te bring:
Nieteenstaande bogenoemde, sal Regtehouers wat vaartuie onder buitelandse vlag gebruik, hulle vangste net by die volgende hawens kan inbring:
Tot op hede is 'n Suid-Afrikaanse vangsrekord geleidelik opgebou vir tuna en swaardvis, maar in die besonder vir swaardvis. Swaardvisvangste langs die westelike rand van die Agulhasbank het egter tussen die laaste kwartaal van 1997 en die eerste kwartaal van 1999 met 70% afgeneem. Dit is 'n sterk aanduiding dat plaaslike swaardvisuitputting plaasgevind het.
Om verdere afnames in swaardvisvangste in Suid-Afrika se eksklusiewe Ekonomiese Sone ("EES") te voorkom en om 'n ekonomies bestaanbare visserybedryf te verseker; is swaardvisgerigte regte in 2005 beskikbaar vir langtermynregtoekenning, met ten minste 2 wat oorbly om in 2007 toegeken te word; en tunagerigte regte in 2005 beskikbaar vir langtermynregtoekenning, met ten minste 4 wat oorbly om in 2007 toegeken te word.
Soos in paragraaf 4.2 hierbo genoem, sal die huidige vangs van diepseehaaie deur houers van haai-langlynvrystellings geïntegreer word in die groot diepseevis-langlynvissery. Daar sal nie 'n afsonderlike diepseehaai-langlynvissery wees nie. Gevolglik moet teenswoordige houers van diepseehaai-langlynvrystellings ingevolge hierdie beleid aansoek doen om 'n groot diepseevisvangreg. Houers van haai-langlynvrystellings wat ingevolge hierdie beleid suksesvol aansoek doen om 'n groot diepsee- kommersiële visvangreg sal verbied word om diepseehaaie te teiken, maar sal geregtig wees om diepseehaaie te vang as 'n byvangs, onderhewig aan beperkings. Daarna sal geen persoon geregtig wees om diepseehaaie met langlyn te vang nie.
Nasionaliteit van Vangs
Alle vangste van groot diepseevisbevolkings wat ingebring word ingevolge regte wat toegeken is onder die WMLH sal aan Suid-Afrika toeval.
Beperkings op Aansoeke
Aansoekers sal geregtig wees om aansoek te doen om beide 'n tunagerigte reg en 'n swaardvisgerigte reg, mits sodanige aansoekers verskillende gepaste vaartuie vir elke vissery nomineer. Aansoekers sal nie geregtig wees om meer as een aansoek om óf 'n tuna- óf swaardvisgerigte reg in te dien nie.
Aansoekfooi en Heffings n Aansoekfooi sal vasgestel word vir die aansoekproses om toekenning van regte. Daarbenewens sal die Departement heffings vorder op alle vis wat ingebring word deur Regtehouers. Hierdie heffings sal in die Staatskoerant gepubliseer word.
Heffings kan te eniger tyd deur die Departement aangepas word en kennisgewing van nuwe heffings sal in die Staatskoerant gepubliseer word. Betaalbare heffings op vis wat ingebring word deur vaartuie onder buitelandse vlag, sal hoër wees as vir vaartuie onder Suid-Afrikaanse vlag.
Uitstaande Fooie en Heffings
Die Departement kan verkies om nie 'n reg aan enige aansoeker toe te staan wat 'n Regtehouer is wat enige heffings of fooie het wat meer as 60 dae agterstallig is nie.
Prestasie
Daar sal van alle Regtehouers vereis word om binne een jaar van toekenning van die reg ten volle te begin met die oes van beide tuna en swaardvis soos bepaal onder die betrokke permitvoorwaardes. Die visvangprestasie van Regtehouers sal van tyd tot tyd gemoniteer word.
Prestasiemeting
Die Departement sal tydens die volle duur van die kommersiële visvangregte formele prestasiemetingsoefeninge onderneem. Daar word beoog dat die eerste prestasiemetingsoefening ná twee jaar (in 2007) sal plaasvind, en daarna elke drie jaar.
Hoewel die Departement die presiese maatstawwe sal finaliseer waarvolgens Regtehouers gemeet sal word ná toekenning van kommersiële visvangregte, en ná raadpleging met Regtehouers, kan die volgende breë prestasieverwante maatstawwe gebruik word:
transformasie;
investering in vaartuie, fabrieke en gereedskap;
onderhoubare gebruik, en in die besonder byvangsvermindering en die biologiese en ekologiese impak van langlynvisvangs;
tuna- en swaardvisvangsprestasie;
nakoming van toepaslike wette en regulasies.
Die doel van prestasiemeting is om te verseker dat die oogmerke van die vissrey bereik word en dat bestuursmetodiek en -prosedures bygehou word en gepas bly vir die vissery.
Die regulering van die kommersiële groot diepsee-langlynvissery sal wees ingevolge permitvoorwaardes wat ontwerp is om te verseker dat die doel en oogmerk van hierdie beleid en Suid-Afrika se verpligtinge ingevolge die onderskeidelike bestuursmaatreëls van die toepaslike SVMO's nagekom word. Die volgende hoof- regulasiemaatreëls sal van toepassing wees op die oes van tuna en swaardvis in die Atlantiese en Indiese Oseaan.
Geen vangslimiet op tuna, buiten suidelike blouvin. Geen vangslimiet op tuna, buiten suidelike blouvin.
Olimpiese stelsel tot 80% van swaardvis en suidelike blouvin TAC bereik. Daarna moet die bedryf saam met die Departement die oorblywende toekenning bestuur. Olimpiese stelsel tot 80% van suidelike blouvin TAC bereik. Daarna moet die bedryf saam met die Departement die oorblywende toekenning bestuur
Swaardvisgerigte oes sal gestaak word as die ICCAT­bepaalde landstoekenning geoes is. Geen boonste vangslimiet.
seemyl uitsluitingsgrens, tot by 20o O, sowel as die gebied wat as die "Cape Canyon" bekend staan. 12 seemyl uitsluitingsgrens, van 20o O tot die suidelike provinsiale grens van KwaZulu-Natal (KZN) / Oos-Kaap. 'n Uitsluitingsgrens van 20 seemyl met 'n
bykomende buffergebied van 4 myl aan die seekant vir die hele provinsie KZN.
Geen vangslimiet op tuna, buiten suidelike blouvintuna Geen vangslimiet op tuna, buiten suidelike blouvintuna.
n 15% swaardvisbyvangs (vis a vis die getal tuna gevang) sal toegelaat word..Oop see: Geen swaardvisbyvangslimiet..SA-EES: 'n 15% swaardvisbyvangs (vis a vis die getal tuna gevang) sal toegelaat word.
Olimpiese stelsel tot 80% van swaardvis en suidelike blouvin TAC bereik. Daarna moet die bedryf saam met die Departement die oorblywende toekenning bestuur. Olimpiese stelsel tot 80% van suidelike blouvin TAC bereik. Daarna moet die bedryf saam met die Departement die oorblywende toekenning bestuur.
seemyl uitsluitingsgrens, tot by 20o O, sowel as die gebied wat as die "Cape Canyon" bekend staan. 12 seemyl uitsluitingsgrens, van 20o O tot die suidelike provinsiale grens van KwaZulu-Natal (KZN) / Oos-Kaap. 'n Uitsluitingsgrens van 20 seemyl met 'n bykomende buffergebied van 4 myl aan die seekant vir die hele provinsie KZN.
Die bogenoemde regulasieregime is onderworpe aan verandering indien die toepaslike SVMO verdere vangslimiete / -beperkings stel op óf tuna óf swaardvis in enige oseaan.
Buiten die regulasiebeheermaatreëls hierbo, sal Regtehouers verplig wees om:
Nie op dieselfde ekspedisie in die Atlantiese en Indiese Oseaan vis te vang nie, tensy 'n waarnemer teenwoordig is;
Indien tunagerig, hulle swaardvisbyvangs tot 15% beperk (vis a vis die getal tuna wat gevang is) as tuna-oes in die diepsee en binne die Suid-Afrikaanse EES gedurende dieselfde vissery-ekspedisie onderneem word; en
Nie oor te skeep terwyl hulle op see is nie, maar om oor te skeep in die hawe en in die teenwoordigheid van 'n Visserybeheerbeampte.
Waarnemers
Alle vaartuie onder buitelandse vlag, sal verplig wees om Departementeel goedgekeurde waarnemers saam te neem gedurende alle visvangekspedisies, waarvoor die koste deur die Regtehouer gedra moet word. Suid-Afrikaanse vaartuie sal verplig wees om waarnemers op party visvangekspedisies saam te neem, waarvoor die koste deur die Regtehouer gedra kan word.
Permitvoorwaardes
Permitvoorwaardes vir hierdie vissery sal jaarliks uitgereik word. Die permitvoorwaardes sal vasgestel word ná raadpleging met Regtehouers in hierdie vissery en sal onderworpe wees aan hersiening na gelang van die behoefte, met inagneming van bestuursmaatreëls van SVMO's wat verantwoordelik is vir die beheer en bewaring van tuna en soortgelyke spesies, soos CCSBT, ICCAT en IOTC.
