Jou werk moet nie  jou lewe en gesondheid in gevaar stel nie
Elke jaar sterf 2 miljoen mense wêreldwyd aan werkverwante ongelukke en siektes*.
Dit is hoekom die Suid-Afrikaanse Departement van Arbeid, asook regerings wêreldwyd, wette opgestel het om die gesondheid en veiligheid van werknemers en enigiemand wat ‘n werksomgewing betree, te beskerm. 
Dit is jou reg!
Die Handves van Regte beskerm die individu se reg op ‘n omgewing wat nie skadelik is vir hul gesondheid en welstand nie. Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (WBGV) vereis dat:
Dit in ‘n werkplek van 20 of meer werknemers verpligtend is dat daar ‘n gesondheid-en-veiligheid-verteenwoordiger moet wees wat deur die werknemers aangewys is om hulle te verteenwoordig in sake wat oor gesondheid en veiligheid handel
Die gesondheid-en-veiligheid-verteenwoordigers deur die werkgewer opgelei moet word om hul verantwoordelikhede te kan nakom, en hulle moet ook deel wees van alle gesondheid-en-veiligheid-komitees en konsultasies met inspekteurs van die Departement van Arbeid
Werkgewers persoonlike beskermende toerusting (PBT) MOET voorsien wat werknemers moet dra wanneer hulle gevaarlike werk verrig 
Werkgewers moet seker maak dat werknemers ordentlike opleiding ontvang vir die werk wat hulle verrig en dat hulle onder toesig werk waar nodig. 
Dit is jou verantwoordelikheid
Werkplekke sal nooit veilig wees nie tensy werknemers, werkgewers en enigiemand wat die perseel binnegaan, nie doen wat vereis word volgens die WBGV en veiligheidsmaatreëls by die werk nie.  Dra by tot ‘n veilige en gesonde werksomgewing deur:
Alle veiligheidsmaatreëls en –prosedures te volg
PBT te dra wanneer dit vereis word, en
Versigtig te wees wanneer masjinerie en PBT gebruik en gestoor word. 
Word Ingelig!
Indien jy meer van die Departement van Arbeid wil weet en hoe hulle verseker dat arbeidswette vir jou werk, SMS ‘LM’ na 41894 vir meer besonderhede.  R1,50/SMS.  Gratis SMS’s geld nie.
Neem aksie
Indien jy wil hê dat die Departement jou help om jou werkomgewing veiliger te maak, of om ongelukke of toestande wat kan lei tot ongelukke, of wat gesondheidsrisiko’s inhou te rapporteer, besoek jou naaste Arbeidsentrum of skakel 012 309 4000.
Jy kan ook www.labour.gov.za besoek vir meer besonderhede.
Jy kan ons ook volg op Twitter (@DepartmentOfLabour) of sluit aan by ons groep op Facebook (‘Department of Labour’) vir bygewerkte besonderhede oor die Departement se aktiwiteite en geleenthede wat bedoel is om jou te bemagtig met besonderhede oor jou regte by die werk. .
*statistieke van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO), webtuiste www.ILO.org
Die Departement van Arbeid, werk vir jou
