Wat behoor t werknemers en
werkgewers van si l ikose te weet?
Hoeveel weet jy van silikose?
Silikose is n gevaarlike, stremmende, onomkeerbare en soms fatale longsiekte.
Dit word veroorsaak deur die inaseming van stof wat inasembare kristallynsilika
bevat. Silika is die belangrikste komponent in sand, klip en erts.
Waarom is die inaseming van silikastof so gevaarlik?
Blootstelling aan stof wat mikroskopiese deeltjies kristallynsilika bevat, kan
veroorsaak dat letselweefsel in die longe vorm, wat die longe se vermo
verminder om suurstof uit die lug wat ons inasem, te onttrek. Ernstige fibrose
kan tot die dood lei weens ontoereikende asemhaling en hartversaking by
mense met gevorderde silikose of silikose met komplikasies. Mense wat in die
werkplek aan silika blootgestel word, of diegene wat silikose het, het 'n veel
groter risiko van longtuberkulose. Silikose saam met tuberkulose  of
silikotuberkulose  is 'n belangrike doodsoorsaak by mense wat oor lang
tydperke aan silika blootgestel word.
Waar geskied blootstelling aan silikastof?
Silikastof word vrygestel tydens die werkproses waarin klip, sand of betongruis
in baie klein deeltjies opgebreek word. Sandspuiting is een van die
horisiko-aktiwiteite waar silikastof in die lug beland. Drovee, of die wegwerk
van sand of betonklip, skuur of skoonmaak van messelwerk met saamgeperste
lug, kan groot stofwolke veroorsaak.
Silika word in houers vervoer om in tenks geberg te word vir die produksieproses.
Hoe sal 'n werker weet of
hy/sy die risiko loop om
silikose op te doen?
Alle werkers wat in ?
stowwerige omgewing werk
waar silikastof teenwoordig is,
kan potensieel silikose opdoen.
Silikose kan baie vinnig
ontwikkel met blootstelling aan
silika (Akute Silikose) of vinnige
Versnelde Silikose) of stadige
Chroniese Silikose). Dit kan
ook gekompliseer word deur
massiewe fibrose of
tuberkulose.
In watter werkplekke is
blootstelling aan silikastof
die waarskynlikste?
Die volgende is nie die enigste
werkomgewings nie maar hulle
is die waarskynlikste met die
grootste risiko:
Enige bedryf waar sandstraling/-spuiting gedoen word, of waar haelspuiting
van voorwerpe met silika-inhoud plaasvind om verf en roes van geboue of
metaaltenks te verwyder, of waar matglas vervaardig word.
In myne of gruisgroewe waar boorwerk in graniet of sandsteen gedoen word.
In die konstruksiebedryf waar aktiwiteite soos sandstraling, tonnelwerk, rotsen
hamerboor plaasvind, en waar oppervlakskuurwerk met kraggereedskap
gedoen word op oppervlaktes wat silika bevat.
Gieterye en frieswerk, skudgeut, sand- of haelspuiting, oondskoonmaak en
skuurwerk.
Bedrywe wat keramiek, stene, klei en pottebakkery vervaardig.
Sny van klip of graniet, saagwerk, afbeiteling, skuur en poleer.
Vervaardiging van juweliersware.
Glasvervaardiging
In die landboubedryf waar reste op landerye of weikampe verbrand word.
Skeepsbou
Spoorwe
Vervaardiging van seep en skoonmaakmiddels.
Die foto toon duidelik hoe die aanleg se stof die
skerpte van die foto benvloed.
Wat is die simptome wat dui op die moontlikheid van silikose?
Silikose kan vir jare nie waargeneem word nie; selfs vir 15 jaar of langer as dit
chronies is en nie komplikasies het nie. n Werker wat tuberkulose het en aan
silika blootgestel word, kan ook silikose h. As silikose erger word of
komplikasies ontwikkel (bv. met tuberkulose) kan die volgende simptome
voorkom:
Kwaai hoesery
Kort van asem
Moegheid
Aptytverlies
Koors
Borspyn.
Hoe sal jy weet of jy silikose het?
As jy weet jy is blootgestel aan silikastof behoort jy 'n kliniek, hospitaal of dokter
te besoek wat ondervinding van beroepsiektes het. Die mediese ondersoek
behoort 'n deeglike beroepsgeskiedenis, bors-X-strale en 'n longfunksietoets in te
sluit om te bepaal of jy silikose het.
Om silikose te voorkom, moet opgetree word om silikastofvlakke te verlaag.
Wat kan jy doen om silikose te voorkom?
Die volgende intervensies moet oorweeg word om silikose in die werkplek te
voorkom:
Primre voorkoming
Die volgende intervensies kan silikose in die werkplek voorkom:
Maak seker dat ingenieursmasjinerie en ventilasie-apparaat om stof van die
werkplek te verwyder in goeie werkende toestand is.
Pas maatrels toe om silikastofvlakke te verlaag.
Minimaliseer stofblootstelling deur, waar moontlik, watersproeimetodes te
gebruik om oppervlaktes te benat en hou oppervlaktes, insluitende vloere, so
skoon van stof as moontlik.
Doelmatige stofmaskers moet te alle tye in stowwerige plekke gedra word.
Neem deel aan opleidingsprogramme oor die voorkoming van silikose.
Een van die potensile risiko-areas vir silikastof is in die konstruksiebedryf waar aktiwiteite
soos sandstraling, tonneling, rotsboor-, hamerboor- en skuurwerk met kraggereedskap
gedoen word op oppervlaktes wat silika bevat.
Sekondre voorkoming
Vra jou werkgewer om vir jou 'n mediese ondersoek te rel.
Waarheen om te gaan as jy silikose, silikaverwante tuberkulose of
silikaverwante longkanker het wat jy in die werkplek opgedoen het.
Kontak die naaste Provinsiale Kantoor van die Departement van Arbeid vir
advies oor hoe om aansoek te doen vir vergoeding uit die Vergoedingsfonds.
Wat jy moet doen as jy meer inligting oor silikose verlang:
Kontak jou naaste kantoor van die Departement van Arbeid of besoek die
Departement se webtuiste by www.labour.gov.za
Dra te alle tye 'n stofmasker in die werkplek!
Contact details
Provincial Offices of the Department of Labour
Eastern Cape
Aliwal North Tel: (051) 633 2633
Butterworth Tel: (047) 491 0656
Cradock Tel: (048) 881 3010
East London Tel: (043) 702 7500
Fort Beaufort Tel: (046) 645 4686
Graaf-Reinet Tel: (049) 892 2142
Grahamstown Tel: (046) 622 2104
King Williams
Town Tel: (043) 643 4756
Lusikisiki Tel: (039) 253 1996
Maclear Tel: (045) 932 1424
Mdantsane Tel: (043) 761 3151
Mount Ayliff Tel: (039) 254 0282
Mthatha Tel: (047) 501 5600
Port Elizabeth Tel: (041) 582 4472
Queenstown Tel: (045) 807 5400
Uitenhage Tel: (041) 992 4627
Free State
Bethlehem Tel: (058) 303 5293
Bloemfontein Tel: (051) 505 6201
Botshabelo Tel: (051) 534 3789
Ficksburg Tel: (051) 933 2299
Harrismith Tel: (058) 623 2977
Kroonstad Tel: (056) 215 1812
Petrusburg Tel: (053) 574 0932
Phuthaditjhaba Tel: (058) 713 0373
Sasolburg Tel: (016) 970 3200
Welkom Tel: (057) 391 0200
Zastron Tel: (051) 673 1471
Gauteng North
Atteridgeville Tel: (012) 373 4435
Bronkhorstspruit Tel: (013) 932 0197
Garankuwa Tel: (012) 702 4525
Krugersdorp Tel: (011) 955 4420
Mamelodi Tel: (012) 812 9500
Pretoria Tel: (012) 309 5050
Randfontein Tel: (011) 693 3618
Soshanguve Tel: (012) 799 7400
Temba Tel: (071) 871 6509
Gauteng South
Alberton Tel: (011) 861 6130
Benoni Tel: (011) 747 9601
Boksburg Tel: (011) 898 3340
Brakpan Tel: (011) 744 9000
Carletonville Tel: (018) 788 3281
Germiston Tel: (011) 345 6300
Johannesburg Tel: (011) 223 1000
Kempton Park Tel: (011) 975 9301
Nigel Tel: (011) 814 7095
Randburg Tel: (011) 781 8144
Roodepoort Tel: (011) 766 2000
Sandton Tel: (011) 444 7631
Sebokeng Tel: (016) 592 3825
Soweto Tel: (011) 939 1200
Springs Tel: (011) 365 3700
Vanderbijlpark Tel: (016) 981 0280
Vereeniging Tel: (016) 430 0000
KwaZulu-Natal
Dundee Tel: (034) 212 3147
Durban Tel: (031) 336 1500
Estcourt Tel: (036) 352 2161
Kokstad Tel: (039) 727 2140
Ladysmith Tel: (036) 638 1900
Newcastle Tel: (034) 312 6038
Eastern Cape
East London Tel: (043) 701 3000
Free State
Bloemfontein Tel: (051) 505 6200
Gauteng North
Pretoria Tel: (012) 309 5000
Gauteng South
Johannesburg Tel: (011) 853 0300
KwaZulu-Natal
Durban Tel: (031) 366 2000
Limpopo
Polokwane Tel: (015) 290 1744
Mpumalanga
Witbank Tel: (013) 655 8700
North West
Mmabatho Tel: (018) 387 8100
Northern Cape
Kimberley Tel: (053) 838 1500
Western Cape
Cape Town Tel: (021) 441 8000
Labour Centres of the Department of Labour
Pietermaritzburg Tel: (033) 341 5300
Pinetown Tel: (031) 701 7740
Port Shepstone Tel: (039) 682 2406
Prospecton Tel: (031) 913 9700
Richards Bay Tel: (035) 780 8700
Richmond Tel: (033) 212 2768
Stanger Tel: (032) 551 4291
Ulundi Tel: (035) 879 1439
Verulam Tel: (032) 541 5600
Vryheid Tel: (034) 980 8992
Limpopo
Giyani Tel: (015) 812 9041
Jane Furse Tel: (013) 265 7210
Lebowakgomo Tel: (015) 633 9360
Lephalale Tel: (014) 763 2162
Makhado Tel: (015) 516 0207
Modimolle Tel: (014) 717 1046
Mokopani Tel: (015) 491 5973
Phalaborwa Tel: (015) 781 5114
Polokwane Tel: (015) 299 5000
Seshego Tel: (015) 223 7020
Thohoyandou Tel: (015) 960 1300
Tzaneen Tel: (015) 306 2600
Mpumalanga
Baberton Tel: (013) 712 3066
Bethal Tel: (017) 647 5212
Carolina Tel: (017) 843 1077
Eerstehoek Tel: (017) 883 2414
eMalahleni
Witbank Tel: (013) 653 3800.
Ermelo Tel: (017) 819 7632
Groblersdal Tel: (013) 262 3150
Kwamhlanga Tel: (013) 947 3173
KaMhlushwa Tel: (013) 785 0010
Lydenburg Tel: (013) 235 2368
Middelburg Tel: (013) 283 3600
Nelspruit Tel: (013) 753 2844
Piet Retief Tel: (017) 826 1883
Sabie Tel: (013) 764 2105
Secunda Tel: (017) 631 2594
Standerton Tel: (017) 712 1351
Volksrust Tel: (017) 735 2994
Northern Cape
Calvinia Tel: (027) 341 1280
De Aar Tel: (053) 631 0952
Kimberley Tel: (053) 838 1500
Kuruman Tel: (053) 712 3952
Postmasburg Tel: (053) 313 0641
Springbok Tel: (027) 718 1058
Upington Tel: (054) 331 1752
North West
Brits Tel: (012) 252 3068
Christiana Tel: (053) 441 2120
Klerksdorp Tel: (018) 464 8700
Lichtenburg Tel: (018) 632 4323
Mafikeng Tel: (018) 381 1010
Mogwase Tel: (014) 555 5693
Potchefstroom Tel: (018) 297 5100
Rustenburg Tel: (014) 592 8214
Taung Tel: (053) 994 1710
Vryburg Tel: (053) 927 5221
Western Cape
Beaufort West Tel: (023) 414 3427
Bellville Tel: (021) 941 7000
Cape Town Tel: (021) 468 5500
George Tel: (044) 801 1201
Knysna Tel: (044) 382 3150
Mitchells Plain Tel: (021) 391 0591
Mossel Bay Tel: (044) 691 1140
Oudtshoorn Tel: (044) 272 4370
Paarl Tel: (021) 872 2020
Somerset West Tel: (021) 852 2535
Vredenburg Tel: (022) 715 1627
Worcester Tel: (023) 347 0152
Afrikaans) Layout and design by the Design Studio
Directorate of Communication, Department of Labour. Website: www.labour.gov.za