Beroepsgesondheid en -Veiligheid in winkelsentrums 
Wat presies behels gesondheid en veiligheid?
Dit behels die voorkoming van die moontlikheid dat mense by die werk beseer of siek word deur die regte voorsorgmaatreëls te tref en ŉ veilige werkomgewing te verseker. 
Is gesondheid en veiligheid van toepassing 
op winkelsentrums? 
Ja! Dit raak alle besighede, ook mense in eie diens en alle werkers. 
Wat is die kans om te gly of struikel in ŉ 
winkelsentrum? 
Gly sluit die volgende in:
nat of olierige oppervlaktes 
toevallige morsery 
weerrisiko’s 
los matte of tapyte wat nie geanker is nie 
vloere of ander loopoppervlaktes wat nie oral dieselfde 
  graad van nie-glyende oppervlaktes het nie. 
Struikel sluit die volgende in: 
beperkte sig 
swak beligting 
rommel in jou pad 
voue (kreukels) in matte 
onbedekte kabels 
onderste laaie wat nie toegemaak is nie 
ongelyke loopoppervlaktes (trappe, drumpels). 
Hoe om valongelukke weens gly en struikel te voorkom: 
Goeie huishouding deur winkelsentrums: 
maak dadelik skoon waar gemors is 
merk nat areas en waar gemors is 
mop of vee oorblyfsels van vloere af op
verwyder versperrings in loopgange en hou dit altyd
vry van rommel 
maak matte, los matte en tapyte vas (vashegting, kleefband)
maak altyd liasseerkabinette of kaslaaie toe 
bedek kabels wat loopgange kruis 
sorg dat werkareas en loopgange goed verlig is 
vervang stukkende gloeilampe en ligskakelaars. 
Eetgebiede 
Hoe skoon is die areas waar geëet word? 
Eetgebiede – berging en verbruik: 
Die werkgewer moet sorg dat ŉ geskikte gebied voorsien word 
vir die stoor en gebruik van voedsel. 
Die restauranteienaar moet sorg dat alle voorraad 
in ŉ skoon plek gestoor word om te voorkom dat kos 
wat in winkelsentrums geëet word nie skadelik 
raak weens die omliggende winkels nie. 
Stoor van voedsel moet beperk word tot die 
voorgeskrewe gebiede. 
Oor watter inligting moet ŉ werker in ŉ 
restaurant beskik? 
Jy moet weet hoe om alle beserings aan te meld en 
hoe om dit te doen. 
Weet waar en hoe om noodhulp te bekom. 
Weet hoe om alle gevare te rapporteer en wys hoe om dit te doen. 
Jou regte ken om onveilige werk en prosedures te weier 
wat skadelik vir jouself kan wees. 
Weet hoe om skoonmaaktoerusting veilig te gebruik. 
Daar moet aan jou gewys word hoe om spesifieke take veilig 
uit te voer: 
Korrekte opteltegniek 
Daar moet aan jou verduidelik word hoe om etikette op 
gevaarlike chemikalieë te lees. 
Jou reg om inligting te kry oor gevaarlike materiale moet 
aan jou verduidelik word: 
Plek waar inligting oor veiligheid van materiale gehou word 
en hoe om die pamflette te lees. 
Hoe om etikette te lees. 
Hoe om stortings op te ruim. 
Jy moet meegedeel word watter persoonlike veiligheidstoerusting 
vir verskillende pligte nodig is (en gewys word waar dit is):
Handskoene 
Noodprosedures moet aan jou verduidelik word en jy moet 
gewys word waar dokumentasie gehou word. 
Hoe veilig is hysbakke in ŉ winkelsentrum? 
Hysbakke - inspeksie en toetsing: 
ŉ Gemotoriseerde hysbak moet dikwels geïnspekteer en 
getoets word. 
Rekordhouding: 
Die werkgewer moet ŉ rekord vir elke gemotoriseerde hysbak hou 
t.o.v. onderhoud, inspeksie, modifikasie en herstelwerk. 
Bedryf: 
Die bedryf, inspeksie, herstel, onderhoud en modifikasie 
van ŉ HYSBAK moet uitgevoer word ooreenkomstig die 
vervaardiger se voorskrifte of die geskrewe voorskrifte 
van ŉ professionele ingenieur. 
Waarna kyk inspekteurs as hulle inspeksie by ŉ 
winkelsentrum doen? 
Onbehoorlike stoor van materiaal, soos voor nooduitgange 
of elektrisiteitskaste, of waar dit gange of trappe versper. 
Ophoping van vloeistof of vetterigheid op vloere. 
Versuim om ŉ teken of versperring naby nat vloere te plaas. 
Stomp messe 
Mengers en ander toerusting sonder beskerming.
Gebrek aan sig deur swaaideure.
Swak onderhoud van trollies, waentjies, ens. 
Stel vas of veilige werkprosedures gevolg word, 
byvoorbeeld: 
Is die vleissnyer ontkoppel as dit skoongemaak word? 
Word handskoene gebruik by hantering van vullis? 
Word korrekte opteltegnieke toegepas? 
Ken werkers die prosedure om alleen te werk? 
Na die inspeksie TREE HULLE OP! 
Onmiddellike regstel van ernstige gevare of onveilige 
werkpraktyk. Byvoorbeeld: As jy vind ŉ leer het ŉ los 
of beskadigde sport, verwyder dit onmiddellik en herstel 
dit of vervang dit met ŉ nuwe leer. 
Klassifiseer ander gevare volgens prioriteit en gee 
iemand opdrag om elkeen reg te stel.
Volg enige aksie op wat tyd sal verg om af te handel 
(byvoorbeeld: koop van nuwe toerusting). 
Kommunikeer jou bevindings aan die werkers. 
Elektriese veiligheid 
Elke gebruiker of huurder van ŉ elektriese installasie, 
wat ook al die geval, moet die voldoeningsertifikaat vir 
daardie installasie op versoek aan ŉ inspekteur of die 
verskaffer kan toon. 
Kontak jou naaste kantoor van die Departement van 
Arbeid vir meer inligting: 
Woordtelling: 773 
