Beroepsgesondheid-en-veiligheid in skole, kolleges en universiteite
Inleiding
Die werksplek het 'n beduidende invloed op mense se gesondheid en veiligheid. Swak bestuur van werksplekgesondheid-en-veiligheid kan aanleiding gee tot werksverwante swak gesondheid, beserings en sterftes.
Skole, kolleges en universiteite het gesonde werksplekke en bekwame werkers nodig ten einde hulle hoë kwaliteit dienste te lewer. Die sleutel tot die bereiking van hierdie doel is die doeltreffende bestuur van beroepsgesondheid-en-veiligheid.
Die toewysing van hulpbronne ter voorkoming daarvan dat mense deur werk siek gemaak word, of van die werksplek om gesondheidsredes afwesig is, en die benadrukking van rehabilitasie en om mense by die werk terug te kry, kan beide werkgewers en werknemers baat.
Ten einde hierdie voordele te lewer moet ons werksplekke skep waar gesondheid en veiligheid bevorder en beskerm word. 
Watter wetgewing is van toepassing?
Die Wet op Beroepsgesondheid-en-Veiligheid, 1993.
Hoekom is daar gesondheid-en-veiligheidswetgewing?
Omdat gesondheid en veiligheid by die werk so belangrik is, is daar reëls wat van ons almal vereis om nie onsself of iemand anders in gevaar te stel nie.  Hierdie wetgewing beskerm ook die publiek van gevare in die werksplek.
Is gesondheid-en-veiligheidswetgewing op my van toepassing?
Ja, dit is van toepassing op alle skole, kolleges en universteite.
Wie dwing gesondheid-en-veiligheidswetgewing af?
Inspekteurs van die Departement van Arbeid.
Hoe dwing inspekteurs die wetgewing af?
Hulle besoek werksplekke om toe te sien dat mense by die reëls hou. Hulle ondersoek ongelukke en klagtes maar hulle help hoofsaaklik dat werkgewers en werknemers verstaan wat hulle te doen staan.
Moet skole, kolleges en universiteite gesondheid-en-veiligheidsverteenwoordigers en komitees hê?
Waar meer as 20 mense in diens gestel is, moet 'n 
gesondheid-en-veiligheidsverteenwoordiger wees en ten minste een vir elke 100 werkers.
Waar meer as een verteenwoordiger afgevaardig is, behoort 'n gesondheid-en-veiligheidskomitee te wees.
Moet voorvalle aangemeld word?
Sommige voorvalle wat by skole, kolleges en universiteite of gedurende buite-skoolse aktiwiteite plaasvind, moet aangemeld word by die Provinsiale Uitvoerende Bestuurder in u provinsie.  Sien lys van kontaknommers.
U kan volledige besonderhede van aanmeldbare voorvalle in afdelings 24 en 25 van die Wet op Beroepsgesondheid-en-Veiligheid vind. Voorvalle wat met met fisieke geweld verband hou word nie by die Provinsiale Uitvoerende Bestuurder aangemeld nie.
Watter soort gevare kan dalk op die terreine van skole, kolleges en universiteite voorkom?
Die volgende tipes gevare is hierby inbegrepe:
Gladde vloere of wandelgange
Struikelgevare
Gebreekte ruite
Vallende plafonligte en plafonne
Onveilige speelgrond
Ongekontroleerde chemiese eksperimente
Blootgelegde oop elektriese geleiers
Stukkende of beskadigde trappe
Bewegende masjinerie soos grassnyers
Oop kabinette
Oorbelading van elektriese kontakpunte
Skuif van swaar voorwerpe
Geen noodligte
Onveilige skuifhekke 
Stukkende stoele
Blootstelling aan asbesverwante produkte .
Wat moet ek doen omtrent hierdie gevare?
Sodra u die potensiële gevare geïdentifiseer het, moet u die gevare elimineer of verminder.  Indien dit nie moontlik is om die gevare te elimineer nie, moet u voorkomende maatreëls instel ten einde mense teen hierdie gevare te beskerm.
Hulp van 'n inspekteur
Inspekteurs kan by die volgende kantore van die Departement van Arbeid gekontak word:
